Is Honda se Jazz nou fiks en meer gepas vir jonger generasies?
Terwyl die Honda Fit dalk ‘n onbekende naam vir vele Suid-Afrikaners mag wees, is die res van die wêreld al heel gewoond daaraan. In werklikheid is dit eintlik maar net Suid Afrika, wat met die “Jazz” naam sit.
Met die oog op ‘n jonger teikenmark, is nie net die Jazz naam nou verander na die Fit nie, maar word die voertuig ook reguit uit Japan ingevoer. Die nuwe Fit, hoewel dit steeds gepas is vir die ouer mark, bevat nou veel meer tegnologie en gemak vir die jonger generasies.
Persoonlik, hou ons almal by NamWheels baie van die Jazz / Fit modelle. Dit is ‘n bitter praktiese voertuig, baie lig op brandstof en baie gemaklik beide in- en uit die dorp spasie. Die enigste nadeel vir jonger generasies mag dalk die voorkoms gewees het.
Sedert die vorige Jazz model se bekenstelling, het die Jazz egter ietwat “jonger” begin lyk, maar het die binneruim nie werklik jonger generasies gelok nie. In die motor bedryf huidiglik is hierdie spasie die vinnigste ontwikkelende ruimte. Jonger generasies soek draadlose (“wireless”) konneksies, Apple CarPlay / AndroidAuto en ‘n informasie sisteem, wat maklik hanteerbaar is.
Met die nuwe Fit, het Honda klaarblyklik goed hierop gefokus. Nie net lyk die binneruim soos die van ‘n elektriese Honda nie, maar is die informasiepaneel maklik bruikbaar. Hoewel ‘n foon ook draadloos gekoppel kan word, is daar 2 USB poorte voor- sowel as in die agterste ry, sowel as Apple CarPlay en Android Auto.
Die paneel agter die stuurwiel is ook nou gedigitaliseerd terwyl ‘n trurat kamera ook by elk van die Fit’s, behalwe die “Comfort” model kom. Hoewel ons dit nie op toets gehad het nie, is ons baie opgewonde oor die Hibriede model, wat ook spoed beheer, baan verwisselings waarskuwings en ongeluks voorbehoeding het. Ons Executive toets model het ook twee verhitte voor sitplekke gehad.
Die Fit hou ‘n verdere voordeel in, siende dat dit 88mm langer is as die vorige Jazz. Hierdie beteken dat die beenruimte in die tweede ry, enorm is, terwyl die 309 liter laaispasie vergroot kan word na 1210 liter sodra die agterste sitplekke platgeslaan word.
Die Fit word verkoop met twee petrol enjins. Een van hierdie word natuurlik gekoppel met die hibriede sisteem. Ons moet egter bieg, dat ons ‘n handrat model in die reeks sou verkies, siende dat die CVT outomatiese ratkas steeds raserig kan wees teen hoë revolusies. Die voordeel van die CVT is egter dat dit ‘n belowende brandstof verbruik lewer.
Ons 1.5-liter petrol enjin het 89kW en 145Nm uitgeskop, terwyl ‘n petrol verbruik onder die 6 liter per 100km merk opgetel is. Die hibriede model is dalk net instaat tot 80kW en 253 Nm, maar kan ‘n brandstofverbruik van 3.7 liter/100km (volgens Honda) lewer.
Natuurlik is die modelle natuurlik aangedryf en hoewel hierdie hoë revolusies oplewer, beteken dit dat die verkoopsprys en onderhouds onkostes van die Fit redelik laag is.
Verder word die Fit reeks met ‘n ongelooflike 5-jaar/ 200 000km waarborg en 4-jaar / 80 000km diensplan verkoop terwyl die hibriede model met ‘n 8-jaar / 200 000km waarborg kom.
Die Comfort model word teen ‘n billike R319 900 verkoop, terwyl ons Executive model steeds onder die 400k merk inkom teen R389 900. Die hibriede model sal ietwat meer kos teen R469 900.
Na mening is die Fit beslis meer gepas vir jonger generasies en het Honda beslis hul bemarkings karate reg gespeel met hierdie nuwe model.