Padtoets: 2023 Volkswagen Amarok 3.0TDi V6 D/C Aventura 4Motion

Die nuwe mylpaal

“Handelsmerk ingenieurswese” is deesdae in die mode. Wel, dit was nog altyd, maar is net nou meer opvallend. Die bekende slagspreuk lees: “As jy hulle nie kan oorwin nie, sluit by hulle aan.” (direkte vertaling) en vele vervaardigers verkies om saam met hul naaste kompiteerdeders te konkelin ’n poging om die res te oorwin, ’n voorspelbare storielyn in die bekende “Survivor” reekse.

Volkswagen en Ford is maar net een van die nuutste gevalle hiervan. Met die ‘bakkie’ mark wat geweldig  mededingend is en al meer die fyn balans moet hou tussen ’n werkesel, sowel as ’n gemaklike familie voertuig, moet daar koppe bymekaar gesit word om die res te oorwin. 

Die eerste generasie van die Amarok was nog altyd ’n uiterse praktiese en gemaklike voertuig. Dalk die gemaklikste in die segment. Die Ranger het nog altyd sterk mededinging gebied teen die Hilux. Om die Toyota van die troon af te probeer kry, het Volkswagen en Ford besluit om hul nuwe bakkies saam by die Ford Silverton plant in Pretoria Oos te laat vervaardig.  

Ons het onlangs die nuwe Amarok in die hande gekry om te sien of hierdie samesmelting wel ’n goeie idee was.  

Sonder om doekies om te draai kan ons reguit tot by die punt kom. Hoewel ons nog nie die nuwe Ranger getoets het nie, kan ons wel bevestig dat die nuwe tweede-generasie Amarok, merkwaardig is.  

Hoewel die nuwe Amarok baie ooreenstem (aan die binneruim tenminste) met die Ford Everest, wat ons onlangs getoets het, loop die Amarok self seepglad. Die eerste opmerking is natuurlik die 3.0 liter Turbodiesel (TDi), gepaard met die bekende 4Motion, vier-wiel trek. Gepaard met Ford se 10-spoed outomatiese ratkas, is die turbodiesel se sagte “Leonard Cohen” gedruis amper onopmerkend, siende dat die enjin self teen minder as 2000 opm loop teen 120km/h. Hierdie is natuurlik ook slegte nuus vir die diesel stasies, siende dat die Amarok ’n brandstof verbruik van minder as 9.8 liter / 100km verkry en lank kan neem (amper 950km) om die 80-liter tenk leeg te maak.  

Die v6  in ons Aventura toets model verskaf ook 184kW en ’n massiewe 600Nm, wat natuurlik enige sleep- of verbysteek poging, aansienlik makliker maak. Maar kopers kan egter kies tussen vier spesifikasie modelle (die Life, Style, PanAmericana, en Aventura), met vier diesel enjins, wat ook beskikbaar is.  

Die enjins is as volg:

2.0 TDI110kW5-spoed handrat
2.0  TDI125kW6-spoed handrat  OF outomaties
2.0 BiTDI154kW10-spoed outomaties
3.0 TDI V6184kW10-spoed outomaties

’n Merkwaardige 16 dubbelkajuit modelle sal beskikbaar wees, met die pryse, wat vannaf R599 000 tot R1 138 200 (vir ons toets model) sal strek. Elk van hierdie modelle sal met ‘n 4-jaar/ 120 000km waarborg, sowel as ‘n 5-jaar/ 100 000km diensplan kom.  

Kenners van die eerste generasie sal onmiddelik opmerk dat die V6 nou 6 minder kilowatts uitskop, maar dat die voertuig algeheel 20Nm bykry. Ons spoed toetse het dus ook aangedui dat die nuwe Amarok nie so vinnig is van 0-100km/h soos die vorige model nie. Ons mening is egter dat as hierdie statistiek jou hoof kritiek is, jy ietwat die pot mis sit. Die etlike split sekondes, wat dit verloor het, oppad na 100km/h, beteken egter nie dat die enjin langer sal neem sodra die regter pedaal plat getrap word nie. Die enjin is steeds net so wakker soos altyd.  

Van meer belang is die beter brandstof verbruik, te danke aan die meer ekonomiese enjin, gepaard met die effecktiewe ratkas.  

Hoewel die Amarok en Ranger op dieselfde platform vervaardig word, lyk beide bakkies heeltemal anders. Dit is net binne, waar die twee eenders is.  

Ons Aventura model is meer gemik op die luukse mark segment met die voertuig, wat reusagtige 21 duim allooi wiele, en die bekende IQ LED matrix hoofligte (en LED agterligte) saambring. Hierdie ligte sal outomaties verstel om nie in aankomende verkeer te verblind nie, dog genoeg lig vir die bestuurder te verskaf in sleg beligte areas.  

Die Aventura, teennoor die PanAmericana dra ook chroom afwerkings reg rondom die bakwerk. Binne is die klankstelsel ook opgegradeer na die Harman Kardon sisteem. Verder word dieselfde 12 duim “portret georiënteerde raakskerm (met die nuutste konnektiwiteit) en 8-klank stelsel vanaf Ford gebruik.  

Nuwe Android- of IOS fone kan ook maklik draadloos gekoppel word aan die sisteem. Gekoppel met draadlose laai geriewe, is dit bykans onnodig om gebruik te maak van die USB (tipe A en tipe C) konneksies.  

Verder kom die Aventura model ook met dubbele klimaat beheer, ’n leer-bekleedte multi-finksionele stuurwiel, en verhitte sitplekke vir voorste insittendes. Die Aventura model voel meer soos ’n luukse SUV, pleks van ’n bakkie.  

’n Groot wen vir die Aventura model is dat dit ’n elektroniese “roller shutter” sisteem het, wat selfs met die afstandbeheer oop- en toe gemaak kan word. Hoewel die Amarok nog altyd breed was, laat dit toe dat die 1 114 liter bak spasie ten volle benut kan word.  

Nog ’n groot voordeel, wat die Amarok-Ranger vennootskap inhou, is dat die Amarok ook nou die Ranger se ligte agterklap gebruik. Waar ander bakkies se agterklappe met twee hande hanteer moet word, het Ford destyds ’n nuwer, ligter, dog sterker weergawe ontwerp, wat met een hand hanteer kan word. Hierdie is ’n geweldige voordeel vir fietsryers òf persone, wat graag hul groot honde in die laaibak wil vervoer.

Laastens kom die Amarok ook met ’n ewenaarslot, sowel as ’n sleepwa trekstang en koppeling.  

In terme van veiligeid kom die Aventura ook met ’n semi-outomatiese elektroniese parkering bystand vir parallele parkering, verstelbare spoed beheer (selfs met ’n outomatiese bystand tydens verkeer). Dit is eintlik skrikwekkend hoe die bakkie eintlik self kan bestuur.  

Verder is daar ook waarkuwings en ongeluksvermeiding, sowel as outomatiese rem aksie, ’n volledige 360-grade kamera stelsel, en sleutellose sluit aksie. Verder kom die bakkie ook met blindekol waarneming en waarskuwing, ABS met EBD, banddruk sensors, sowel as 7 lugsakke. 

In terme van 4Motion verrigtinge kom die bakkie met 2-wiel funksionaliteit vir ligter hantering, sowel as verbeterde brandstof verbruik. Verder kan die bestuurder ook kies tussen 4-wiel trek vir veranderlike oppervaktes (soos reën), sowel as lae- en höestrek werking.Daar is ook normale, ekonomiese, en sleep-aksie verstellings, wat elektronies gemaak kan word.  

Algeheel het die Amarok ’n ryvlakhoogte van 235mm, ’n aankoms/ en vertrek hoek van onderskeidelik 30- en 26 grade.  

Gevolgtrekking en ry gehalte  

Saam met die Amarok, het ons sekerlik die mees bekende SUV op toets gehad. Die twee het ek ’n dag na mekaar, oor presies dieselfde afstand, in dieselfde verkeer, en in presies dieselfde toestand bestuur. Vir die wat weet na watter voertuig daar verwys word, sal hierdie dalk die grootste skok van die eeu wees; maar ek neem enige dag die Amarok, in ’n oogwink.  

’n Verdere oorwinning uit die vennootskap is die feit dat Ford nog altyd die maklikste en ligste stuurkolom in die bakkie segment gehad het. Dit is duidelik opmerkend, met die nuwe Amarok, wat veel makliker hanteer en selfs sagter geveer is as die meerderheid van die bakkie-gebaseerde SUVs  

Dit is altyd moeilik om bakkies so gemaklik as moontlik te maak, siende dat die blad vering op die agterste aste, sterk genoeg moet wees om meer as 3 ton te kan dra en sleep. Ford en Volkswagen het egter die spyker op die kop geslaan met hul nuwe bakkies. Na ons mening, sal ons egter die lae-profiel, 21-duim wiel-en-band kombinasie van die Aventure model vervang met ’n höer profiel om die ritgemak selfs nog te verbeter.  

Bygesê is wind- en padgeraas minimaal, selfs met hierdie enorme wiele.  

Die vennootstak tussen Ford en Volkswagen kon baie maklik ’n negatiewe gewees het, soos ons al vele kere vantevore opgemerk het. Die laaste, en dalk mees bekende hiervan, was die Mercedes se X-klas bakkie.  

Persoonlik, was ek ook baie hiervoor, siende dat ek ’n redelike aanhanger van die eerste generasie Amarok was. Hoewel die binneruim van die Amarok bykans identies is aan die van die Ranger en Everest, sou die Amarok en Ranger selde onder dieselfde kam geskeer word, wanneer dit van buite aanskou word.  

Anders as met ander voormalige vennootskappe, het beide Ford en Volkswagen goed saamgewerk om ’n goeie algehele product te bied, pleks daarvan dat die een net die ander se identiteit kloon.  

Dus is die nuwe Amarok (en dalk die Ranger) die “ware Jakob”. Hierdie is as te ware ’n gevallestudie, wanneer dit kom by die idioom: “Twee koppe in een mus werk beter as een”. Hou hierdie vennootstak met ’n valk oog dop. Dit gaan nog groot hoogtes bereik. 

1 thought on “Padtoets: 2023 Volkswagen Amarok 3.0TDi V6 D/C Aventura 4Motion”

Leave a Comment