Padtoets: 2022 Volkswagen Caddy Cargo 1.6 Panelvan

“Volkswagen se gewilde nuwe Caddy is as te ware ’n wenresep, wanneer dit kom by die vervoer van groeiende families, of om talle persone oor ’n afstand te neem. Met die nuwe Caddy reeks, is die voertuig nou selfs nog meer ruim en gemakliker, te danke aan die MQB platform, wat ook in die Golf 8 en Polo gevind word.

Terwyl die passasier-weergawe hoog geprys word, het ons onlangs die Cargo Caddy getoets om die meer praktiese gedeelte hiervan te sien. Dit is nietemin een van die staatmakers as dit kom by klein maatskappye.

Die enjin verskaf nou meer krag, sowel as ‘n 6-spoed handrat (geen DSG modelle tans). Die 4-silinder petrol enjin verskaf 81kW (teen 5800 opm) en 152 Nm (tussen 3850 en 4100 opm). Terwyl hierdie enjin klein is en ietwat teen die revolusies loop op die oop pad, lewer dit ’n brandstof-verbruik net onder die 7 liter / 100km (sonder gewig). Hierdie model is teen R404 000 te koop.

Ons moet egter bieg dat hierdie enjin moontlik swaar sal trek op die oop pad terwyl dit vol gelaai is. In die stad is hierdie eenheid geensins ’n probleem nie en is die rat-wisselinge seepglad.

Vir R83 200 meer kan die 2.0 liter TDI masjien egter aangekoop word. Terwyl hierdie ook instaat is tot 81kW, kan hierdie krag egter teen veel laer revolusies (tussen 2750 en 4500 opm) verkry word. Bloot word die wringkrag ook opgestoot na 300Nm, wat ook verkry kan word tussen die lae revolusies van 1500 – 2500 opm. Alle Caddy Cargo modelle kom met ‘n 2-jaar / onbeperkde km waarborg, sowel as ‘n 3-jaar / 45 000km diensplan.

Binne is die voertuig gemaklik en goed toegerus met materiaal-bekleedsel, ’n raakskerm (met selfoon konnektiwiteit), ’n elektroniese parkering-rem, halogeen hoofligte, dagligte, ’n multi-bruiksame stuurwiel, ’n trurat kamera (opsioneel), en spoed-beheer (opsioneel).

Die nuwe Caddy is algeheel 73mm langer en 62mm wyer as die uittredende model, terwyl ’n vrag van 700kg gedra kan word. Die Cargo model het ook gly deure aan beide kante van die voertuig.

Die laai-kompartement is 1,797m (2150m in die Cargo Maxi) lank en 1230m breedt. Dit laat toe vir ’n laai volume van 3.1 kubieke meter (3.7 kubieke meter in die Cargo Maxi).

Hierdie kan veelvoudig gebruik word en die Cargo Caddy kan selfs ingerig word as ’n kamp voertuig. Tans is daar talle maatskappye wat spesialiseer hierin.

Ons hoop om binnekort die gewone passasiers-weergawe beet te kry, maar tot dan kan ons met sterk gemoed bevestig dat die Caddy Cargo en Caddy Cargo Maxi uitstekende voertuie is vir daaglikse werks-verrigtinge.

Images: Volkswagen South Africa

Leave a Comment