#ItJustGetsBrezza – ‘n waardige hutsteken vir die nuwe Vitara Brezza

Suzuki het onlangs die nuwe Vitara Brezza aanlyn in Suider-Afrika bekendgestel. Die vervaardiger het nie geskroom om te noem dat hierdie een van die mees suksesvolle verkopers in Indië is, die vinnigste verkoopte Suzuki nog was, en die Indiëse Voertuig van die jaar was. Net voor die koms van die hernude model na Suid Afrika, het dit reeds 600 000 eenhede in net minder as drie jaar verkoop. Nou in Suider-Afrika, lyk dit of hierdie statistieke sterk voortgesit sal word.



Hoe meet dit teenoor die einste Vitara?

Nie net lyk die Brezza ietwat soos die Vitara nie, maar dra dit ook dieselfde naam. Waar die Vitara verkoop word tussen R310 900 en R426 900, word die Vitara Brezza tussen R244 900 en R309 900 verkoop. Dus is die Vitara Brezza ‘n voorganger van die einste Vitara model.

Hoewel dieselfde 4-jaar / 60 000km diensplan en 5-jaar / 200 000km waarborg vir beide modelle geld, verskil die twee ietwat. Die Vitara Brezza is 180mm korter, 15mm breër en 30mm hoër as die Vitara. Hierdie beteken dat die Vitara Brezza se petroltenk ‘n liter meer brandstof kan neem (48 liter), maar egter 47 liter minder bagasie kapasiteit het (met die agterste ry sitplekke opgeslaan).

In terme van krag lewering, kom die Vitara Brezza net met ‘n 1.5 liter petrol enjin, waar die Vitara met ‘n kragtige turbo-petrol 1.4 liter of 1.6 liter enjin verkoop word. Waar die Vitara 86kW / 158 Nm (1.6 VVT) of 103kW / 220Nm (1.4 Boosterjet) uitskop, lewer die Vitara Brezza 77kW (teen 6000 opm) en 138 Nm (teen 4400 opm). In terme van brandstof-verbruik, lewer al drie van hierdie enjins ‘n syfer van 6 liter / 100km.

Waar al drie van hierdie enjins (veral die 1.4 Boosterjet) baie kragtig is teen hoë revolusies in die stad, hardloop die Vitara Brezza se 1.5 liter egter teen 4 000 opm op die oop pad (teen 120km/h). Dit is glad nie negatief nie en het ons gevind dat die 5-spoed handrat-weergawe maklik verkeer kan verbysteek.

Waarom nie dan maar net ‘n Vitara Brezza koop in plaas van die Vitara?

Terwyl die Vitara Brezza volgens ons ‘n leier in die klas segment is, is dit steeds die moeite werd om ‘n klein bietjie meer uit die sak te haal, sou die finansies dit toelaat. Die Vitara self is stewig op die pad en maklik hanteerbaar, maar word volgens my gesien as primêrlik ‘n stedelike voertuig, wat nou en dan op die oop pad geneem sal word.

Die grootste verskil kon egter op die grondpad agtergekom word. Hier neem die Vitara by verre die kers en voel dit net meer stewig en gevestig. Dis egter nie te sê dat die Vitara Brezza nie die grondpad kan aandurf nie. Met ‘n hoë banddruk het ons die ietwat ongewensde sinkplaat pad tussen Paternoster en St Helena aangevat. Hier het die dun, 16-duim allooi-wiele en 198mm ryvlak geweldig gehelp om die sanderige pad aan te durf.

Terwyl die algehele pakket vir beide Vitara Brezza modelle uitstekend is, is die binneruim van die Vitara egter beter afgewerk en is daar ook minder windgeraas, wat deurkom op die oop pad.

Die Vitara is nou wel ‘n meer soliede produk (binne en buite) en het dalk ‘n beter NCAP veiligheids-gradering; maar wanneer die prys-teenoor-produk balans ingereken word, sal die Vitara Brezza wegloop met eerste plek.

Suzuki het dit reggekry om elk van die Vitara Brezza modelle met ABS met EBD, twee lugsakke, sowel as ‘n 7-duim informasie-stelsel (met selfoon-konneksie) uit te bring. Soos reeds genoem in ons bekendstellings-artikel, gebeur dit selde dat ‘n vervaardige ‘n voertuig teen hierdie prys uitbring terwyl daar aan vermaaklikheids- en veiligheids-standaarde voldoen word.

Neem ook in ag dat die Vitara Brezza begin teen net R20 000 duurder as die duurste (handrat) Ignis, plus ‘n NCAP gradering van 4-sterre, en die besluit is ietwat logies.

Ons GLX handrat weergawe het die standaar outomatiese klimaat beheer, verkoelde handskoen kompartement, ‘n start / stop enjin funksie, vier elektriese vensters, spoed-beheer en elektriese voubare syspieëltjies ingesluit.

Suzuki gereed vir meer sukses!

Ons het reeds herhaaldelik genoem hoe suksesvol die Suzuki handelsmerk in Suider-Afrika geword het in net meer as ‘n dekade. ‘n Onstabiele ekonomie maak dit nie maklik vir die voertuigmark of kopers nie, maar dit bleik dat Suzuki die resep regkry.

Met die nuwe Vitara Brezza mag die Japanese handelsmerk se rekord van 2 100 verkope (Februarie 2021) dalk net weer gebreek word. Ons vertrou egter dat die rekord die keer eksponensieël gaan groei.

Leave a Comment