Padtoets: 2024 VW Polo Vivo 1.6 Style

Volkswagen se bekroonde Vivo word verfris

Sedert 2010 bly Volkswagen se Polo Vivo ’n ikoniese voertuig in Suid-Afrika. Met uitstekende betroubaarheid en oorgenoeg spasie, bied die Vivo ‘n uitstekende waarde-vir-geld opsie vir jonk en oud.

Daarby genoem is dit ondenkbaar ekonomies. Vra my; siende dat ons onlangs die 720km tog van Somerset Wes tot in Gqeberha aangepak het (en terug); in ’n tweede generasie Vivo, met net een enkele stop by die brandstof stasie. Die goeie nuus is nou dat Volkswagen die Vivo selfs nog verder aangepas het.

In ’n land waar almal behep is met SUVs en Sjinese voertuie, bly die Vivo een van Volkswagen Suid-Afrika se sterkste verkopers, en met goeie rede. Dit is ’n eg Suid-Afrikaanse produk, wat vervaardig word teen ’n snelspoed in Kariega, al vir 14 jaar konstant in die top 10 verkope is, en al bykans ’n half miljoen eenhede verkoop het.

Nou, met die derde generasie, hoop Volkswagen om nog meer te verkoop, veral siende dat die nuwe generasie baie meer tegnologie behou, en teen dieselfde tweede generasie prys verkoop word.

Met vyf weergawes, naamlik die Vivo, die Vivo Life, Vivo Style, en die Vivo GT, strek pryse tussen R250 000 en R360 000.

Meganies is die nuwe Vivo steeds identies aan die uittredende generasie, met die 1.4L enjin (en 5-spoed ratkas) wat 55kW en 130Nm verrig. Die 1.6L kan gekombineer word met beide die 5-spoed handrat, sowel as die 6-spoed outomaties, wat 77kW en 153Nm uitskop.

Die 1.0L turbopetrol en 6-spoed handrat Vivo GT model skop egter ’n merkwaardige 81kW en 200Nm uit.

Soos altyd lewer die Vivo ’n uitstekende brandstof verbruik, met die brandstofnaald wat skaars geval het tydens ons week-lange toets. Ons 1.6L Style toetsmodel het net bo die 5.8L/100km gelewer (meestal in die dorp), terwyl die 1.4L en 1.0T modelle egter verwag word om ietwat swaarder te wees.

Op die oog af lyk die nuwe Vivo bykans dieselfde as die uittredende model. Loer egter meer in diepte en daar sal vinnig gesien word dat die voorste buffer ietwat verskerp is om meer sporttief voor te kom. Dit lyk nou meer na as GTi model.

Verder kry die nuwe Vivo reeks ook misligte, sowel as hoekligte as standaard. Binne is die Vivo ook aansienlik opgekikker met ‘n 9-duim raakskerm, kompleet met draadlose selfoon konneksie, wat as standaard kom met elke Vivo model.

Hierdie raakskerm is uiters maklik om te gebruik.

Verder is die basiese Vivo, sowel as die Vivo Life ook opgegradeer met 2 lugsakke, terwyl die Style en GT modelle ’n totaal van 4 lugsakke kry.

In terme van verdere veiligheid kry die Vivo ook nou elektroniese stabiliteits beheer (ESC) en banddruk monitors by.

Ons eie huisvoertuig is ’n tweede generasie 1.4L Vivo, dus het die week-lange toets met die 1.6 Style model ’n goeie vergelyking gebied. Dus was dit merkwaardig om op te let hoeveel meer kragtig die 77kW 1.6L is tennoor die 63kW in die 1.4L. Krag word baie vinniger in die laer toere gekry, wat dus ook die laer brandstof verbruik laat sinmaak.

Hierdie word veral opgetel op steil bulte of passe, met die 1.4L, wat konstant afgerat moet word, terwyl die 1.6 makliker aanhou.

Verder is die ratkas maklik hanteerbaar, terwyl die stuur lig en direk is.

Baie is nog dieselfde met die nuwe Vivo, dog is dit ’n voertuig, wat goed aanpas met die tyd. Volkswagen het nie nodig gehad om veel veranderinge te maak nie, bloot omdat die Vivo tydloos is, nes die Citi Golf, wat dit destyds vervang het.

Volkswagen verkoop tans 5 Vivo modelle, met pryse wat soos volg lyk:

  • Vivo 1.4L 55kw (handrat) – R266 600
  • Vivo Life 1.4L 63kW (handrat) – R288 500
  • Vivo Life 1.6L 77kW (outo) – R320 200
  • Vivo Style 1.6L 77kW (handrat) – R318 000
  • Vivo GT 1.0TSI 81kW (handrat) – R356 000

Elk van die Vivo modelle kom met ’n 3-jaar/120 000km waarborg, sowel as ‘n 6-jaar anti-roes waarborg. ’n Diensplan van 5-jaar / 150 000km word ook ingesluit.

Leave a Comment