Andre Bezuidenhout het die naweek sy sewende Simola heuwelren verower. Die Suid-Afrikaanse renjaer en besigheidspersoonlikheid is sedert 2017 onoorwonne en het die jaar dit reg gekry om beide die “Klassieke Kar Vrydag”, sowel as die algehele Simola heuwelren te wen.
Alhoewel reën dit onmoontlik gemaak het om sy eie 2022 algehele rekord van 34.161 sekondes te verbeter, is die skare steeds op hul voete gebring vir verskeie redes. Nie net was sy eie tyd van 37.580 sekondes, in die Gould Gr 55, merkwaardig in die nat toestandende nie, maar het Franco Scribante in sy monster (genaamd “Godzilla) Nissan GT-R R35 dit ook reg gekry om die Veranderde toemotorren “Koning van die heuwel” trofee te neem met ’n tyd van 39.877, bykans ’n volle sekonde voor die klaswenner, Reghard Roets in ’n soortgelyke Nissan GTR R-35 (maar met minder druk vlerke).
Die toemotorren klas is gewen deur Jean-Pierre van der Walt, wat die eindstreep in ’n tyd van 44.991 sekondes bereik het. Hierdie was bykans drie sekondes vinniger as Garth Mackintosh (McLaren 720s) in tweede.
Die heuwelren, nou in sy 13de bestaansjaar, het ook in 2023 aansienlik Internasionale name gelok. Mika Salo, die voormalige Formule 1 renjaer, wat tussen 1994-1998 en weer vanaf 2000 tot 2002 vir spanne soos Sauber, Toyota, Lotus, en Tyrell gery het, is genooi deur Mercedes om in hul AMG 45S die heuwel uit te jaag. Die Finn het as ’n Simola nuweling dit reggekry om die derde plek in die toemotorren kategorie te neem.
Beide die beroemde Solberg broers het ook besluit om die ren aan te durf, met Henning Solberg, wat in Volswagen se nuwe Golf R die heuwel aangedurf het. Petter, die driemalige FIA wêreld kampioen, het egter koning gekraai as die skare se gunsteling met die Polo R WRX, wat in 2017 en 2018 die FIA Wêreld kruis tydren kampioenskap verower het. Reeds bekend aan Suid-Afrikaners, na die 2017 en 2018 seges met hierdie voertuig op die Killarney Internasionale renbaan, het die kaartjie verkope aansienlik verspoedig.
Petter Solberg het dit ook reggekry om as ’n Simola nuweling, derde in die veranderde toemotorren kategorie te eindig, met ’n tyd van 41.281, minder as 1.5 sekondes agter die wilde en heuwelren gespesifiseerde Nissan GT-R’s van Scribante en Roets.
Die Suzuki renjaers het ook hul titel borg trots gedoen, met Devin Robertson, wat tweede in die enkel-sitplek sportsmotor kategorie geëindig het, met sy Radical Suzuki Hyabusa 1300 pro sport.
Wesley Greybe, in sy tweede Simola heuwelren in ’n Swift Sport, het weereens tweede in die A1 klas geëindig met ’n tyd van 1:00.809, nes ’n wolkbreuk op die 1.9km baan neer gedaal het. Sudhir Matai, wat sekerlik die moeilikste taak van alle renjaers oor die naweek gehad het, het derde in die klas geëindig met ’n tyd van 1:02.667, dit terwyl hy die eerste renjaer was, wat die finale rondte moes oopmaak tydens die wolkbreuk.
Greybe het onderandere sy vinnigste tyd van 54.580 sekondes in 2022 verbeter toe hy ‘n 54.395 tydens een van die kwalifiserings rondtes opgestel het.
Die 2023 Simola heuwelren het ook gedien as ’n platform vir vervaardigers om hul nuwe voertuie uit te toets. Ford het onderandere hul nuwe Ranger Raptor uitgetoets, terwyl Volkswagen hul nuwe Golf 8 R in die hande van Henning Solberg en hul twee ervare renjaers, Daniel Rowe en Jonathan Motgotsi geplaas het.
Slegs ’n week na die bekendstelling van die nuwe Honda Civic Type-R, is dit ook teen die heuwel uitgestuur in die hande van die ervare Deon Joubert. Die renjaer het die A1 kategorie gewen met ’n tyd van 55.368 sekondes. Laastens het Toyota ook hul nuwe Corolla GR Sport na die bult gebring, nog voor dit amptelik op die mark geplaas is. Die 2023 Simola heuwelren was as ter ware ’n reuse sukses om vele redes.
Baie geluk aan al die wenners!
Uitstekend!!!!