Padtoets: 2025 Honda Amaze

’n Klein sedan met groot ambisie

In ’n mark waar kompakte sedans sukkel om kop bo water te hou teen die gewildheid van klein SUV’s, hou die Honda Amaze ‘n goeie plek. Met drie modelle in die plaaslike reeks, naamlik die Trend 5-spoed handrat, Comfort 5-spoed handrat, en Comfort CVT—posisioneer Honda die Amaze as ’n praktiese en betroubare opsie vir kopers wat waarde vir geld en Japannese ingenieurswese soek.

Read more

Padtoets: 2025 Mahinda XUV700 2.0T AX7L Black Edition

Mahindra se “Batman” voertuig

Net voor 2022 het Mahindra ‘n reuse swaai gemaak om meer luukse voertuie te vervaardig; ’n goeie skuif, siende dat die XUV reeks sedertien reuse sukses behaal het. Nie net het hierdie XUV700 die Indiese voertuig van die jaar geword nie, maar het verkope in Suider-Afrika ook sterk geklim.

Read more

Padtoets: Chery Tiggo Cross

Chery se Cross nou nog ‘n opsie in die Tiggo reeks.

Chery is een van die nuwe Sjinese vervaardigers wat besig is om die Suider-Afrikaanse mark om te dompel. Die vervaardiger is nou al vir die afgelope paar maande in die top-10 van algehele voertuig verkope, met Februarie van die jaar (2025) wat hulle in sewende plek geplaas het, net agter die gevestigde naam Isuzu. Nou, met ’n splinternuwe kompakte SUV naamlik Cross, is Chery nog meer gereed om die mark aan te vat.

Read more

Padtoets: Ford Territory 1.8T Titanium

Territory terug in Suider-Afrika

Ford se teikenmark het oor die afgelope paar jare weg van die sedan, luikrug, en passasier mark verskuif na die meer prominente bakkie en SUV markte. Met rede ook, siende dat die SUV mark tans die mees kompiterend is in Suider-Afrika, terwyl Ford reeds ’n gevestigde reputasie met hul Ranger bakkie reeks het.

Read more

Padtoets: 2024 Jaecoo J7 1.6T Glacier

Jaecoo se J7 Glacier die beste waarde vir geld.

Nes die Volkswagen groep (die grootste in Duitsland), wat vele ander vervaardigers soos SEAT, Skoda, Cupra, Audi, Lamborghini, Porsche, Bentley, en selfs Ducati besit, is die Chery groep in beheer van die Sjinese voertuig mark. Hierdie groep besit onderandere Omoda, Jetour, en Jaecoo. Elk van hierdie kan nou in Suider-Afrika gevind word, met die laasgenoemde wat onlangs in die distrik opgedaag het met een model.

Read more