Ineos se Grenadier: ‘n regte 4×4

Deesdae is daar min voertuie, wat opregte opwinding skep. Als voel dieselfde. Gelukkig is die Ineos Grenadier nou in Suider-Afrika te koop…

Die Ineos Grenadier konsep mag dalk in ’n Skotse kroeg na vore gekom het, te midde van Land Rover se hernuwing van die ikoniese Defender; dog voel die Grenadier na die perfekte mengsel van modern, en oudtyds.

Dit is moeilik om nie aan die Land Rover Defender te dink, wanneer daar met die Ineos Grenadier gery word nie. Dit was immers Sir Jim Ratcliffe se droom om met die ikoniese konsep voort te gaan en dit net te laat moderniseer.

Uiteindelik is dit presies wat die Ineos Grenadier is.

Die ‘Grenadier’ naam mag dalk vir vele ietwat onbekend wees, maar is uitendelik ’n produk van vele bekende en gevestigde name. Ineos, ’n suksesvolle chemiese maatskappy, besit heelwat aandele in Mercedes-Benz en borg ook dus die Formule 1 span sedert 2020. Soortgelyk dra die Grenadier ook suspensie en onderstel dele van Magna Steyr, dieselfde maatskappy, wat onderandere verantwoordelik was vir die ikoniese Mercedes-Benz G-klas (asook die Toyota GR Supra, BMW Z4, Jaguar I-Pace en die Mini Countryman.

Soortgelyk het die Grenadier ook BMW petrol- en diesel enjins, ’n ratkas van ZF, Brembo remme, en ’n Eibach suspensie.

Die Grenadier lyk dalk oud, maar is geweldig gemaklik en modern

Die Grenadier, nes ander Magna Steyr produkte, is nie noodwendig gefokus op massa produksie nie. Die Grenadier is eerder gefokus op die eksklusiewe 4×4 mark, terwyl ander groot SUVs in die segment deesdae meer gefokus is op algehele gemak in die dorp en op teerpaaie.

Moet ons egter nie vekeerd verstaan nie, die Grenadier is uitekend op die oop pad, te danke aan daardie BMW diesel enjin en ZF outomatiese ratkas; dog is dit selfs nog beter op die grondpad en ‘moeiliker’ paaie.

Die 3.0L turbodiesel enjin (B57) verrig 183kW en 550Nm, wat seepglad hardloop op die hoofweg. Te danke aan die 8-spoed ZF ratkas, bly die revolusies meestal onder die 2000 opm merk. Terwyl die turbopetrol Grenadier model (210kW / 450Nm) dalk ratser mag wees, het die turbodiesel geensins geskroom om vinnig tot by die Nasional spoed te kom nie. Natuurlik is die klank van die reguit 6-silinder ’n fees vir die ore.

Vir ’n voertuig, wat so sterk gefokus is op 4×4, kon daar geen fout gevind word met die Grenadier se algehele padhouvermoë nie. Vir so ’n swaar (2.7 ton) en blokvormige voertuig, was dit dus verrassend om ‘n 0-100km/h tyd van minder as 10 sekondes te kry.

Maar, alles gaan nie oor spoed nie, en beslis nie met ’n voertuig soos die Grenadier nie. Dus is die B57 enjin ietwat ‘versag’ om betroubaarheid te prioritiseer.

Met meeste nuwe voertuie is die uitleg van ratkaste die grootste irritasie. Gelukkig, nes met die besluit oor die ‘versagtende’ B57 enjin, het Ineos besluit om nie die Grenadier noodwendig sporttief te maak nie, en met goeie rede. Die ZF 8-spoed ratkas in hierdie Grenadier is die beste wat ons getoets het in ’n paar jaar.

Met die ZF ratkas, wat laer revolusies behou, is die brandstof verbruik ook onder die 10L/100km merk, ’n uitstekende getal vir hierdie grootte voertuig (wat permanent in 4-wiel trek is).

Die Grenadier is ook nie bang vir 4×4 roetes nie. Gekleed met BF Goodrich bande, sowel as voor- en agter ewenaarslotte, ’n leer onderstel, en ‘n 264mm ryvlak hoogte, is die Grenadier perfek vir die bosveld. Die Grenadier kan selfs 80cm diep in water ry, het ‘n 35.5 grade naderingshoek, ‘n 28.2 grade breekhoek, en ‘n 36.1 grade vetrekkingshoek.

’n Laestrek rat is ook beskikbaar, maar soos ons redakteur in Skotland agtergekom het, is dit skaars nodig, siende dat die Grenadier uitmuntend is op enige 4×4 terrein.

Is die binneruim darem ietwat modern?

Natuurlik sou daar verwag word dat die Grenadier blikkerig moet wees, maar inteendeel, is die binneruim uitstekend geisoleer en word die bandgeraas op die teerpad bykans gehoor. Dog, vir so ’n groot en swaar voertuig, maak dit sin dat die stuur swaar sal wees. Moenie verwag dat die Grenadier soos ’n warm klein luikrug gaan hanteer nie.

Die binneruim voel soos die perfekte kombinasie tussen oud- en modern. Met ’n kontrole paneel teen die dak, voel die Grenadier se binneruim meer soos dié van ’n groot vliegtuig. Vir enigiemand, wat hou van knoppies druk, is hierdie hemels!

Die binneruim is ’n sinnergie van oud en nuut, met ’n BMW ratwisselaar, Recaro sport sitplekke, ’n veeldoelige stuurwiel (selfs met ’n sagter blaser vir fietsryers / drawwers), leer-bekleedte sitplekke vir 5, ’n informasie sisteem met Apple CArPlay / Android Auto (draadloos), USB-A en USB-C punte, en selfs ’n uitstekende klanksisteem.

Verder is die kajuit beslis goed deur dink, met ’n kompas net onder die informasie paneel, twee safari sondakkies (net vir Suid-Afrikaanse modelle), verhitte sitplekke, ’n trurat kamera, verhitte syspieëltjies, en ‘n 400W opwekker.

Die dakpaneel skakelaars is nie net vir skou nie. Hier kan insittendes die ewenaarslotte en verskillende 4×4 modes stel, afdraend bystand aktiveer, en die buiteligte aanskakel.

In terme van spasie sal vel dalk frons oor die feit dat die Grenadier net 5 sitplekke het, maar in ruil hiervoor het die tweede ry ’n enorme hoeveelheid beenspasie, sowel as 1152L se bagasie plek (kan vergroot word tot 2035L).

Ineos het selfs sover gedink as om die binneruim met ’n kombinasie van plastiek en rubber uit te lê, inplaas van mat, wat vinnig sal vuil word in die modder of sand.

Die Ineos Grenadier mag dalk onbekend klink, en soos ’n ou Defender lyk, maar wees versekerd, hierdie is ‘n 4×4 van formaat! Die Ineos Grenadier is als behalwe vervelig, en net nog ’n voertuig op die pad.

Dink maar net aan ander Magna Steyr modelle, soos die G-wagon, die Supra GR, BMW Z4 en Jaguar I-Pace. Hierdie is eksklusiewe voertuie, gemik daarop om emosie te ontlok. Hierdie is presies wat die Grenadier is!

Ons Grenadier 3.0TD Trailmaster kom (soos alle ander Ineos produkte) met ‘n 5-jaar / 100 000km waarborg, en kan selfs nou (Maart 2025) teen ‘n -3% prima rentekoers gefinansier word. Die prys op hierdie stadium is R1 862 100 vir die voertuig.

Leave a Comment