Padtoets: Toyota Hilux 3.0D-4D 4×4 Raider (Outo.)

Toyota Hilux 3.0D-4D 4×4 Raider – Outomaties

Dit voel soos nou-die-dag wat ek as student van die Strand af na Stellenbosch toe geryloop het en my eerste saamrygeleentheid  in ‘n splinternuweToyota Stout bakkie gekry het. Wat vir my interessant was omdat die eerste volgrootte Japannese bakkie was waarin ek gery het. Wat opgeval het was die lae ratverhouding van die bakke wat nie baie vinnig kon loop nie maar wat soos ‘n stoomlokomotief teen Louw-se-Bos uit getrek het.

Read morePadtoets: Toyota Hilux 3.0D-4D 4×4 Raider (Outo.)

Padtoets: 2009 Jeep Cherokee CRD

Oupagrootjie se tweede lewe

Die oupagrootjie van elke sportnutsvoertuig (of vier-by-vier) is die Amerikaanse Willys GP (“General Purpose”) wat in die Tweede Wêreldoorlog sy verskyning gemaak het. Hierdie basiese maar veelsydige vierwielaangedrewe voertuig het na die oorlog vinnig bewys dat hy ook harde werk of vermaak vir Jan Alleman kan bied.

Read morePadtoets: 2009 Jeep Cherokee CRD

Padtoets: BMW Z4 sDrive30i

Die plesierige ervaring

Dit het al weer gebeur. Vir ‘n tweede keer kon ek nie ‘n toetsvoertuig van BMW vir sewe dae met een tenk brandstof toets nie. Hierdie keer was dit nie die skuld van die motor se brandstofverbruik nie (gemiddeld 9 l/100km), maar egter my onweerstaanbare lus om effens doelloos net met dié spog-sportmotor rond te ry.

Read morePadtoets: BMW Z4 sDrive30i

Padtoets: BMW X5 xDrive48i

Sinloos maar briljant

Ek hou nie baie van sport-nuutsvoertuie (SUV) nie, hoofsaaklik omdat hulle voorgee om ‘n vier-by-vier te wees maar in meeste gevalle vir sulke doeleindes onbruikbaar is. Dit irriteer my op die selfde vlak soos deftige skinkgoed wat nie benut mag word nie, of funksies van my nuwe selfoon wat ek nooit ooit sal gebruik nie. Absoluut sinloos!

Read morePadtoets: BMW X5 xDrive48i

Padtoets: Ford Ikon 1.4 TDCi Ambiente

‘n Nuwe Ikon

Een van die eerste motors wat ek vir ‘n koerant of webwerf getoets het was ‘n Ford Ikon, ook ‘n donker-rooi ene, soos die nuwe model wat onlangs ‘n paar dae by my kom kuier het. Destyds was die klein Ford ‘n splinternuwe model op Stellenbosch se paaie, en ek onthou ook hoe ek ‘n paar weke later ‘n eenmalige “Sport” model met meer woema getoets het.

Read morePadtoets: Ford Ikon 1.4 TDCi Ambiente