‘n Volmaakte stedelike sluiper
Laat ons eers die grootste vraag uit die weg ruim. Ja, die Toyota Urban Cruiser is in werklikheid dieselfde as ‘n Suzuki Vitara Brezza. Behalwe vir die vloer matte, die voorste roostersamestel, asook die prysreeks (hier wen die Vitara Brezza algeheel), en die waarborg (die Vitara Brezza wen weer met twee jaar). Beide die Urban Cruiser en Vitara Brezza, nes die Suzuki Baleno en Toyota Starlet, is ‘n Maruti produk.
Weens ons in diepte analise van die Suzuki Vitara Brezza self, sal ons dus net vlugtig hier na ons einste toetseenheid kyk (‘n 1.5 XR Outomaties). Hierdie is natuurlik die duurste van die vyf Urban Cruiser modelle, wat teen R247 900 begin en by R315 700 eindig.
Soortgelyk word alle Urban Cruisers met ‘n 3-jaar / 100 000km waarborg en 3-jaar / 45 000km diensplan verkoop.
Die XI model word net as ‘n handrat weergawe verkoop en kom met 16 duim staal wiele, LED hoofligte, LED dagligte, Android Auto / Apple Carplay, Toyota Connect, Start / Stop sleutellose funksies, trurat waarskuwing sensors, asook volledige voubare agterste sitplekke.
Die XS modelle kom in beide ‘n handrat en outomatiese weergawe, waar die laasgenoemde sowat R21 200 duurder sal wees. Terwyl die XS alles van die XR sal insluit, voeg die model ook die volgende in: 16 duim allooi wiele, dak reëlings, gekleurde deurhandvatsels, ‘n elektroniese anti-wasem eenheid, agterste ruit wasser, trurat kamera, outomatiese lugversorging, koppie houers en ‘n 60/40 agterste sitplek voubaarheid.
Die XR modelle kom ook in beide automaties en handrat, waar die eersgenoemde R21 200 duurder sal wees as die handrat weergawe. Bykomend kry die XR modelle LED misligte, outomatiese hoofligte, spoedbeheer, ‘n outomatiese verstelbare tru-spieëltjie, outomatiese reën-sensors, twee 12V punte, Leer stuurwiel, en ‘n verkoelbare paneelkassie.
Vir die prys waarteen hierdie voertuig verkoop word is ons baie ingenome. Natuurlik is daar ‘n paar kinkels-in-die-kabel met ietwat windgeraas, wat deur die linker voorruit suis, maar oor die algeheel is ons baie tevrede met die direkte stuuraksie, padhouvermoë en brandstof verbruik.
Verder is die automatiese tru-spieëltjie, wat help om die skerpheid van ander voertuie se hoofligte in die nag te minimaliseer, asook die verkoelbare paneelkassie ‘n groot pluspunt.
Verder het die Vitara Brezza / Urban Cruiser ook ‘n 4-ster NCAP veiligheids gradering.