Standard Bank Biltongfees 2019

Map Unavailable

Date/Time
Date(s) - 26/07/2019 - 27/07/2019
14:00

Location
Trustco United Rugby Field

Categories


Die Nederduitsch Hervormde Kerk Windhoek bied jaarliks die Standard Bank Biltongfees met trots aan! Die fees vind die jaar 26 en 27 Julie plaas op die Trustco United Sport Gronde en ONS NOOI JOU uit om te kom deel in die pret!!!

Kunstenaars wat die jaar sal sorg vir vermaak is:

Vrydag, 26 Julie
Juan Boucher
Ricus Nel
John Rock Prophet

Saterdag, 27 Julie
Lollos
Nadia Hanssen
Refentse
Demi Lee Moore
Adam Tas
John Rock Prophet
En Stefan Ludik as ons seremoniemeester

Die Nederduitsch Hervormde Kerk Windhoek sorg vir die LEKKERSTE kos!

African Marketing (Pty) Ltd bied weereens ‘n wynproe aan met ongelooflikke wynplase as deenemers.

As jy dink jy KAN braai…skryf NOU in vir die RIB-LEK-LEKKER BRAAIKOMPETISIE!

Die Mej. Biltongfees deelnemers skitter Vrydag namiddag en Saterdag oggend op die verhoog! ALMAL is so mooi! Van binne en buite!!

Kom maak ‘n draai by Standard Bank Namibia se Motorskou met spesiale aanbiedinge net vir JOU!

Die PRETPARK sorg vir baie vermaak en lekkernye vir jonk en oud! Gaan jy die jaar DIE BUL aanvat?

Daar is BAIE uitstallers die jaar. Kom wandel deur ons buite- stalletjies en maak solank gereed vir Namibië se LEKKERSTE biltong en dröewors.

Namboer Auctioneers CC hou Saterdag die Biltongfees Top 5 Expo asook die Biltongfees Wildsveiling, in samewerking met Simon Wildlife Services en Nutri Feeds Namibia.

Die Boerboele skou is soos altyd weer daar, om te beïndruk.

Die manne (en vroue!) wil jou `n ding of twee wys: Kom neem deel of kom loer in: Crossfit PLUS264, CrossFit Tsumeb, Skeleton Coast CrossFit, CrossFit Damascus en CrossFit Swakopmund terwyl hulle swoeg en sweet! Of kom ZUMBA bietjie saam FitCity Namibia!
Ons het selfs die jaar weer ‘n stoei-toernooi!

Shoprite & Checkers Namibian Champion Boerewors Competition se Top 3 Braai en stem!

Sjoe…’n PROPVOL program vir die 28ste Standard Bank Biltongfees 2019!

@Kosmos 94.1 ons eksklusiewe radiovennoot hou julle deurentyd op hoogte en is die dag self daar.

Ons is soooo trots wat ons as gemeente deur die fees bereik en ons hoop om jou daar te sien!

Leave a Comment