Padtoets: 2018 Peugeot GT Line 208

Peugeot se nuwe wakker 208

Peugeot het nog altyd ‘n oog vir interresante ontwerpe gehad en die nuwe 208 GT-Line is geensins anders nie. Met ‘n kleiner en kragtiger enjin, beter brandstof ekonomie en ‘n algehele goeie prys, het die GT-Line ons nogal onkant betrap.

Die gedreun van die nuwe drie silinder enjin is iets wat al meer bekend raak in die klein-sportiewe motor mark. Veral inaggenome dat die nuwe tendens om klein, maar kragtige enjins te ontwikkel. Die nuwe 208 GT-Line 1.2 (PureTech BVM 81kW Turbo MT) is dan die vervaardiger se poging om ‘n markaandeel hier te kry.

Met die GT-Line, wat nou Peugeot se top 208 model in Suid-Afrika is, verskaf hierdie spesifieke model 81kW en ‘n uitstekende 205Nm. Hoewel die 0-100km/h tyd net skrams onder die 10 sekonde merk is, gee hierdie spesifieke model ‘n brandstof verbruik van net meer as 5 liter per 100km. Die vyf-spoed (handrat) ratkas laat ook toe dat die enjin revolusies nie veel hoër as 2000 opm hardloop nie.

Dit, tesame met redelike goeie binneruim klankdigtheid, maak dat die 208 GT-Line eintlik baie gerieflik en stil is op die oop pad. Effense lawaai word opgetel deur die grotter sportiewe wiele, maar eintlik is selfs hierdie sag genoeg.

In terme van die binneruim is die voertuig ook goed uitgerus met sportiewe leer bekleedsel, oorgenoeg beenspasie vir al vier insittendes, sowel as ‘n goeie sentrale streelpaneel met bloutand en USB konnektiwiteit. Elektroniese vensters word ook standaard uitgebring saam met elektroniese kragstuur, lugversorging (klimaat beheer), ‘n yskas (binne die sentrale kabinet) en outomatiese hoofligte en reën ruitveërs.

Hiermee saam kom ook LED dag ligte (voor en agter), wat meer prominent gemaak word met Peugeot se nuwe ikoniese drie lyne in die agterligte. 17-Duim Caesium allooi wiele rond die nuwe en sportiewe pakket af.



In geheel is die nuwe 208 GT-Line baie goed geprys vir die mark. Met ‘n uitstekende brandstof ekonomie, goeie beenspasie / stoor spasie en ‘n nuwe en sportiewe voorkoms, is die 208 GT-Line eintlik een van die voorlopers in die nuwe klein-sportiewe-luikrug segment.

Die 208 GT-LINE is perfek vir die knap stedelike draaie, sowel as die familie uitstappies langs die kus.  Peugeot het voorwaar ‘n wen-pakket beet.

Elk van Peugeot se nuwe modelle (3) kom ook uit met ‘n drie-jaar / 100 000km waarborg en ‘n drie-jaar / 45 000 km diensplan.  Elk van die modelle kom ook uit net in handrat en mag dalk tyd neem om aan gewoond te raak, siende dat die koppelaar redelik hoog vat.

Prys:

208 ACTIVE 1.2 PureTech BVM 60kW (handrat)                          R 224 900
208 ALLURE 1.2 PureTech BVM 60kW (handrat)                          R 239 900
208 GT-LINE 1.2 PureTech BVM 81kW Turbo (handrat)             R259 900

Teks: Franco Theron
Foto’s: Galimoto Media


Performance:

0-10km/h: 0,53 seconds
0-20km/h: 1,07 seconds
0-30km/h: 1,68 seconds
0-40km/h: 2,32 seconds
0-50km/h: 3,40 seconds
0-60km/h: 4,17 seconds
0-70km/h: 5,17 seconds
0-80km/h: 6,33 seconds
0-90km/h: 8,05 seconds
0-100km/h: 9,53 seconds
0-110km/h: 11,30 seconds
0-120km/h: 13,37 seconds
0-130km/h: 15,73 seconds
0-140km/h: 18,48 seconds
0-150km/h: 22,26 seconds
0-160km/h: 26,91 seconds

0-100m: 7,14 seconds @ 86,03km/h
0-200m: 10,86 seconds @ 107,52km/h
0-300m: 13,98 seconds @ 122,91km/h
0-400m: 16,78 seconds @ 134,01km/h

100-0km/h: 3,06 seconds @ 40,01 meters (once-off)

——————————-

0-10mph: 0,87 seconds
0-20mph: 1,81 seconds
0-30mph: 3,31 seconds
0-40mph: 4,58 seconds
0-50mph: 6,39 seconds
0-60mph: 8,97 seconds
0-70mph: 11,85 seconds
0-80mph: 15,38 seconds
0-90mph: 20,05 seconds
0-100mph: 27,36 seconds

1/4 mile: 16,84 seconds @ 83,42 mph

Maximum acceleration G-force: 0,54G

Altitude: 60m

All data captured by Racelogic® Performance Box



Leave a Comment