850km deur drie provinsies: Suzuki spreek die klein besigheids voertuig tekort aan
Daar is tans ’n enorme tekort aan klein half-ton besigheids voertuie. By Galimoto Media en NamWheels kry ons konstant navraag oor half-ton bakkies vir nuwe klein besighede. Die uiteinde van die saak is dat 1 ton bakkies net te groot óf te duur is.
Suzuki Suid Afrika het pas met ’n oplossing na vore gekom met die bekenstelling van hul nuwe Eeco model. Geprys onder die R200 000 merk, word hierdie voertuig tans gesien as een van die mees bekostigbare en praktiese klein besigheids voertuie op die mark.

Ons het ongeveer 850km deur drie provinsies afgelê om die nuwe Eeco deur sy passe te sit.
Een van vele nuwe Suzuki’s op die mark
Suzuki het nog vele verassings in 2023, met die Grand Vitara, Fronx, en 5-deur Jimny wat oppad is. Persoonlik glo ons dat die Eeco maar net een van die nuwe 2023 modelle is wat die Japanese vervaardiger na verdere hoogtes sal neem in die verkoops ranglys.

Die Eeco sluit by die mark aan as ’n besigheids voertuig, en sal dus net in een variant verkoop word; as ’n twee-sitplek paneelwa. Hierdie voertuig neem egter die vervaardiger se motto van ’n prettige, bekostigbare en praktiese voertuig voort.
Waarom Eeco?
Terwyl die presiese betekenis van “Eeco” onbekend is, kan een afleiding wel gemaak word. Hierdie voertuig is uiters ekonomies teen net 5.4 liter per 100km. Hierdie is te danke aan die 5-spoed hand-ratkas en 1.2 liter (K12) enjin. Soortgelyk aan Suzuki se ander ejins, hou hierdie eenheid van die hoë revolusies, dog is dit betroubaar.

Die Eeco is ook ekonomies met respek tot ondershouds-onkostes. Met geen turbo of elektriese komponente nie, is die Eeco selfs maklik om self te onderhou. Terselfdetyd sal lae versekerings-kostes en die enkele wit kleur dit maklik maak om die voertuig te onderhou en reg te maak.
Watse kompetisie?
Soos reeds genoem, is die laaste half ton bakkie tans van die mark onttrek. Verbruikers is dus paniekbevange oor alternatiewe, siende dat 1-ton bakkies te duur is, òf die feit dat huidige paneel-waens eintlik maar net klein motors of SUVs met minder sitplekke is. Ander bakkies kort ook glasvesel kappe, terwyl daar nie ’n enkele klein half-ton besigheids voertuig op die mark is met sy-skuifdeure nie.

Hierdie is juis die rede waarom ons die Eeco reeds as ’n reuse sukses sien. Met die geintigreerde laaibak, wat 1 620mm lank, 1 300mm wyd, en 1 070mm hoog is, is die Eeco baie meer prakties as ’n half-ton bakkie. Bygesê kan dit ook 615kg dra.
Dus moet ons egter bieg dat die Eeco nie regtig enige waardige kompetisie in die mark het nie en presies all navrae aanspreek.

850km deur drie provinsies
Ons het die tog aangepak as deel van die #RallyToRead veldtog, om skool benodighede na drie landelike skole in KwaZulu-Natal te neem. Met ses Eeco’s vol musse, tafels, en stoele gelaai, het ons die tog vanaf OR Tambo lughawe deur die rowwe Vrystaat voortgesit, om die landelike grondpaaie van die Drakensberge aan te pak.

Hierdie het lang ure op die N3 hoofweg, vele “R” roetes, en slaggate (met bietjie pad langs dit) geverg. Die Eeco het egter die pas goed gehou teen die nasionale hoofweg spoed, terwyl dit maklik om slaggate gedans het.
Selfs meer verrassend was die feit dat hierdie klein enjin so goed gevaar het teen meer as 1500 meter bo seespieël. Ons het die snelweg tot in die Drakensberge gemaklik kaf gedraf.

Die tweede oggend het ons ongeveer 150km sien ry tussen drie landelike skole, waar elk van die Eecos ontlaai is en die goedere aan die skole oorhandig is. Met ’n kort draai-radius van 4.5 meter en ’n grondvlakhoogte van 160mm, het die Eeco gemaklik die klipperige grondpaai aangedurf.
Laasgenoemde was die 32 liter petrol tenk geensins ’n kommer nie, met elke 300km stuk op die hoofweg, wat net minder as ’n halwe tenk verreis het.

Gebou vir praktiese doeleindes
Terwyl die sitplekke in die Eeco gemaklik was om 300km op ’n slag aan te durf, is die res van die kajuit minimalisties. In hierdie tipe voertuig is dit egter verkose. Terwyl daar geen digitale sentrale instrument paneel is nie, is die kajuit reggemaak om ’n radio daarin te plaas, met ’n antenna en twee luidsprekers, wat wag om gekoppel te word.
Agter die stuur is daar wel ’n digitale spoed meter, wat ook ander informasie weergee, onderandere sitplek gordel waarskuwings. Suzuki het ook die goeie en weereens praktiese keuse gemaak om eerder ‘n 12 volt punt in die sentrale paneel te plaas, eerder as ’n USB punt. Die rede hiervoor is dat die 12V punt veel meer universieël is en makliker aanpasbaar vir alle gebruike.

Die Suider-Afrikaanse model kom ook met veel meer veiligheids eienskappe; onder andere ’n sluitweer-remtoestel (ABS), elektroniese rem-verspreiding (EBD), elektroniese stabiliteits-beheer (ESP), sowel as sy-impak staalbalke.
Elk van die voorste sitplekke het ook lugsakke. Die Eeco kom ook met ’n trurat-sensor en anti-diefstal immobiliseerder.

Innaggenome van die feit dat die naaste kompiterende modelle oor die R200 000 merk is, is die Eeco nie net goedkoper nie, maar ook goedkoper en gerieflik om te onderhou. Teen R199 900 met ‘n 3-jaar / 100 000km meganiese waarborg, dink ons die Eeco gaan soos soetkoek verkoop.
Uitstekende klein besigheidsmotor!