Nuwe Brezza tref die Suider punt van Afrika

Bekenstellings artikel: Suzuki Brezza

Suzuki het oor die afgelope jaar of twee hulself verstom met uitmuntende verkoop syfers. Hierdie is te danke aan ‘n volhoubaarheid in goeie produk lewering reg deur die Suzuki reeks. Met die Espresso, Ignis en Vitara, wat in eie reg goeie verkopers is in die kompakte SUV mark, stel die vervaardiger nou hul nuutste verkoper bekend; die Suzuki Brezza.



Afkomstig vannuit Indië, is die Brezza in 2016 geloods. ‘n Onmiddelikke treffer, het die Brezza die vinnigste Suzuki verkoper geword, wat 500 000 kliënte gevind het. Tot op hede, het Suzuki meer as 600 000 van hierdie eenhede, wêreldwyd verkoop. Dit is gelykstaande aan 10 000 eenhede per maand, of  14 elke uur (inaggenome dat ‘n verskaffer vir 24 uur elke dag oop is).

Gesien as die beste kompakte SUV in Indië, is dit ook as die voertuig van die jaar bekroon in 2017.

En net voor die Brezza se koms na Suider Afrika, het dit ‘n groot vernuwing ondergaan, gereed vir die Internasionale mark.

So waarom dan die groot boehaai?

Suzuki Suid Afrika het vandag amptelik die voertuig bekend gestel en alhoewel ons by NamWheels.com dit nog moet toets, is ons reeds oortuig dat hierdie ook ‘n plaaslike treffer sal wees.

Suzuki sal twee modelle inbring, waarvan kopers ‘n keuse sal hê tussen ‘n 4-spoed outomatiese- en 5-spoed hand ratkas. Gedryf deur die bekende K15B 1.5 liter enjin, sal die Brezza 77kW en 138Nm lewer en selfs ‘n brandstof verbruik van 6.2 liter / 100km lewer; genoeg om ‘n vol tenk na 770km te neem.

In terme van syfers is die Brezza net onder 4 meter lank, 1.8 meter wyd en 1.6 meter hoog. Verder het dit ook ‘n ryvlak hoogte van 198mm. Elk van hierdie syfers dui dus daarop dat hierdie twee wiel aangedrewe voertuig meer as toegerus sal wees vir die grondpad, sowel as die klein en noue spasies van die stad.  

Verder sal die kattebak ongeveer 320 liter se bagasie kan stoor, met die agterste sitplekke, wat self snog meer stoorspasie sal toelaat.  

Die duurste van die Brezza modelle, die GLX, kry LED dagligte, hoofligte en agterligte, sowel as 16-duim allooi wiele.

Verder sal kopers ook ‘n keuse hê tussen 6 kleurskemas, waarvan 3 ‘n dubbele kleurskema sal wees.  

Beide die GL en GLX modelle sal verkoop word met outomatiese klimaat beheer, terwyl die GLX model ook ‘n verkoelde handskoen kompartement, ‘n start / stop enjin funksie sowel as spoed beheer.

Wat egter vir ons uitstaan op papier is die feit dat elk van die Brezza modelle ‘n 7-duim informasie paneel sal huisves (met android auto, Apple CarPlay, ‘n trurat kamera en Bluetooth), sowel as lugsakke en ABS (met EBD). Dit is min dat bekostigbare modelle ‘n eweredige balans tussen vermaak en veiligheid vind teen ‘n goeie prys.

Die Brezza bleik dit, het hierdie goed reg gekry. Met twee voorste lugsakke, klimaat beheer, ABS met EBD en BAS, ISOFIX punte, elektriese vensters en voubare syspieëltjies as standaard; kan ons net insien dat hierdie ‘n uitmuntende verkoper sal wees.

Hier volge die pryse van die Brezza; elk met ‘n 5-jaar / 200 000km waarborg:

  • 1.5 GL Manual: R244 900
  • 1.5 GL Automatic: R264 900
  • 1.5 GLX Manual: R289 900
  • 1.5 GLX Automatic: R309 900

Leave a Comment