Die winskoop
Die finansiële druk om deesdae ‘n voertuig van punt A tot B te neem, raak al swaarder. Eerstens het die aankoopprys van voertuie oor die afgelope paar jaar drasties gestyg, met ons brandstof pryse wat ook nie veel help nie. Is daar dan tans ‘n voertuig op die mark, wat kop-bo-skouers uitstaan in terme van brandstofverbruik, en steeds kan voldoen aan die veriestes om genoeg individue en bagasie te huisves?
Teensy jy ‘n Tesla op hierdie stadium kan bekostig, is die kanse maar skraal om ‘n brandstof aangedrewe voertuig te kry wat aan al die bogenoemde opsies voldoen.
Ford het ons egter die afgelope week baie verras met hul nuwe Fiesta 1.5 TDCi Trend. Kom ons verwys sommer dadelik na die positiewe. Die uitstaanpunt van hierdie voertuig is eerstens brandstofverbruik en tweedens krag (torque). Ons standaard ekonomiese toetsroete, wat oor 44km se hoofweë strek en stop-staan verkeer insluit, het ons by die huis gebring met ‘n brandstof (diesel) verbruik van 4.0 liter per 100km.
Neem die voertuig op die langpad teen ‘n konstante 120km/h en die 1900 opm sal ‘n gemiddelde brandstofverbruik van 3.7 l / 100km toelaat. Dit is min dat ons onder die vervaardiger se gemiddelde brandstofverbruik kom op hierdie roete.
Teen hierdie revolusies word die enjin skaars gehoor en net effense bandgeraas dring die kajuit binne.
Laat gravitasie toe om meer druk op die regterpedal te plaas en die 63 kW en 175 Nm word goed benut, met selfs sesde rat wat nie eers sukkel om die voertuig vining op spoed te kry nie. (Galimoto 0-100 test). Na ‘n kort 20km in besige dorpsverkeer, waar brandstofekonomie nie van belang was net, het selfs ‘n syfer van 5l / 100km ons teen stilstaan begroet.
Punt twee verwys natuurlik na die ruimte binne die voertuig self. Met die bagasiespasie, wat nie vreeslik indrukwekkend is teen 303 liter nie, dui die 984 liter met die tweede sitplek ry plat, daarop dat agterste passasiers wel baie beenspasie het. Die voertuig is ook breed genoeg vir drie jong tieners om langs mekaar te sit. Hierdie is te danke aan die Fiesta, wat nou 71mm langer en 13 mm wyer is.
Een nadeel egter is die hol plastiekafwerking aan die binneruim se deurpanele. Die res van die afwerking is eintlik relatief goed hierteenoor, met die nuwe Trend wat ook aangepas is met vele ander nuwe tegnologie.
Die Trend het ‘n 6.5 duim streelpaneel, wat vir ons een van die gemaklikste op die huidige mark is. Die Trend sluit ook ‘n veelvoudige stuurwiel in met ander tegnologie soos Apple CarPlay, bloutand, twee USB punte, sowel as ‘n goeie ses-luidspreker klanksisteem, wat enige tiener se adrenalien ‘n hupstoot kan gee.
In terme van veiligheid is daar ook vier lugsakke standaard, ABS, EBA, EBD, bult-stilstaanhulp en trurat sensors.
Ons Trend toetsvoertuig val presies in die middel van die Fiesta model reeks, met die prys wat teen R 292 500 (vier jaar / 120 000km waarborg , en drie-jaar/ onbepaalde afstand pad bystand , vyf-jaar / onbepaalde km roes waarborg, vier-jaar / 60 000 km diensplan) staan.
Vir hierdie voertuig is hierdie prys glad nie sleg nie. Ja, die deur panele se afwerking mag miskien nie sulke goeie kwaliteit wees nie, maar met al die ekstra’s as standaard, uitstekende ry gemak, min padgeraas, veeldoelige spasie, en natuurlik die onverklaarbare brandstof verbruik, kan ons nie help om hierdie voertuig as ‘n winskoop te klasifiseer nie.
Fiesta reeks pryse:
1.0 EcoBoost Trend 6 (handrat) R261 900
1.0 EcoBoost Trend 6 (Outomaties) R277 300
1.5 TDCi Trend 6 (Handrat) R 292 500
1.0 EcoBoost Titanium 6 (handrat) R 295 900
1.0 EcoBoost Titanium 6 (outomaties) R310 600
Teks: Franco Theron
Foto’s: Galimoto Media
Performance:
0-10km/h: 0,60 seconds
0-20km/h: 1,12 seconds
0-30km/h: 1,73 seconds
0-40km/h: 2,55 seconds
0-50km/h: 3,59 seconds
0-60km/h: 4,63 seconds
0-70km/h: 5,79 seconds
0-80km/h: 7,52 seconds
0-90km/h: 9,11 seconds
0-100km/h: 10,98 seconds
0-110km/h: 12,99 seconds
0-120km/h: 15,77 seconds
0-130km/h: 18,86 seconds
0-140km/h: 22,54 seconds
0-100m: 7,46 seconds @ 79,68km/h
0-200m: 11,40 seconds @ 102,09km/h
0-300m: 14,68 seconds @ 116,60km/h
0-400m: 17,64 seconds @ 126,17km/h
100-0km/h: 3,07 seconds @ 40,85 meters (once-off)
Maximum deceleration G-force: 1,14G
0-10mph: 0,92 seconds
0-20mph: 1,90 seconds
0-30mph: 3,41 seconds
0-40mph: 5,12 seconds
0-50mph: 7,59 seconds
0-60mph: 10,35 seconds
0-70mph: 13,60 seconds
0-80mph: 18,46 seconds
0-90mph: 24,59 seconds
Maximum acceleration G-force: 0,74G
Altitude: 60m
All data captured by Racelogic® Performance Box
1 thought on “Padtoets: 2018 Ford Fiesta 1.5 TDCi Trend”