Met die meerderheid van die mark wat deesdae hul geld in SUV’s belê, het die mark vir kompakte sedans dramaties gekrimp. Pleks, word sedan voertuie al hoe meer gebruik deur vlootoperateurs en as huurmotors en stedelike taxi-dienste. Min kopers kies nog ’n klein sedan, maar dit beteken nie hulle het geen plek nie – daar is steeds gesinne en individue wat die waarde van hierdie voertuie raaksien.

Honda Amaze (2025) en Suzuki Dzire (2025)
Die segment is klein, met net ’n handjievol opsies: Suzuki Dzire, Honda Amaze, Kia Pegas, Hyundai Grand i10 sedan en Proton Saga. Ons vergelyk egter die twee voorste Japannese deelnemers – die Honda Amaze en die Suzuki Dzire – om te sien watter een die beter opsie bied.
Enjin en krag
| Model | Enjin | Ratkas | Krag | Wringkrag | Aandrywing |
| Suzuki Dzire 1.2 GA MT | 1.2L 3-silinder petrol | 5-spoed handrat | 60 kW | 112 Nm | |
| Suzuki Dzire 1.2 GL MT | 5-spoed handrat | 60 kW | 112 Nm | Voorwiele | |
| Suzuki Dzire 1.2 GL+ CVT | CVT | 60 kW | 112 Nm | ||
| Honda Amaze 1.2 Trend MT | 1.2L 4-silinder petrol | 5-spoed handrat | 66 kW | 110 Nm | |
| Honda Amaze 1.2 Comfort MT | 5-spoed handrat | 66kW | 110 Nm | ||
| Honda Amaze 1.2 Comfort CVT | CVT | 66 kW | 110 Nm |
Op papier is beide modelle amper identies. Beide word aangedryf deur ‘n keuse van ‘n 5-spoed of CVT ratkas, terwyl Honda se Amaze een silinder meer as die Suzuki Dzire het. Die Honda het ook 6kW meer as die Suzuki, maar 2 Nm minder. Hoewel dit amper geensins ‘n verskil is nie, kan dit nogals op die pad gevoel word.

Hoewel ons nog nie die CVT Dzire bestuur het nie, voel die handrat weergawe ietwat wakkerder as die Amaze. Anders as meeste ander (duurder) Honda modelle, hou die Amaze se CVT ratkas meer van ‘n egalige en rustige rit. In die stad en tydens effe meer opwindende ritte, is die CVT geneig om ietwat geraas te maak.
Dit is om hierdie rede, dat ons veel eerder die handrat opsies sal kies, met die Dzire se ratkas, wat veel meer maklik hanteerbaar is. Die Amaze se handrat voel egter ietwat hardkoppig in die eerste twee ratte.

Brandstofdoeltreffendheid
| Model | Vervaardiger syfer | Werklikke syfer | Tenkgrootte |
| Suzuki Dzire | 4.5L / 100km | 4.9L / 100km | 37L |
| Honda Amaze | 5.5L / 100km | 6.8L /100km | 35L |
Nog een van Suzuki se sterk voordele, is dat die handelaar dit regkry om ‘n lae brandstof verbruik te lewer, sonder die gebruik van hibriede sisteme. Bykomend, is Suzuki ook een van die handelaars, wat konstant is met hul brandstof syfers. Dus was hul algehele brandstof verbruik net met 0.5L/100km af tydens ons eie pad toetse. ‘n Uitstekende syfer, siende dat ‘n volle 37L tenk, teoreties ‘n afstand van 810km sal kan aanpak; amper 200km meer as met die Amaze.

Praktiese bruikbaarheid
| Model | Bagasieruimte | Sitplekke |
| Suzuki Dzire | 378L | 5 volwassenes |
| Honda Amaze | 416L | 5 volwassenes |
Hier begin die Amaze egter weer grond opmaak. Met ‘n 416L kattebak, is die Amaze ietwat meer prakties as die Dzire, veral wanneer week-lange ekskursies aangepak word. Hoewel beide modelle, teoreties, 5 insittendes moet kan neem, is ons egter van die mening dat twee volgroeide, en een kleiner passasier meer gemaklik sal wees in die tweede ry.

Veiligheid en toerusting
Albei modelle bied die basiese stel veiligheidskenmerke – ABS, ses lugsakke en ISOFIX. Die Dzire spog egter met stabiliteitsbeheer as standaard, terwyl die Amaze net basiese veiligheid bied.
Dit is om hierdie rede, dat die Dzire ‘n volle 5-sterre kry, terwyl die Amaze net moet klaarkom met 4. Laasgenoemde het die Dzire se GL+ model ook spoed beheer, terwyl die Amaze Comfort dit nie bykry nie.

Pryse en waarborg
| Suzuki Dzire 1.2 GA MT | R224 900 | 5-jaar / 200 000km waarborg | 4-jaar / 60 000km diensplan |
| Suzuki Dzire 1.2 GL+ MT | R246 900 | ||
| Suzuki Dzire 1.2 GL+ CVT | R266 900 | ||
| Honda Amaze 1.2 Trend MT | R254 900 | ||
| Honda Amaze 1.2 Comfort MT | R274 900 | ||
| Honda Amaze 1.2 Comfort CVT | R294 900 |
Terwyl beide vervaardigers dieselfde diensplan en waarborg bied, kan die Dzire gesien word as beter waarde vir geld. Ons top keuse sal egter die Suzuki Dzire 1.2 GL+ MT wees, bloot omdat dit R8 000 goedkoper is as die Amaze Trend, sowel as ‘n veel gemakliker ratkas het. Die CVT model, vir R20 000 meer, mag dalk ietwat meer sukkel met die drie silinder en selfs nog meer skree as die van die Amaze.

Ons oordeel
Terwyl Honda se Amaze ietwat meer stoorspasie inhou, sowel as LED dagligte het, verkies ons eerder die Dzire model, bloot as gevolg van Suzuki se uitstekende pryspunt vir die model, algehele rygemak, en veiligheid. Die Dzire is ook bewys om meer ekonomies te wees, te danke aan die kleiner, maar ietwar wakkerder 3-silinder enjin.
