As die naam Changan bekend klink, maar jy dit nie heeltemal kan plaas nie, onthou jy hulle waarskynlik as “Chana” van ‘n dekade of wat gelede. Vandag fokus Chana hoofsaaklik op kleiner kommersiële voertuie. Vanaf 2025 het Changan egter weer Suid-Afrika betree onder die Jameel Motors-vaandel en in byna al die hoofsegmente meegeding.
Padtoetse
Alles van luikrugmodelle tot supermotors!
Padtoets: 2025 Ford Transit Custom Sport
Ford se Transit Custom Sport veel meer as net ‘n bus met vinnige strepe
Top Gear aanhangers mag dalk die episode onthou, waar Jeremy Clarkson die destydse Ford Transit getoets het en verwys het na die bank rowe in die 60’s en 70’s. Die Transit was gesien as die perfekte voertuig vir hierdie misdade, siende dat dit relatief rats was vir sy grootte, en natuurlik spasie gehad het om als in te gooi. Vroeg in 2025, het Ford weer hul Transit en Tourneo reeks opgedateer; die keer met die toevoeging van ‘n “sport” model.
Amaze vs Dzire: kompakte sedan kragmeting
Met die meerderheid van die mark wat deesdae hul geld in SUV’s belê, het die mark vir kompakte sedans dramaties gekrimp. Pleks, word sedan voertuie al hoe meer gebruik deur vlootoperateurs en as huurmotors en stedelike taxi-dienste. Min kopers kies nog ’n klein sedan, maar dit beteken nie hulle het geen plek nie – daar is steeds gesinne en individue wat die waarde van hierdie voertuie raaksien.
Padtoets: 2025 Suzuki Dzire
Die Suzuki Dzire het homself gevestig as een van Suid-Afrika se gunstelinge onder die klein sedan-segment. Met sy kombinasie van betroubaarheid, ekonomie en praktiese spesifikasies bied dit ’n pakket wat moeilik geklop kan word in ’n mark waar kopers steeds waarde soek bo alles.
Padtoets: 2025 Honda Amaze
’n Klein sedan met groot ambisie
In ’n mark waar kompakte sedans sukkel om kop bo water te hou teen die gewildheid van klein SUV’s, hou die Honda Amaze ‘n goeie plek. Met drie modelle in die plaaslike reeks, naamlik die Trend 5-spoed handrat, Comfort 5-spoed handrat, en Comfort CVT—posisioneer Honda die Amaze as ’n praktiese en betroubare opsie vir kopers wat waarde vir geld en Japannese ingenieurswese soek.
Padtoets: 2025 GWM P500 2.0T 9HAT 4×4 Ultra Luxury
GWM se P500 bakkie ’n absolute wenner
Elektriese-verstelbare agter sitplekke, ‘n sondak, verhitte en verkoelde sitplekke vir beide sitplek rye, en uiterse gemak. Hierdie is die tipe funksies wat gekoppel word aan meeste nuwe luukse SNVs, tog het GWM elk van hierdie in hul nuutste P500 HEV bakkie geplaas.
Padtoets: 2025 Mahinda XUV700 2.0T AX7L Black Edition
Mahindra se “Batman” voertuig
Net voor 2022 het Mahindra ‘n reuse swaai gemaak om meer luukse voertuie te vervaardig; ’n goeie skuif, siende dat die XUV reeks sedertien reuse sukses behaal het. Nie net het hierdie XUV700 die Indiese voertuig van die jaar geword nie, maar het verkope in Suider-Afrika ook sterk geklim.
Padtoets: Chery Tiggo Cross
Chery se Cross nou nog ‘n opsie in die Tiggo reeks.
Chery is een van die nuwe Sjinese vervaardigers wat besig is om die Suider-Afrikaanse mark om te dompel. Die vervaardiger is nou al vir die afgelope paar maande in die top-10 van algehele voertuig verkope, met Februarie van die jaar (2025) wat hulle in sewende plek geplaas het, net agter die gevestigde naam Isuzu. Nou, met ’n splinternuwe kompakte SUV naamlik Cross, is Chery nog meer gereed om die mark aan te vat.
Padtoets: Ford Territory 1.8T Titanium
Territory terug in Suider-Afrika
Ford se teikenmark het oor die afgelope paar jare weg van die sedan, luikrug, en passasier mark verskuif na die meer prominente bakkie en SUV markte. Met rede ook, siende dat die SUV mark tans die mees kompiterend is in Suider-Afrika, terwyl Ford reeds ’n gevestigde reputasie met hul Ranger bakkie reeks het.
Padtoets: 2025 Mazda CX-30 Carbon Edition
Mazda se CX-30 dalk net die stille “Piastri” van die kompakte SUV mark
Mazda is dalk een van die stiller vervaardigers in die huidige mark, dog maak die Japanese vervaardiger uitstekende voertuie. Die nuwe CX-30 reeks is een van van hierdie voorbeelde.