Jimny 5-deur ’n wenner
In 2018 het die nuwe vierdie-generasie Jimny die mark met ’n storm getref. ’n Vakansie verlenging was nodig na ons Desember toets met die voertuig, siende dat ons konstant besig gehou is deur aanhangers. Ons mees onlangse Desember toets met die nuwe 5-deur Jimny het ’n gevoel van Déjà vu gebring; en met goeie rede.
Tydens die 5-deur (oftewel die “Jimny XL” soos elders bekend) se bekendstelling in November, het Suzuki SA bevestig dat 11 090 Gen4 Jimnies verkoop is sedert 2018. Om hierdie in perspektief te plaas, het die die vervaardiger net 9323 Gen3 Jimnies verkoop sedert 2008. Na ons onlangse toets voel ons egter dat die nuwe 5-deur dalk die 3-deur Gen4 se rekord sal breuk.
Dit kom nadat Suzuki na hul aanhangers se vrae geluister het, en ’n langer weergawe vervaardig het, wat nou 340mm langer is en dus 211L se bagasie kan inneem sonder om die agterste banke op te slaan. Natuurlik is daar ook vele nuwe tegnologiese opgraderings om net die 5-deur nog meer aanloklik te maak.
In hierdie artikel sal ons ten volle na al die voor- en nadele van die nuweling kyk.
Tekortkominge
Laat ons eers die slegte uit die weg kry. Meeste bring eerste die 1.5L Petrol petrol enjin in die gesprek. Hierdie enjin verrig 75kW (teen 6 000opm) en 130Nm (teen 4 000opm). Vele voel dat hierdie heeltemal te min is, of dat ‘n 6de handrat of 5de outomatiese rat benodig word vir die langpad. Lees gerus een van ons ander onlangse Engelse artikels, waar hierdie punt bespreek word.
In kort sal ’n grootter enjin en nuwe rat verhouding, die eintlike eienskap van die Jimny (naamlik 4×4) versteur. Die Jimny is sedert die 1970s nog nooit vervaardig om meeste van die tyd op hoofweë te spandeern nie. Eerder is die Jimny vervaardig om onoorwonne in die bosveld en in sand te wees.
Persoonlik vergelyk ek dit graag met ’n Mazda MX-5. As pakplek een van jou voertuig vereistes is, is die klein Miata nie vir jou nie. As pret is waarna jy soek teen ’n bekostigbare prys, mag hierdie dalk net een van jou eerste keuses wees. Die saak is soortgelyk met die Jimny. Elke rit bring ’n glimlag na vore.
Bygesê was ek geweldig ingenome met die 5-deur se padhouvermoë. Met 40km se oop pad op die N2 een aand, kon ons die langer Jimny konstant teen 120km/h hou. Hoewel die revolusies steeds teen 3 500 opm staan, was die 5-deur se enjin klank in die kajuit veel stiller, terwyl die 340mm verlenging duidelik die voertuig se stabiliteit verbeter het.
Neem dit rondom die R44 kus roete in die Wes-Kaap in stormsterke wind, en die Jimny voel nie veel anders as meeste klein luikrugte nie. Die 3-deur Jimny in hierdie toestande mag egter meer sukkel.
’n Tweede en laaste tekortkoming is dat die agterste sitplekke nie ten volle opslaan nie. Die Jimny gemeenskap kom egter altyd vinnig met ’n antwoord vorendag en dit sal nie lank neem vir ’n maatskappy om platforms te skep, wat die kattebak gelyk sal maak nie (soos in die 3-deur GLX).
’n Laaste opmerking is dat die vier deuren ie vanself sluit nie. Die bestuurder moet eenvoudig hul eie deur sluit, wat dan outomaties die ander 4 sal sluit. Daar is egter vele opsies vir Jimny eienaars om hierdie elektroniese aparaat aan te koop en dit eenvoudig net te koppel aan die sekeringskas. Gaan kyk gerus na webtuistes soos zombieoffroad.co.za of theaccessoryshop.co.za vir meer inligting.
’n Fokus op die eintlike doel van die Jimny
Dit is duidelik waarom Suzuki nie vir Toyota toegelaat het, om die Jimny (of die Swfit) na te boots nie. Terwyl Toyota vrylik hul embleem op ander Suzuki (Maruti) kan plaas, is die Swift en Jimny nie net van Suzuki se mees gewilde voertuie nie, maar ook hul mees ikonies.
Dit is geen wonder dat die 5-deur Jimny die verkose 4×4 onder die R500 000 merk is nie, en huidige inflasie koerse maak hierdie segment redelik klein. Die Jimny 5-deur mag dalk nie so luuks soos die top-spesifikasie 1.5 GLX 6AT Hibriede AllGrip voertuig wees nie, maar sal beslis meer avontuur verskaf teen ongeveer R50 000 minder.
Suzuki het seker gemaak dat avonturiers steeds van die nuutste tegnologie tot hul beskiking het, maar dat dit nie die hoof fokus van die voertuig is nie. Dit is juis om hierdie rede dat Suzuki die informasie raakskerm vergroot het na 9-duim (in vergelyking met die 7-duim skerm in die 3-deur GLX), terwyl die informasie ook nou draadloos ’n foon kan optel met Wifi en Bluetooth. Hoewel ’n draadlose laaiplatform afwesig is, is die doel van die Jimny nie om die nuutste luukse Range Rover te wees nie.
Soortgelyk is die LCD skerm agter die stuur ook nou verander na ’n wit skrif, wat meer uitstaan, en ook lewendige brandstof verbruik toon, sowel as sitplekgordel sensors, en waarskuwings om te wys watse deure nog oop is.
Beide die GLX en GL modelle kom ook met trurat kameras en sensors. Beide vertoon die kamera beeld goed; selfs op die GL se kleiner 7-duim skerm. Die GLX 5-deur kom selfs met ’n hoogte verstelling vir die LED-hoofligte, om nie aankomende verkeer te verblind nie.
In terme van veiligheid kom die GLX ook met 6 lugsakke, waarvan 2 in die voorste kajuit is, en 2, langwerpig teen die 4-deure.
“Wild Camping” oftewel “wilde kampering” is die nuwe mode, maar vereis meestal ’n betroubare voertuig, wat orals kan ry. Gelukkig het die Jimny nie hierdie beperking nie. Die 5-deur het dus ook ‘n 12-volt punt in die kattebak om te help met die laai van toestelle, soos onderandere kamp yskaste.
Vir twee persone in die 3-deur is ‘n 35L of 50L kamp yskas geen probleem nie, siende dat die agterste sitplekke hiervoor afgeslaan sal moet word. In die 5-deur, kon ons dit egter regkry om selfs ‘n 70L yskas in die kattebak te plaas, sonder om die agterste sitplekke plat te slaan.
Die agterste 12-volt punte het nou selfs ’n lig by, om te help in die donker.
Jimny kopers, wat egter meer belangstel in die 4×4 aspek van die voertuie sal bly wees om te weet dat die R28 000 verskil tussen die GL en GLX net estetika behels. In terme van 4×4 verrigtinge, is beide modelle identies.
Dus is dit merkwaardig dat Suzuki ‘n 5-deur Jimny in die mark in geloods het teen net R429 900 (vir die 5-deur GL model). Gepaard met die ikoniese ALLGrip sisteem, kan die (oftewel alle) Jimnies van 2-wiel trek (vir beter brandstof verbruik), verander na 4-wiel trek vir nat- en grondpaaie, sowel as 4-wiel laestrek.
Die laasgenoemde was ons verkose ratkeuse tydens die Jimny-5-deur se bekendstelling, siende dat ons omtrent net in sagte rivier beddens rondgery het. Nie een van die 14 Jimnies het een keer in die sand vasgeval nie.
’n Verdere funksie, wat my kollega verstom het (nes dit my ook verstom het tydens die 2018, 3-deur bekendtelling), was die “Hill Hold” en “Hill Decent” funksies. Die eersgenoemde laat toe dat die voertuig nie sal ‘rol’ teen afdraande nie, maar egter outomaties die koppelaar sal verstel volgens die steilte.
K53 bestuurs lisensie beamptes is mal daaroor om studente te ‘dop’ wanneer hulle teen ’n steilte rol. Kry of leen gerus ’n Jimny vir die dag en hierdie sal nie ’n probleem wees nie.
Verder kan die “hill descent” funksie help om die voertuig outomaties teen steiltes te laat af ry, met die bestuurder, wat net nodig het om die stuur te hanteer. In normale 4-wiel trek sal die voertuig teen niks meer as 10km/h kruip nie, terwyl die laestrek rat dit sal verminder na 5km/h.
Vir ‘n 4×4 in hierdie prysklas, en met hierdie tegnologie, is dit amper ongehoord van. Suzuki het duidelik daarop gefokus om die Jimny ’n egte 4×4 te hou, eerder as om op die beste en nuutste “media” tegnologie te fokus. Hierdie (as ’n persoonlike opinie), behou die kern ideologie van die Jimny.
Laastens het die 340mm verlenging van die 5-deur (teenoor die 3-deur) ook nie veel gedoen aan die algehele 4×4 verrigtinge nie, siende dat die 5-deur ’n intree gradiënt van 36 grade (3 minder as die drie-deur), ’n breekhoek van 24 grade (4 minder as die 3-deur) en ’n uitgangs hoek van 47 grade (2 minder as die 3-deur) het.
Die 5-deur het dalk 5 jaar geneem om sy verskyning te maak, maar was immers die Japanese vervaardiger se maak-of-breuk besluit. Sonder noukeurige beplanning, kon die 5-deur die Jimny naam in gevaar stel. Gelukkig het Suzuki die 5-deur se ontwerp uitstekend beplan, en het die 5-deur uiteindelik die Suzuki naam net na verdere hoogtes geneem; ’n punt, wat ons duidelik onlangs ervaar het.
Die 5-deur het dit reggekry om nogsteeds die Jimny ‘oulik’ te hou, dog ’n gerekende 4×4 maatstaf vir ander vervaardigers, terwyl twee ekstra deure, ekstra spasie, en beter padhouvermoë ook daarmee bygevoeg is.
Ons kan uiteindelik diegene, wat nog altyd in ’n Jimny belangestel het, goed gerusstel. Die Jimny 5-deur is geensins ’n kopkrapper nie. Dit neem geensins die einste bestaans etiket van die 5-deur weg nie, terwyl dit ook nou veel meer prakties is. Suzuki het dit asteware reggekry om die ‘Jimny’ naam te versterk.
FANTASTIES EK IS MAL OOR HIERDIE NUWE JIMNY BAIE DANKIE OOK VIR DIE PUIK FOTO’S !! 🙂