Die afgelope paar maande het Suzuki SA geweldige spronge gemaak in terme van algehele verkope. Die Japanese vervaardiger, wat nou ferm in die tweede posisie sit vir algehele verkope, het die naweek nog ’n rekord behaal, die keer op die renbaan.
Fotos: Suzuki SA en Rob Till
Vir die vierde agtereenvolgende jaar was Suzuki SA weer een van die amptelike borge van die Simola heuwelren; ’n ren wat nou al sinoniem met Suid-Afrikaanse motorsport is. Soos met elk van die ander jare, het Suzuki weer van hul Swift Sport modelle ingeskryf om die 1.9km bult aan te durf.
Hoewel die 1.4L turbo- en voorwielaangedrewe blitsbuksies nou wel nie die 37 sekonde tye van Reghard Roets, Franco Scribante, Robert Wolk, en die Joubert broers kon aanvat nie, is dit ’n ware bewys van Suzuki se identiteit.
Teen net 970kg is die Suzuki Swift Sport die ideale voertuig om bekostigbaar teen die bult op te rits en steeds pret te hê. Vra maar net vir Gilles Miles, wat met ’n private Swift Sport opgejaag het.
Hierdie jaar was al drie van die amptelike Swift Sports, aangedryf deur ‘n 6-spoed outomatiese ratkas.
Voorheen is beide die 6-spoed handrat, sowel as die outomaties gebruik. Die tyd verskil tussen die twee modelle was egter minimaal.

Twee nuwelinge, naamlik Brendon Staniforth en Thomas Falkiner het by die ‘veteraan’, Wesley Greybe aangesluit. Falkiner was egter nie vervreemd van die Simola ren of enige ander vorm van motorsport nie; ’n feit wat vinnig besef is.
Falkiner het onmiddelik ’n blitsige tyd opgestel tydens die oefen sessies, terwyl Greybe en Staniforth toe toestande dopgehou besigtig het.

Met drie van die ses kwalifiserings rondtes op Saterdag, het Falkiner dit ook reg gekry om ’n nuwe Suzuki Siwft Sport rekord los te slaan met ’n tyd van 54.143. Die vorige vinnigste tyd was deur Greybe gestel in 2022, terwyl reën in 2023 dit moeilik gemaak het om daarby te kon hou.
Die rekord het egter nie lank gehou nie. Perfekte toestande tydens die eerste Sondag kwalifisering, het Falkiner met ’n nuwe rekord tyd van 53.781 sek gesien terwyl Greybe en Staniforth bykans identiese tye van 54.23 gelewer het.

Q5 het weer ’n nuwe rekord gesien, met Falkiner, wat ‘n 53.551 ingesit het, terwyl Greybe ook in die 53 sek gleuf innbeweeg het.
Warm weerstoestand het dit moeilik gemaak om nog ’n rekord te breek, met Falkiner, wat die Koning van die Heuwel vir Suzuki gekroon is met ’n tyd van 53.784. Greybe het in tweede plek geëindig met ‘n 54.221, terwyl Staniforth ’n tyd van 54.327 gelewer het.
Aksie regoor die naweek en ’n nuwe heuwel koning
André Bezuidenhout, wat die afgelope 6 byeenkomste absoluut domineer het, moes Donderdag sy Gould onttrek met meganiese probleme. Dus is die kompetisie wawyd oop geblaas, met diégene soos Wolk, Scribante, Roets, en die twee Joubert broers, wat almal gereeld tye onder die 40 sekondes lewer.

Die oefen sessies het reeds opwinding gelewer, met Scribante en Roets, wat reeds in die 38 sekonde gleuf ingeklim het. Robert Wolk en Dawie Joubert het egter onderskeidelik ‘n 37.2 en 38.8 neergesit in die tweede kwalifiserings sessie, waarna Roets ‘n 38.8 tyd opgesit het tydens die derde sessie. Dit, nes Wolk se 1989 Pilbeam tot stilstand gekom het weens meganiese probleme.

Wolk het identisie probleme ervaar, vroeg Sondag, terwyl Dawie Joubert die beste tyd vir die oggend geneem het met ‘n 38.291. Scribante en Roets het beide met meganiese probleme onttrek.
Met die klas finaal, het Wolk egter die perfekte streek gehad en die lyn in die vinnigste tyd nog oorsteek in ’n tyd van 37.133. Die twee Joubert broers het gevolg, maar kon egter nie dieselfde 37 sekonde grens haal nie.
Klas wenners:
Jean-Pierre van der Walt (Simonsvlei Porsche) het die padwaardige voertuig klas vir die vierdie keer in ’n ry gewen met ’n tyd van 42.935, terwyl Dawie Joubert (Lotus) die ge-alterde voertuig klas gewen het met ’n blitsige tyd van 38.405.

Alle oë was egter op Wolk, om te sien of hy as die algehele koning van die heuwel bekroon sou word. Met ’n merkwaardige tyd van 37.403 sou hy egter nie die vinnigste tyd van die naweek neem nie, maar sou dit genoeg wees om die algehele 2024 titel te neem.
Volgende jaar sien die 15de Simola heuwelren, en dit beloof om ’n spesiale geleentheid te wees.