Padtoets: 2018 Volkswagen Tiguan Allspace

Die Volkswagen Tiguan Allspace is vroeg in 2018 na die paaie van Suider-Afrika gebring en dien nou as die vervaardiger se sewe sitplek variant tot die wel geliefde Tiguan reeks. Ons toets die Allspace om te sien of dit eintlik maar net ‘n Tiguan met meer sitplekke is.

Hoewel die Allspace soortgelyk aan ‘n gewone Tiguan lyk, is hy 210mm langer as die gewone model. Terselfdetyd is die wielspasiëring 110mm langer en die kattebak spasie is ook vermeerder met 115mm (na 700 liter en met net vyf sitplekke).



Die Allspace kom met verskillende enjin variante, vanaf ‚n  1.4 TSI Petrol wat 110kW verskaf. Drie twee liter variante word ook aangebied, met twee TSI eenhede wat 132kW (Comfortline) en 162kW (Highline) verskaf. Die 2.0 liter diesel (Comfortline) beskik oor 110kw. Elk van die vier variante het ‘n outomatiese DSG ratkas en alle modelle, behalwe die 1.4 TSI, het vierwielaandrywing.

Ons toetseenheid, die 2.0 TSI 162kW, het ‘n baie goeie tyd van 6.94 sekondes gekry vir die 0-100km/h toets. Die brandstofverbruik vir die petrolweergawe was egter swaarder, met ‘n syfer van 9.7L/100km tydens ons brandstoftoets.

Funksies soos “Normal” en “Sport” verander die ratverhouding maar selfs “Eco” lewer genoeg krag op die langpad. Binne die stad kan die Allspace maklik misgis word vir ‘n kleiner voertuig en hanteer dit maklik en presies.

Natuurlik lyk die nuwe Allspace anders as die kleiner Tiguan variant, omdat dit langer is.

Die grootste toets vir die Allspace is egter spasie en om te sien of dit sewe persone sal kan inpas. Hoewel die tweede ry na vore kan skuif, is die derde ry meer gepas vir korter persone en nie ideaal vir volgroeide volwassenes nie.

Die Allspace kan egter ál die sitplekke, behalwe die bestuurdersitplek, ten volle platslaan, wat die kar ‘n redelike goeie aankoop maak vir gebruik rondom die Kersseisoen. Sou jy ook in fietsry- of kampeer entoesias wees, sal die Allspace ‘n baie goeie keuse wees. Slaan die middelste ry ook plat en die Allspace bied 1775 liter spasie. Met ál die rye op is die kattebakspasie 230 liter.

Die Allspace reeks is baie goed geprys, met vele ekstra’s wat ook aangekoop kan word. Afwerking binne en buite die voertuig is baie goed en presies. Iets waaraan ons reeds gewoond is met Volkswagen se huidige modelle.

Die voertuig sluit ook ‘n goed uiteengesette en eenvoudige streelpaneel sisteem met ‘n digitale spoedaanwyser en (opsionele) spoedskerm, wat opkom sodra die enjin aanskakel. Opsionele ekstra’s sluit ook veiligheidspakkette soos spoedbeheer en nood-rem hulp in.

Een van die ekstra’s is ‘n R15 000 grondpad pakket, wat goed by hierdie Tiguan se 208mm grondvlakhoogte pas.

In terme van prys en waarde vir die algehele pakket, kan die nuwe Allspace gesien word as een van die leiers in die familievoertuig mark.

Pryse:

  • 1.4 TSI 110kW Trendline   R463 400
  • 2.0 TSI 132 kW Comfortline (4 Motion) R523 800
  • 2.0 TDI 110 kW Comfortline (4 Motion) R571 100
  • 2.0 TSI 162 kW Highline (4 Motion) R 604 800

Elke model word verkoop met ‘n vyf-jaar / 90 000km diensplan, drie-jaar / 120 000km waarborg en ‘n 12-jaar anti-roes waarborg.



Teks: Franco Theron
Foto’s: Galimoto Media 


Performance:

0-10km/h: 0,54 seconds
0-20km/h: 0,99 seconds
0-30km/h: 1,38 seconds
0-40km/h: 1,89 seconds
0-50km/h: 2,48 seconds
0-60km/h: 3,11 seconds
0-70km/h: 3,88 seconds
0-80km/h: 4,78 seconds
0-90km/h: 5,83 seconds
0-100km/h: 6,94 seconds
0-110km/h: 8,22 seconds
0-120km/h: 9,70 seconds
0-130km/h: 11,39 seconds
0-140km/h: 13,23 seconds
0-150km/h: 15,39 seconds
0-160km/h: 18,05 seconds

0-100m: 6,42 seconds @ 95,28km/h
0-200m: 9,73 seconds @ 120,20km/h
0-300m: 12,54 seconds @ 136,50km/h
0-400m: 15,06 seconds @ 148,53km/h

100-0km/h: 2,97 seconds @ 37,96 meters (once-off)
Maximum deceleration G-force: 1,07G

——————————-

0-10mph: 0,83 seconds
0-20mph: 1,49 seconds
0-30mph: 2,38 seconds
0-40mph: 3,44 seconds
0-50mph: 4,83 seconds
0-60mph: 6,55 seconds
0-70mph: 8,61 seconds
0-80mph: 11,15 seconds
0-90mph: 14,21 seconds
0-100mph: 18,29 seconds

1/4 mile: 15,12 seconds @ 92,45 mph

Maximum acceleration G-force: 0,75G

Altitude: 60m

All data captured by Racelogic® Performance Box

1 thought on “Padtoets: 2018 Volkswagen Tiguan Allspace”

Leave a Comment