Padtoets: 2019 Volkswagen Golf R Akrapovič

Die akrobatiese Golf R

Vir een, ongelooflike week het baie individue in my residentiële omgewing óf baie van my gehou óf my manerismes uiters gehaat. Vir een week voel dit ek die betekenis van #Vrrrpha uiters beklemtoon het.

Natuurlik is die voertuig in vraag die reeds bekroonde Volkswagen Golf R. Galimoto Media het reeds die standaard Golf R twee kere vantevore bestuur op bekendstellings. Nie net het dit bewys om ‘n kranige sports luikrug te wees nie, maar ook heel gemaklik die langpad aan te durf. Selfs in vloedende donderstorms, te danke aan die 4 Motion sisteem.


Vroeg in 2019 is die Golf R egter her-bekendgestel. Dié keer met effe meer krag en ‘n R40,000 addisionele ekstra. Hierdie neem die vorm van  ‘n veel harder uitlaat sisteem, genaamd die Akrapovic sisteem.

Afkomstig vanaf Slovenië, is hierdie handelsmerk wêreldwyd bekend vir die ontwerp van uitmuntende uitlaatsisteme. Nie net is die Akrapovič sisteem op die Golf R veel harder as normale sisteem nie, maar ook 7kg ligter, te danke aan titanium materiaal.

Met meer oemf in die 2 liter turbo petrol enjin (TSi), skop die Golf R ook nou 228kW en 400Nm uit.

Hierdie is 15 meer kilowatt as die vorige weergawe van die R.

Ons toets eenheid was ook toegerus met nuwe “R” sportiewe buffers (standaard), LED hoof- en agterligte (standaard), vier uitlaatpype (opsioneel), carbon (koolstof) syspieëltjies (opsioneel) en 19-duim “Pretoria” allooi wiele (opsioneel). 

Binne is die voertuig toegerus met ‘n 9.2-duim “Discover Pro” streel-paneel met gebaar beheer (standaard), panoramiese sondak (standaard) en natuurlik die opsionele aanpasbare onderstel, afhangend van die keuse tussen “Eco”, “Comfort”, “Individual” en “Race”.

Dit is hier waar dinge baie interessant word. Ons het dit al voorheen genoem, maar sal dit weereens in hierdie artikel bevestig. Volkswagen is een van die min vervaardigers, wat dit regkry om ‘n sportiewe voertuig gemaklik asook ekonomies te hou.

Met die nuwe Golf R word dit selfs meer beklemtoon, met die ‘eco’ verstelling, wat die suspensie effe sagter maak en die enjin klank ook verlaag. Op die oop pad word die enjin net skaars gehoor, terwyl dit geensins krag wegneem vanaf die enjin nie. As enige voertuig verby geneem wil word teen selfs 120km/h, skakel die 7-spoed outomatiese ratkas (DSG) sonder sweet af om meer krag aan die enjin te verskaf.

Terselfdetyd het ons ook verwag om ‘n veel meer onplesierige en raserige rit met die 19-duim wiele te kry. Hierdie is glad nie die geval nie en die opdateerde R voel nou selfs nog sagter as die vorige model.

Skakel die digitale verstellings oor na ‘Race’ en die enjin word nog meer lewendig met daardie ikoniese pop geluide in die uitlaat sisteem. Ek het die fout een laat middag gemaak die “launch control” uit te toets rondom ‘n paar drawwers, wat hul na-werk sonsondergangs in rus en vrede wou inneem.

Nietemin het ek ‘n paar vuil en verrasde kyke gekry.

Ons amptelike toetse het ons vanaf 0 tot 100km/h in slegs 4.8 sekondes geneem, met die eerste rat wat net voor 50km/h oorgeskakel word.

Natuurlik het ons ook probeer om verstandelik te bestuur en die brandstof ekonomie te toets, maar hierdie was van korte duur. Hoewel ons ritte in ekonomie aangedui het dat die brandstof verbruik onder die 9 liter per 100km merk val en die suspensie sag is, was die trekkrag van #Vrrrpha te sterk.

Vir die wat die mobiele spieletjie, ‘Angry Birds’ ken, om nie die Golf R te gebruik waarvoor dit gemaak is nie, is soos om “Mighty Falcon” in jou pak te hê en dit nie te gebruik nie. Dit wat gedoen moet word (bv om vanaf punt A tot B te kom) word bereik, maar met minimale genot terwyl dit duidelik is dat meer gedoen kon word om dit meer pret te maak.

Laat ons af eindig deur om nie doekies om te draai nie. Daar is ‘n rede waarom die Golf R en GTi tans 35% van alle Golf verkope in Suid Afrika behou. Beide is uitstekende sport luikrugte, terwyl dit ook uiters gemaklik en rustig kan wees.

Die nuwe Golf R word verkoop teen R676 000 en sluit ‘n vyf-jaar / 90 000km diensplan en drie-jaar / 120 000km waarborg in. Dit sluit nog ‘ 12-jaar ainti-roes waarborg in.  


Leave a Comment