Padtoets: 2022 Honda HR-V 1.5 Executive

Honda het onlangs ‘n totale herontwerp van hul produkte gesien. Kyk maar net na die nuwe Fit, wat eintlik maar ’n Jazz is, gemik op die jonger mark. Soortgelyk hieraan is ook die verandering van die BR-V. Beide hierdie voertuie is herontwerp om die stereotipes van ouds te laat vaar, ’n doel waarin die Japanese vervaardiger goed gevaar het.

Nou is dit die beurt van Honda se derde kleinste SUV, naamlik die HR-V. Om eerlik te wees het die vorige modelle nie eintlik die publiek se aandag onmiddelik getrek nie. Eerder was dit gesien as ’n klein, dog praktiese SUV vir die ouer bevolking.

Honda se nuwe HR-V is egter ’n geweldige verandering hiervan, te danke aan ’n nuwe ontwerp, wat vir ’n groter gedeelte van die mark aanloklik is. Hierdie is eerstens merkbaar aan die nuwe sportiewe “coupé” agterdeur en lig, wat horisontaal oor die agterdeur strek, sowel as die geintegreerde voorste rooster samestelling.

Die lyne reg rondom die voertuig is veel skerper, met die voorligte, wat ook baie meer aggresief lyk. Die 18-duim wiele, met lae profiel bande, gepaard met die ryvlak hoogte van 187mm gee die idee dat hierdie voertuig gereed is vir die oop pad, sowel as ’n grondpad hier en daar.

Binne is die HR-V soortgelyk in ’n minimalistiese ontwerp, dog prakties en goed uiteen gesit. Die HR-V sluit die vervaardiger se nuwe 8-duim digitale raakskerm in. Agter die stuur, is daar ook ’n kombinasie van analoog spoed- en revolusie meters, sowel as ‘n 4.2 duim LCD informasie skerm.

Honda se nuwe onterp filosofie is om ’n eenvoudige kombinasie van ’n maklik-verstaanbare raakskerm, en net die nodigste knoppe te bied. Hierdie maak die sentrale paneel baie minimalisties, dog kalmerend en maklik om te verstaan.

Die laasgenoemde is een van Honda se beste nuwe eienskappe, sedert die bekendstelling van die Fit in 2021.

Boonop die gewone funksies (outomatiese klimaat beheer, parkering sensors, en LED hoofligte), wat op die intree model gevind word, het ons “Executive” toetsmodel kompleet gekom met leer sitplekke (elektronies vir die bestuurder), ’n elektroniese kattebak deur, draadlose foon laai kapasiteit, verstelbare spoed beheer, baan behoud bystand en padhou waarskuwings.

Die kattebak kan 304 liter se bagasie neem, terwyl die tweede ry se beenspasie enorm is. Die agterste ry slaan ook volledig plat om goedere maklik in uit uit te laai.  

Terwyl die nuwe HR-V baie prakties is, was die enjin steeds vir ons ’n kopkrap saak gewees.

Met ‘n 1.5 liter, 4 silinder petrol enjin, verskaf die voorwiel aangedrewe HR-V net 89kW en 145 opm. Hierdie maak die kombinasie van die 6-spoed CVT ratkas effe frustrerend, siende dat die enjin meeste van die krag verkry tussen 4 800 opm en 6 600 opm. Pad geraas is dus ’n redelike probleem, siende dat die enjin se revolusies met die CVT ratkas kompiteer vir die sang beker.

Dit is hier, waar Honda egter met ’n kopkrap sit. Plaas ’n turbo in die enjin, en die enjin / ratkas geraas word verminder, waar die algehele prys egter sal vermeerder en betroubaarheid bevraagteken sal word.

Waar die 1.5 liter enjin dalk in die kleiner Fit, WR-V of BR-V sou werk, is die HR-V se dimensies net te groot vir daardie enjin.

Dit bring ons by ’n volgende, en laaste punt, waar die rustigheid van die enjin en CVT teen ’n konstante 110km/h dalk ’n goeie brandstof verbruik mag lewer (onder sewe liter per 100km). Gebruik egter die HR-V in die dorp of stad, en die brandstof verbruik word vinnig na 9 liter per 100km vermeerder.

Die HR-V is dus ’n soet-suur kombinasie. Honda het uitmuntende werk gedoen om hierdie ’n praktiese, dog minimalistiese voertuig te maak. Dog benodig die enjin dalk net ’n klein bietjie meer “woema” om die algehele pakket volledig te maak.

Die nuwe HR-V Executive word teen R554 500 verkoop met ‘n 5-jaar / 200 000km waarborg en ‘n 4-jaar / 60 000km diensplan. 

1 thought on “Padtoets: 2022 Honda HR-V 1.5 Executive”

Leave a Comment