Waarom ’n reeds perfekte resep probeer verander?
Persoonlik was ‘n V8 Land Rover Defender 90 nog altyd vir my ’n aantrekkings krag. Terwyl ’n swart voertuig nie noodwendig die beste keuse is vir die bosveld, of die Suider-Afrikaanse hitte nie (en wit of ligte silver meer verkiesbaar sou wees), is die V8 se brul maar nou eens maar net ’n droom. Terwyl die V8 se krag die 90 uit enige modder gat kon bring, en ’n dominansie aankondig, was die brandstof tenk gereeld dors.
Met die bekendstellings video van die nuwe V8 aangejaagde enjin, in die kort drie-deur Defender, was die opwinding beslis hoog. Veral siende dat ons pas die Defender 90 D240 deur die Sederberge geneem het. Dog het die “Avontuur pakket” van die D240 dit veel meer gereed laat lyk vir die grondpad.
Uiteindelik was hierdie presies die geval met die V8 Defender 90. Gekleë in pikswart verf, sowel as pikswart 22-duim laeprofiel bande, het ons v8 toetsmodel nie veel gereed gelyk vir enige grondpad nie. Dus het die V8 Defender 90 net die teerpad gesien tydens ons toets. Gepaard met die Februarie Weskus hitte, het die swart voertuig aansienlik vinnig warm geword.
Teen 15 liter per 100km, was die brandstof tenk ook nie ons vriend nie.
Vele ander beskryf hierdie voertuig as “sinnelose” pret, wat in ’n mate redelik waar is. Met ’n hewige brul en geweldig baie krag, is dit redelik gerieflik (en pret) om enige voertuig op die pad verby te steek.
Waar die V8 moontlik perfek sal wees vir die Defender 110, of selfs die nuwe 130, is dit effe te kragtig (en swaar) vir die 90. Gepaard met die 22-duim, lae profiel bande en die pikswart verf, is die Defender eintlik maar net toegerus vir die stad.
Terwyl die mark hierna mag neig, is dit na ons mening, nie wat ’n Defender voor staan nie. Die Defender is veronderstel om Land Rover se voertuig te wees, wat spesifiek gerig is op die bosveld, of om areas te bereik, waar geen ander voertuie kan gaan nie.
Waar die D240 se 177kW en 500Nm oorgenoeg en eintlik perfek is vir die bosveld, is die V8 se 386kW en 625Nm (reguit-6 turbopetrol) gans te veel. Meeste persone, wat R 2392 760 vir ’n kort as 4×4 sou betaal, wil nie noodwendig oor ‘n 4×4 roete vlieg en die hele onderstel in die proses verniel nie.
In daardie geval sou ons veel eerder die Defender 90 D240 (teen R1 324 194), die Defender 90 D300 X (R1 662 105), of die Defender 90 P400 X (R 1697 434) voorstel. Gebruik eerder die geld, wat bespaar sou word deur die petrol verbruik, aan die “Avontuur” pakket, en lug suspensie. Die prys sal steeds onder R2 miljoen staan, en veel beter waarde en vernuf bied.
Ons bly staan by ons punt.
Land Rover se huidige diesel en petrol enjins is reeds perfek vir die Defender 90. Die V8 mag dalk meer gepas wees vir ’n groter 110 of 130 model.