Die klein Sportsnutsvoertuig-klas hou aan uitbrei in Suider Afrika en soos ons alhoemeer sien, trek selfs die grootste vervaardigers hul sedan modelle uit die mark. Hyundai is een van die mees onlangse vervaardigers wat hul sportsnuts model reeks meer uitgebrei het met die nuwe Venue.
Met die sukses van die onlangse Volkswagen T-Cross, sou Hyudai hoop om ‘n soortgelyke porsie van die mark te deel. Weens die Venue se bekendstelling reg voor die COVID-19 pandemie, het ons nog nie die werklike sukses gesien, soos in laat 2019 met die T-Cross gevind is nie.
Met ‘n prys vanaf R274,900 tot R369,900 (5-jaar / 150,000km waarborg, ‘n addisionele 2-jaar/ 50,000km enjin waarborg, ‘n 3-jaar / 45,000km diensplan, sowel as ‘n 7-jaar / 150,000km padbystand), is die nuwe Venue baie goed geprys; veral as dit oorweeg word dat die T-Cross tussen R334,600 en R365,000 (3-jaar/ 120,000km waarborg, 3-jaar/45,000km diensplan en ‘n 12-jaar anti-roes plan) verkoop word. Hierdie is egter net vir die DSG opsies en Volkswagen behoort in 2020 ‘n handrat model bekend te stel teen ‘n baie beter prys.
Waar die T-Cross oorspronklik bekendgestel is met ‘n 1-liter, 3 silinder petrol eenheid wat 85kW en 200Nm uitskop, verskaf die Venue 88kW / 172Nm uit dieselfde grootte enjin. Kopers het die keuse tussen ‘n ses-spoed handrat of ‘n sewe-spoed automatiese ratkas.
Die minder 28Nm kan wel gevoel word, met die Venue wat effens luier voorkom. Buiten hierdie het elk van die kompiteerders hul eie voor-en nadele, wat eintlik maar die twee op gelyke voet trek.
Dit moet egter gesê word dat die Venue meer soos ‘n voertuig vir ouer kopers voel, en die T-Cross meer gerig is op ‘n jonger mark.
Hyundai het die SNV mark tot op hede aangegryp met ‘n sesde SUV, wat gemik is om na Suider Afrika gestuur te word in 2020. Nes in Indië, waar die Venue vervaardig word, word die Venue ook verwag om ‘n reuse treffer te wees in ons eie midde, en met goeie rede.
Binne, sowel as buite, neem die Venue baie karakter-eienskappe vanaf ander modelle, maar bied dit ‘n egaliese ontwerp. Daar is ook oorgenoeg plek in beide die eerste- en tweede rye vir volgroeide volwassenes.
Hierdie is te danke aan ‘n algehele lengte van 4 meter, wat ook nog ‘n laai-spasie van 350 liter insluit. Die Venue het ook ‘n grondvlak-hoogte van 195mm. Algeheel is hierdie meer as die T-Cross, terwyl die laai-spasie effens kleiner is as dié van die T-Cross.
Nog ‘n wen vir die Hyundai is die standaard tegnologiese pakket wat ingesluit word; Volkswagen vra ekstra hiervoor. Hierdie laat mens toe om Google Maps, Spotify en selfs Whatsapp boodskappe te kan deurgaan. Verder kom Fluid en Glide modelle ook met Android Auto en Apple CarPlay, sowel as ‘n USB- en 12V punt.
Verder kom die Venue ook standaard met outomatiese ligte, spoed beheer, en trurat parkering bystand.
Nog ‘n oorwinning vir die Venue.
In terme van veiligheid kom die Venue met 6 lugsakke, ABS met EBD, ISOFIX punte, elektroniese traksie-beheer en stabiliteits-beheer, sowel as bult-stilstaan bystand.
In terme van enjin krag en die ratkas verhouding, moet ons bieg dat die T-Cross voorloop met ‘n DSG en onmiddelike krag lewering. Die Venue kom effens hukkerig voor en neem langer om krag te lewer. Die T-Cross oorwin ook die Venue in terme van algehele brandstof-verbruik, met die laasgenoemde wat effens swaarder is as die 7 liter / 100km toets.
Ten slotte, beide die T-Cross en Venue is kort op mekaar se hakke en sal dit van die koper self afhang om die besluit te maak. Indien daar egter vir ‘n kar gesoek word met meer standaard funksies en waarde vir geld, sowel as ‘n goeie waarborg, moet die keuse meer na die Venue se kant gestuur word.