Sprint Artikel: 2024 Jaecoo J7 Inferno

Jaecoo hier om die mark om te tuimel!

Soortgelyk aan ander top vervaardigers, het die Jaecoo naam die land binnegedring as Chery se weelde-handelsmerk.

Chinese vervaardigers is besig om die voertuig-mark in Suider-Afrika oor te neem. Dink maar net aan Haval, Chery, Gwm, BYD, Foton, JAC, Omoda en BAIC. Elk van hierdie het skielik die land binnegedring en die mat onder die Europese en Japanese mark leiers uitgeruk; en met goeie rede. Meeste van hierdie nuwelinge bied puik luukse gehalte en uiters bekostigbare pryse tydens ‘n redelike knouende finansiële tydperk.

Moeilik om hierdie te dink, siende dat Jaecoo se J7 modelle elk onder R680 000 geprys is. Klim egter binne die J7 en die luuksheid kan vergelyk word met ’n Duitse ekwivalent, wat twee keer die prys is.

Die J7 is ook nie lig in die broek nie. 145kW en 290Nm word uitgeskop uit elk van die drie modelle se 1.6L turbo-petrol enjin. Bykomend kry die vlagskip model (die Inferno) ook 4-wieltrek en ‘n 7-spoed DCT outomatiese ratkas, wat anders as meeste nuwe voertuie in die segment, nie bok springerig van die lyn af is nie.

Die ratkas is seepglad.

Die J7 het ook drie bestuurs-funksies, waarvan die “eco” verstelling die beste brandstof verbruik bied, terwyl die “normal” en “sport” funksies die J7 ietwat meer haastig maak. Natuurlik kry die Inferno ook drie verdere verstellings, gepas vir die 4-wiel trek sisteem; naamlik sand, modder en grandpad/sneeu funksie.

Vir ’n uitstekende bekostigbare R679 900 voel die Inferno model uiters luuks met ’n oorvloed tegnologiese, veiligheids- en hulp-middels. Die panoramiese sondak, langwerpige (reusagtige) raakskerm en agter-stuur inligtings-skerm is maar net van die funksies wat onmiddelik die oog vang.

Verder kry die Inferno ruitgeprojekteerde inligting vir die bestuurder, volg-afstand beheer, draadlose selfoon-laai funksies, en outomatiese hoofligte.

Die J7 trek beslis aandag. Hierdie is te danke aan die 19-duim diamant-gesnyde wiele, en LED (voor en agter) lig afwerkings.

Hoewel die wiele reusagtig is, is die rit-gehalte gemaklik en sagkuns, selfs op die grondpad.

Die Jaecoo J7 het meer as ‘n 1000 bestellings gehad, nog voor dit in die land geland het, en met goeie rede. Dit bied uitstekende luuksheid, gemak en spasie. Als vir onder die R680 000 merk (boonop met ‘n 10-jaar / 1 000 000km waarborg).

In ’n ontwikkelinde land soos dié, waar Europese produkte ietwat buite bereik is van die groeiende middelklas, bied die Jaecoo ’n uitstekende alternatief.

Leave a Comment