’n Bewys dat elektriese voertuie meer koste effektief word.
Wêreldwyd is daar ’n geweldige menings polarisasie as dit by elektriese voertuie kom, en in Suid Afrika is dit nie veel anders. Hoewel die elektriese revolusie redelik traag in ontwikkelende lande is, het ons al ’n vêr pad gestap sedert die eerste elektriese voertuig (EV) in die suidelike halfrond aangeland het.
Voor die COVID-19 uitbraak, was EV verkope maar skraal, met minder as 1000 geregistreerde EVs in die land. Die hoof probleem hiermee was ’n klein laai struktuur, kort reikasfstand in voertuie, en astronomiese pryse (te danke aan die onredelike invoers belasting, wat gehef is op Europese invoere).
Met verloop van tyd het elk van hierdie verander, met nie net hibriede voertuie, wat nou in hoë aanvraag is nie, maar ook EVs self. ’n Groot oorsaak hiervan is die tempo van Chinese EV invoere. Kyk maar net na die Volvo EX30, ’n Geely produk, wat die land binnegedring het teen ’n geweldige bekostigbare prys.
Ons het onlangs weereens Jaguar se ikoniese I-pace, sowel as Volvo se nuwe EX-30 getoets, wat onderandere ons laat dink het oor hoe die spesifieke sub-industrie verander het oor die afgelope paar jaar. As dus sal ons probeer om hierdie bes te verduidelik.
1. GridCars, Rubicon en Audi tot die redding
GridCars is grootliks verantwoordelik vir die algehele EV infrastruktuur in Suid Afrika, terwyl Rubicon en Audi ook onlangs ’n groot rol speel. Die maatskappye werk saam met vele OEMs (voertuig vervaardigers) om vinnige laai stasies aan die lewe te bring. GridCars se lewendige landskaart dui hierdie astronomiese groei aan, met die metro’s, wat beslis nie ’n tekort aan vinnige laai stasies het nie.
Charge Stations map of southern Africa
Ongelukkig is daar ’n geografiese streikelblok in ons land, met Suid Afrika, wat geografies veel grootter is as meeste Europese lande. Dus is “afstands angs” wel nog ’n realiteit, veral in die landelike gebiede van die Oos- en Noord-Kaap.
’n Tog vannaf die Kaap tot Johannesburg (ongeveer 1400km) is egter nou haalbaar binne ’n dag en ’n half, mits daar goed beplan word. Die realiteit is egter dat meeste nuwe EVs ’n reikafstand van meer as 300km het, waar dit slegs ’n paar jaar terug skaars by die 200km merk kon uitkom.
Hoewel die mikpunt beslis sal wees om langafstand EVs in die toekoms te hê, is die realiteit vir nou dat EVs uiters goed gepas is vir die stedelike metro’s en omliggende gebiede.
Met korter afstande deur die dag (van die werk af en terug, of na die winkels), sal die laaityd korter neem. Daar moet ook in ag geneem word dat die laaste 2% die langste neem, om die battery te spaar (soos met slim selfone ook). Dus kan meeste voertuie ontkoppel word op 98%.
As volg vergelyk ons die laaityd van vyf verskillende voertuie tans in Suid Afrika (Elk van hierdie tye neem in ag dat die voertuig van 0-100% gelaai sal word).
7kW laaipunt (normale kragpunt by die huis) | 22kW laaipunt (meeste GridCar laaipunte) | 60kW laaipunt (enkele vinnige laaipunte) | 150kW laaipunte (Enkele Rubicon punte) | |
Jaguar I-Pace (294kW / Battery 90 kWh) | 12.9 Ure | 3.3 Ure | 1.2 Ure | 46 min |
Volvo EX30 (dubbel motor 315kW / Battery 69kWh) | 7.9 Ure | 2.5 Ure | 55 Min | 38 min |
GWM Ora 03 (126kW/ Battery: 63 kWh) | 7.2 Ure | 2.3 Ure | 50 Min | Ongelukkig kan die Ora 03 net tot en met 80kw gelaai word. |
Audi E-tron S5 Quattro (300kW / Battery: 95kWh) | 13.4 Ure | 4.3 Ure | 1.4 Ure | 48 min |
Volkswagen ID.4 Pro Performance (150kW / Battery: 77kWh) | 11.1 Ure | 3.4 ure | 1.3 ure | 41 min |
*Let wel dat kW verwys na die algehele krag van die voertuig, terwyl kWh verwys na die laai spoed van die battery. Hierdie oefening kan ook op Gridcars se “charge calculator” gedoen word. Nie alle EVs kan egter op ’n vinnige 150kW laaier gelaai word nie. Die GWM Ora 03 is ’n voorbeeld, waar dit net tot en met ’n spoed van 80kW gelaai kan word.
Meeste van die GridCars laaipunte in Suid Afrika is 22kW laaipunte, terwyl vervaardiges soos Audi en Rubicon onlangs 150kW punte ingebring het. Hierdie R50 miljoen projek is nou in die derde fase en het as sulks, ses nuwe 150kW DC laaiers langs strategiese kern punte opgestel:
Provinsie | Ligging |
Vrystaat | N1 – Fleurdal Mall, Bloemfontein |
Wes Kaap | N1 – Century City, Kaapstad |
N1 – Tygervallei Winkel Sentrum, Kaapstad | |
N2 – Somerset Mall, Somerset Wes | |
KwaZulu-Natal | Galleria Mall, Amanzimtoti |
KwaZulu-Natal | N3 The Avenue Sentrum, Hilton |
Met ’n verbeterde infrastruktuur raak laai tye vinniger, terwyl aankoop kostes ook besig is om drasties te val; maar meer hiervan later.
2. Reikafstand
Soos reeds genoem is reikafstand in Suid Afrika een van die kern redes vir die slegte verkoops statistiek van EVs in Suid Afrika. Huidiglik is EVs eintlik ideaal is vir stedelike gebruik, terwyl inprop hiebriede voertuie (PHEV) dalk die beste opsie is vir die lang paaie.
Vir korter ritte, maak ’n klein EV geweldig baie sin. Terwyl die Jaguar I-Pace, Volvo EX30, Audi E-tron, en Volkswagen ID.4 almal ‘n reikafstand van ongeveer 400km (of meer) het, sal die GVM Ora tussen 300 en 400km kan aflê.
Nog ’n voordeel is dat veel kleiner EVs tans na Suid Afrika kom. Die voordeel hiervan is dat hoewel die batterye dalk nie so kragtig mag wees om vinnig van 0-100km/h te versnel nie, dit vinniger sal laai.
Selfs die 69kWh Volvo EX30 sal minder as 8 ure neem om van leeg tot vol te laai by die huis (Vannaf ’n vinniger AC laaier boks). Realisties (met ’n totale afstand per dag van 200km), sal dit net oor die vier ure neem om saans in die motorhuis te laai.
Hoewel die langpad dalk nog fyn beplanning en geduld sal vereis, maak dit absoluut sin om met ’n EV in die stad rond te ry.
3. Aankoop en laai kostes
’n Geweldige aanvanklike EV struikelblok, was die van die aankoop prys. Terwyl dit veel goedkoper sou wees om ’n EV te laai, in vergelyking met die prys van petrol / diesel, sou dit dekades wees voordat die prys van EV eienaarskap, gelykbreek met die van ’n normale voertuig.
Neem byvoorbeeld die Jaguar I-pace, ’n ongelooflike voertuig in eie reg. Met ’n sneltyd van net oor die 4 sekondes (tot 100km/h), sowel as ’n uiters gemaklike en ruim binneruim, is die I-Pace ideaal. Dog laat die R2.5 miljoen prys enigiemand oorweeg om eerder iets meer prakties, soos die Land Rover Discovery Sport Dynamic PHEV te koop teen R1.3 miljoen, veral aangesien dit ’n elektriese afstand van 65km het, en dan kan oorskakel na die diesel enjin vir ’n verdere 600km.
Om die mark aan jou kant te kry en ’n mentaliteits verskuiwing te maak, moet EVs óf goedkoper wees as die ekwivalente petrol model, óf dieselfde geprys word.
Hierdie is presies wat Volvo met hul EX30 model gedoen het. Nou besit deur die Chinese maatskappy, Geely, het Volvo onlangs die mat onder die voete van die mark geruk.
Met vyf modelle gebring na Suider-Afrika is die pryse as volg:
- EX30 Core – R775 900
- EX30 Plus – R865 900
- EX30 Plus dubbele motor – R935 900
- EX30 Ultra – R965 900
- EX30 Ultra dubbele motor – R995 900
Vergelyk dit teennoor die klein EVs tans in Suid Afrika, en enigiemand sou dus dink dat die luukse Sweedse vervaardiger se EX30 dus redelik pap in die broek is. Dit is immers een van Volvo se mees bekostigbare voertuie. ’n EV SUV daarby is ongehoord van onder R1 miljoen.
Ons eie skeptisisme is vinnig stilgemaak, met die dubbele motor EX30, wat die vinnigste Volvo nog is. 0-100Km/h neem slegs 3.6 sekondes. Dit is vinniger as ’n Aston Martin DB12 (V12 enjin).
Soortgelyk kan die EX30 ook ’n reikafstand van 420km behaal.
In terme van laaikostes, is daar baie veranderlikes. Die eerste hiervan is of die voertuig by die huis (tot en met ‘n 11kWh AC punt), of by ’n publieke punt gelaai word. Hiervan is die munisipaliteit van Ethekwini die goedkoopste, teen ongeveer R2.97. In die stad Kaapstad sal dit ongeveer R3.48 per kWh kos. Oor die algemeen is dit egter goedkoper om ’n EV van die huis af te laai.
Publieke laaiers kos egter ietwat meer, siende dat hierdie laai infrastruktuur by besige sentrums opgestel word en ook vinniger laai. Hier sal 11 of 22kW laaipunte ongeveer R5.88 per kWh kos, terwyl ’n DC laaier (met meer kapasiteit en spoed) tot en met R7.35per kWh sal kos.
Om werklik te sien hoe die verbruikers koste van ’n EV, teennoor ’n normale petrol voertuig sal verskil, is dus egter moeilik en sal meestal van die verbruik self afhang.
Kom ons neem byvoorbeeld BMW se nuwe iX1 (EV), sowel as die X1 1.8i. Beide voertuie is ongeveer dieselfde in terme van grootte (kompakte SUVs). Die iX1 het ’n gemiddelde verbruik van 18.3 kWh per 100km, terwyl die X1 model sowat 6.5L per 100km sal verbruik.
Dus, teen ’n gemiddelde bedrag van R2.50 per kWh by die huis, sal dit uitwerk op R0.46 / km, terwyl die X1 ongeveer R1.50 / km sal kos. Selfs die publieke DC laaiers sal goedkoper uitwerk teen R.34 gemiddeld.
EVs in Suider Afrika het al ’n vêr pad gestap, en het verseker nog ’n langer pad om te stap. Terwyl dit dalk nog nie die verkose langpad voertuig vir vele verbruikers is nie, het die laai infrastruktuur geweldig versprei en vinniger geword, terwyl die onlangse golf van Chinese EVs die aankoop prys van EVs geweldig laat val.
👍👍