Blitsberig: 2021 Peugeot 2008 GT-Line 1.2

Spieëltjie, spieëltjie teen die muur, wie is die mooiste van ons hier…

Treffend, stylvol en innoverend. Dit is hoe die nuwe Peugeot 2008 GT-Line sekerlik sou kon opgesom word. Met eerste oogopslag trek hierdie voertuig verseker baie aandag, maar bestuur dit so goed soos wat dit lyk?



Peugeot het nog altyd bekend gestaan as die Franse motorvervaardiger wat selde lelike voertuie ontwerp. Hierdie 2008, wat ‘n soortgelyke ontwerp vanaf die groter 3008 en kleiner 208 neem, is dalk net een van die mooiste voertuie op die huidige mark. Hier verwys ons na beide die binne- en buite-ruim.

Ons toetsmodel het gekom met die 1.2 liter turbo-petrol, wat 96kW en 230Nm uitskop, met die ikoniese 3-silinder rasper-klank, wat egalig deur die 6-spoed outomatiese ratkas hardloop. Beide in die oop- en stedelike paaie, is die 2008 gemaklik, met minimale windgeraas.

Een van Peugeot se nuwe wenresepte is natuurlik die kleiner “heksagoniese” stuurwiel, wat verbasend genoeg, die bestuurs funksionaliteit geweldig verbeter en plesierig maak.

Aan die binneruim het die 2008 GT-Line ‘n groot 10-duim informasie sisteem (“streelpaneel”) met Apple CarPlay / Android Auto, navigasie, sowel as twee USB poorte in die voorste en agterste rye. Die 2008 kom ook met ‘n nuwe USB type-C poort. Gepaard met dit kry die bestuurder ook ‘n 3D i-Cockpit sisteem, wat die spoed-lesing, petrol-verbruik en nog vele verdere informasie weergee.

In terme van veiligheid bied die 2008 ‘n baan-wegbreek waarkuwing, blindekol monitor, spoed-beheer, parkeer-bystand, outomatiese rem-aksie, 6 lugsakke, sowel as ABS (met EBD), traksie-beheer en stabiliteits-beheer.

Natuurlik kan die bestuurder ook kies tussen ‘n “Eco, Sport en Normal” verstelling. Bestuur sagkuns en die brandstofverbruik sal ‘n resultaat van net duskant 7km/l lewer.

Met ‘n algehele lengte van net oor die 4 meter, verseker geweldig baie beenspasie in die agterste ruim, met pakplek in die bagasie ruim, wat ook nie skraal voorkom nie.

Die 2008 GT-Line word teen R479 900 verkoop met ‘n 5-jaar waarborg / 100 000km waarborg en 3-jaar / 60 000km diensplan.

Leave a Comment