By Galimoto Media en NamWheels is ons bevoorreg om al amper alle Isuzu’s op die mark te kon toets. Hoewel die vervaardiger sterk mededinging van Toyota, Ford , Mahindra, en nou ook al die Chinese inkomers kry, bly dit steeds ’n Suider-Afrikaanse gunsteling. Bloot as gevolg van Isuzu se “kan-nie-dood” reputasie.

Isuzu se 3.0L diesel enjin mag dalk ’n skrale (in vergelyking met diegene soos Ford en Volkswagen) 140kW en 450Nm hê, selfs in die reusagtige AT35 model; tog is dit voldoende om te sleep en as ’n werkesel te dien.

Isuzu se bakkie model reeks is onlags egter aansienlik uitgebrei, met die vervaardiger wat nou 16 verskillende bakkies aan die mark bied. Pryse strek tussen R555 900 tot R1 170 339 en sluit verskillende bakkies, vir veelvoudige doele in.

Ons mees onlangse toets was met die vierde goedkoopste (R610 300) model in hierdie reeks, naamlik die D-Max 1.9TD D/C LS Outomaties 4×2. Terwyl die 4×4 weergawe ongeveer R81 400 meer kos, het ons nogals heelwat van hierdie 4×2 model gehou.

Die kleiner 1.9L turbodiesel enjin verrig 110kW (teen 3 600opm) en 350Nm (tussen ’n baie lae 1 800 en 2 600 opm). Hoewel dit opvallend is dat die 1.9L ietwat luier is as die 3.0L, is die verhouding met die brandstof tenk wel veel vriendeliker.

Die 1.9L gee ’n algehele brandstof verbruik van 8.1L / 100km, terwyl die 3L modelle meer as 10L/100km gee, met die AT35 wat nader aan 11L/100km is. ‘n 76L tenk verseker dat brandstof stasies meestal besoek sal word om die bene te strek, eerder as om brandstof in te gooi.

Beplan mooi en ry ligvoets, en die 1.9 Ddi enjin sal jou van Johannesburg tot in Kaapstad (1 452km) ken neem op een enkele tenk. Dit is presies wat Isuzu self in 2023 gedoen het, met ’n gemiddelde gebruik van 5,58L/100km.

Nog ’n voordeel is dat hierdie einste model ’n effektiewe 6-spoed outomatiese ratkas insluit. Hierdie verseker dat die rit binne, en buite die dorpe egalig is, met revolusies, wat selde oor 2 300 opm gaan (onder 120km/h natuurlik) op die oop pad. Perfek vir effektiewe brandstof verbruik.

Die kleiner enjin beïnvloed ook nie regtig die bakkie se sleep en trek vermoëns nie, met die 1.9L, wat amper 1.1 ton se gewig kan dra, en 2.1 ton kan sleep. In vergelyking sal die 3L bakkie minder as ’n ton kann dra, maar wel 3.5 ton kan sleep. Dog is die 1.9L perfek om groot kamp sleepwaens of karavane te sleep; terwyl die 3L meer gepas is vir groot plaas implimente.

Siende dat die LS model laer op die pryslys is, is daar ’n paar tekortkominge, soos die halogeen hoofligte, klimaat beheer, en die die werkskajuit, wat met ’n sleutel oop en toe gesluit moet word. Hierdie is egter nie noodsaaklikhede nie.

Pleks kom die voertuig met die nodigste, soos lugversorging, vier elektroniese verstelbare vensters, ’n leer-bekleedte multi-funksionele stuurwiel, spoed beheer, parkering sensors en selfs ’n trurat kamera, wat op die 7-duim raakskerm verskyn.

Die interne informasie sisteem het selfs Bluetooth, voor- en agterste USB punte, sowel as Wifi konneksie.

Die bekostigbare prys sluit ook veiligheids aspekte in soos 7 lugsakke, stabiliteits beheer, Isofix punte, en ABS met EBD.

Soos reeds genoem, probeer Isuzu om ’n bakkie vir elke verbruiker te bied. Vannaf die simplistiese enkelkajuit werksesel, tot en met die uitspattige AT35 model, bied Isuzu iets vir almal.

Hoewel die D-Max 1.9 LS die goedkoopste “familie” bakkie in die model reeks mag wees, word dit egter gesien as waarde vir geld. Elk van die Galimoto Media joernaliste het geweldig baie van hierdie bakkie gehou. Ja, dit mag dalk ietwat lui wees, maar is ’n mark, waar sente daagliks omgedraai moet word, maak hierdie bakkie absoluut sin.

dit is die perfekte bakkie