Padtoets: 2023 Volkswagen Polo Sedan

Pure nostalgie

In die afgelope dekade, moes vele vervaardigers hul ikoniese sedan modelle van die mark haal, weens die groeiende SUV mark. Volkswagen is maar net een van hierdie. Dink aan die Passat of die CC. Beide uitmuntende voertuie, wat steeds uitstekend in die Europese markte doen, maar onttrek is uit Suider Afrika weens die beheptheid met SUVs..  

Die 2023 Volkswagen Polo sedan mag dalk een van die enigste “plat karre” oor wees op die mark, maar bring dit beslis ’n nostalgiese gevoel terug. Eerste klas beenspasie (in byde rye) met ’n enorme kattebak, ’n windstil rit (sonder dat die voertuig self sukkel teen die storm sterk Kaapse Winter winde), en ’n goeie brandstof verbruik. Elk van hierdie punte is ’n goeie argument teen veel meer onpraktiese SUVs in dieselfde prysklas.  

Ons Polo Sedan 1.6 Life Auto was nou wel die duurste van die drie modelle teen R381 700, bloot omdat dit outomaties was. Dieselfde voertuig kan vir amper R21 000 goedkoper gekoop word met ’n handrat ratkas, terwyl die intree model net oor die R330 000 merk is. Vir wat die Polo sedan (Life) in het, dink ons hierdie is ’n absolute wenner.  

Tydens ons toets met die Polo sedan, moes ons 6, een meter lange waterpype vervoer. Hierdie pype het sonder ’n gesukkel in die kattebak gepas, sonder dat ons enige pype skuins, of bo op mekaar moes laat lê. Tydens die verwisseling van voertuie tussen die NamWheels spanlede. Moes hierdie pype bo-op mekaar geplaas word om in ’n R1,4 miljoen SUV te pas. Hierdie is te danke aan die Polo se 521 liter kattebak spasie, ’n syfer, wat nie sommer in klein, of mid SUVs nageboots kan word nie.  

Genoeg met die “geprys van die Polo sedan”, kom ons gaan oor na die harde figure. Die nuwe Polo Sedan kom van Indië af met ’n natuurlike aangedrewe 1.6 liter petrol enjin. Gekoppel aan òf die 5-spoed handrat òf die 6-spoed “Tiptronic” ratkas, skop hierdie enjin sowat 81kW en 152Nm uit. Met die outomatiese ratkas is die enjin redelik lui, en voorspel ons dat dit redelik luier sal wees met vyf mens en bagasie in die voertuig.  

Met 16-duim wiele en sagte vering, was die Polo sedan ook baie gemaklik op beide die hoofpaaie, asook in die dorp.  

In terme van veiligheid, word die Polo Sedan ook toegerus met twee voorste lugsakke, ISOFIX anker punte op die agterste sitplekke, sleutellose toegang en ’n stop / start knoppie, heuwel bystand, parkering sensors, ‘n trurat kamera, en ’n banddruk digitale meter.  

In terme van gemak en die binneruim, word die Polo Sedan net toegerus met ’n roomkleurige materiaal afwerking. Hierdie is nie noodwendig na ons smaak nie, siende dat dit uiters maklik vuiligheid sal wys, maar dit laat die kar veel meer ruim en luuks voel. Hierdie roomkleurige sitplekke is wel uiters gemaklik, perfek vir die langpad.

Verder het die Polo sedan ook lugversorging, wat hanteer kan word deur ’n raakskerm. Die 10-duim informasie sisteem sluit ook twee USB-C punte vir beide die voorste, en agterste rye in. Natuurlik is Bluetooth, Apple CarPlay en Android Auto ook ingesluit. Bykomend is daar ook ’n draadlose laaistasie vir fone, reg onder die verkoeling paneel.

Die Polo sedan is ’n sterk herinnering aan Volkswagen se sedan voertuie. Die toename in die gewildheid van kompakte sportsnutsvoeruie is iets, wat my persoonlik pla. Vele kere is hierdie “SUVs” veel meer onstabiel (weens die verhoogde swaardepunt), meer onprakties, en duurder om op die pad te hou as ’n gewone en gemaklike sedan.  

Dit is ’n jammerte dat die Polo sedan nie net die enigste Volkswagen sedan in Suider Afrika is nie, maar ook een van die enigste sedan voertuie op die pad. Die Polo sedan is dus ’n bewys dat ’n SUV nie noodwendig die mees praktiese, of veilige voertuie onder die R400 000 merk is nie.   

Persoonlik verkies ek die Polo sedan veel meer vir my volgende familie-tuinroete vakansie, eerder as ’n klein- of mid-SUV.  

Die Polo sedan kom met ‘n 3-jaar / 45 000km diensplan en ‘n 3-jaar / 120 000 km waarborg, sowel as ’n anti-roes waarborg van 12 jaar. Met pryse tussen R332 400 en R381 700 vir die drie modelle, is die Polo Sedan uiters goed geprys, in vergelyking met die nuwe Corolla, en Civic. 

1 thought on “Padtoets: 2023 Volkswagen Polo Sedan”

Leave a Comment