Audi haastig in 2021

Teen die einde van 2019 is daar genoem dat die Duitse vervaardiger, Audi, oor die volgende twee jaar, meer as 20 nuwe voertuie op die mark gaan plaas. Laas jaar het natuurlik hierdie doelstelling in die wiele gery.



Nou, slegs drie maande in die nuwe jaar in, het Audi reeds 15 nuwe sports-voertuie bekendgestel, waarvan 8 RennSport modelle is. Laat ons kyk wat oppad is.

RS4 en RS5

By NamWheels / Galimoto Media is ons eenvodig ekstaties oor die beplanning van nuwe Sport Avant / stasiewaens. Met die dryfkrag agter SUV’s, word hierdie juwele stelselmatig vanaf die mark geskuif. Dog is ons maar net al te bly dat Audi steeds volhou hiermee.

Die RS4 en RS5 (Coupe en Sportback) sal na Suider-Afrika kom met 331kW en 600Nm. Genoeg om die 100km/h merk te haal in minder as 4 sekondes.

Die pryse sal as volg lyk:

Audi RS4 Avant R1 296 000

Audi RS5 Coupe R1 394 500

Audi RS5 Sportback R1 409 500


TT RS en RS Q3

‘n Ander voertuig, waaroor ons mal is, is die 5-silinder TT RS, wat weer in 2021 ‘n verskyning sal maak. Met ‘n 2.5 turbo-petrol, sal die klein voertuig 294kW en 480Nm verskaf. Vir ‘n klein voertuig is hierdie eintlik geweldig baie en sal dit die TT RS na 100km/h skiet in slegs 3.4 sekondes.

Dieselfde enjin sal ook in die RS Q3 gebruik word, maar met ‘n veel swaarder lyf, sal die RS Q3 die merk haal in 4.5 sekondes.

Hier volge die pryse:

Audi TT RS Coupe – R1 062 000

Audi TT RS Roadster – R1 113 500

Audi RS Q3                          R1 094 000

Audi RSQ3 Sportback         R1 128 000


RS6, RS7 en RS Q8

Die RS6, RS7 en RS Q8 sal Audi se vlagskip modelle wees in die RS reeks. Elk sal ‘n dubbel-turbo V8 enjin vergesel, wat 441kW en 800Nm sal verskaf. Natuurlik sal die kleiner en platter RS6 Avant en RS7 die 100km/h merk vinniger kan haal, maar volgens Audi, net 0.2 sekondes vinniger as die RSQ8.

Die laasgenoemde sal hierdie haal in 3.8 sekondes; ‘n asemrowende syfer, as die groot voertuig se 2-ton gewig ingereken word.

Elk van hierdie drie modelle sal op 1 April 2021 reeds op die verkoops-lys wees.

Hier volg die pryse:

Audi RS6 Avant TFSI quattro    R 2 070 000

Audi RS7 Sportback TFSI quattro R 2 173 500

Audi RS Q8 R 2 354 500


Leave a Comment