Die AMG E53 Coupe 4 Matic + raaisel
In ‘n tyd waar Sportsnuts voertuie die mark oorneem, en luukse sports sedan voertuie sterk tweede kom, het ‘n sinvolle voertuig soos die Mercedes-AMG E53 Coupe sterk kompetisie. Tweedens, is hierdie ook nie die groot V8 E63 S nie. Waarom dan enigsens die AMG E53S oorweeg?
Die AMG E53 is die perfekte tussenganger van die gesofistikeerde E300 en die brullende E63S. Waar die AMG C63 S ‘n bul in ‘n porselein winkel is, is die E53 ietwat meer gesofistikeerd. Natuurlik is dit nie stadig nie, maar kan dit ook ‘n baie rustige voertuig op dieselfde tyd wees. As die perfekte middelganger is hierdie eintlik presies waarna ‘n E-klas eienaar sal soek.
Teen R1 630 600 (met ‘n 2-jaar / onbeperkde km lesing waarborg en 5-jaar / 100 000km diensplan) is die AMG E53 ook nie naastenby so duur soos ‘n sports SUV nie en is die hantering van hierdie voertuig ook veel beter en gerusstellend. Ongelukkig sal die bagasie plek van 425 liter teen die E53 tel, wanneer dit teen enige groter SUV opgemeet word.
Bygesê het die AMG E53 Coupe ‘n 3.0 liter turbo aangedrewe reguit 6 silinder met ‘n hibriede EQ sisteem. Dus is die voertuig instaat om 320kW en 520 Nm te lewer. Die EQ sisteem stoot ‘n ekstra 16kW en 250Nm na die wiele, wat ‘n 0-100km/h tyd van 4.4 sekondes lewer. Skakel die voertuig oor vanaf “Comfort” na Sport of Sport + en die reguit 6 se klanke begin deur die uitlaatsisteem klap.
Terwyl hierdie ‘n sport model is, is die vering redelik sag in Comfort en sal die 9-spoed outomatiese ratkas ook help om ‘n relatiewe goeie brandstofverbruik, sowel as ‘n gemaklike rit te lewer. Hierdie is ook te danke aan die 4-wiel trek en slim elektroniese verstelbare suspensie.
Die AMG E53 se vering kan egter hard wees, sodra die grondoppervlaktes meer onstabiel raak, terwyl band lawaai ook redelik sterk indring na die binneruim. Nog ‘n nadeel kan ook wees dat die 4 Matic + nie oorgeskakel kan word na net twee wiel aangedreweheid nie. Dus is die E53 té beheersd en kan dit nie rondom knap draaie geslinger word soos byvoorbeeld die C63 of E63 nie.
Terwyl die AMG E53 Coupe 4 Matic + miskien nie so manies is soos die V8 AMG’s nie, is dit eintlik die ideale balans tussen gemak, prys, sportiewe genot en luuksheid.