As een van die hoof borge van die 2023 Simola heuwelren, het Suzuki nie net die tweede gekom in die enkel sitplek en sportsmotor klas nie, maar het die vervaardiger ook drie stok standaard Suzuki Swift Sports ingeskryf om te bewys dat enigiemand pret ken hê by die heuwelren.

Hierdie Swift Sport voertuie is ingeskryf onder die A1 klas vir vier-silinder voertuie. Die drie renjaers het ook ’n wye spektrum gedek. Sudhir Matai, ’n bekende motor joernalis, het voorheen deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Veldry Kampioenskap, sowel as die Volkswagen Polo Cup. Matai het nie net derde in sy klas geeïndig tydens die veldren nie, maar ook die Border 100 (in ’n Porsche GT3 Cup) gewen.
Wesley Greybe, wat in 2022 ook ’n Swift Sport teen die heuwel uitgejaag het, het ’n merkwaardige tyd van 54.580 sekondes in die handrat Swift Sport opgestel. In 2022, is ’n tweede Swift Sport in die hande van Reuben van Niekerk geplaas. Hierdie automatiese weergawe is op teen die bult in ’n tyd van 54.913 sekondes.

Anders as in 2022, het Suzuki Suid Afrika ’n derde Swift Sport ingeskryf, wat in die hande van die motorjoernalis, Kumbi Mtshakazi geplaas is. Mtshakazi het voor die 2023 heuwelren nog geen ander vorm van motorsport aangedurf nie.
Dus het Suzuki Suid Afrika hul drie bestuurders uitstekend gekies, om te bewys dat enige iemand aan die heuwelren kan deelneem, pret kan hê, en nie ten duurste ’n sports motor hoef aan te skaf nie.

Elk van die Swift Sports is ingeskryf sonder om enige modifikasies te doen. Dit is selfs ingeskryf met normale bande. Steeds word die Swift Sport as die perfekte heuwelren inskrywing gesien, siende dat hierdie warm luikrug ‘n 1.4 liter BOOSTERJET enjin het, wat 103kW (teen 5500 opm) en 230 Nm (tussen 2500 en 3500 opm) verskaf. Bykans is die totale gewig van die Swift Sports slegs 970kg.
Ons eie ondervinding met die voertuig in 2020 het gedui dat hierdie kraglewering en gewig kombinasie, ideaal is vir konstante pret. Die Swift Sport het sedert die destydse bekendstelling, die mark betree as ’n maklik hanteerbare, dog praktiese warm luikrug.

Hierdie is tydens elk van die oefen- en kwalifisering rondtes by Simola aangedui, met die Swift, wat konstante tye gelewer het. Mtshakazi het onmiddelik uit die kuipe, ’n uitstekende tyd rondom die 1 minuut merk geplaas. Selfs meer verrassend, was die feit dat die twee outomatiese Swift Sports, konstant vinniger was as die handrat weergawe. Dieselfde tendens is in 2022 gevind.
Tydens die kwalifiserings rondtes, het Greybe dit ook reg gekry om sy 2022 rekord tyd te breuk, deur om ‘n 54.580 te plaas.

Die Swift Sports is ingeskryf in die A1 klas, saam met die splinternuwe Honda Civic Type R (FL5). Die kombinasie van 235kW en 420Nm was dubbeld, dié van die Swift Sports. Gepaard met die bekende renjaer, Deon Joubert, was hierdie stywe kompetisie.
In retrospek is die prys van die FL5 egter R979 000, waar die prys van die (6-spoed) handrat Swift Sport R419 900 en die (6-spoed) outomaties, R442 900 is. Hoewel die Swift Sports en die nuwe FL5 dus in dieselfde kategorie was, was dit soos om appels en pere te vergelyk.

In die droë weer, het die Honda konstant sowat 10 sekondes vinniger as die Swifts teen die bult uit gestorm. In die reën, het die Suzukis egter terug geveg en net ’n skrale 5 sekondes verloor.
Die Swifts mag dalk nie die vinnigste voertuie in die jaar se ren gewees het nie, maar dit was juis die punt. Waarom wil mens ’n voertuig besit, wat mens inelkgeval nie wettiglik meer as 120km/h kan ry nie?

Met die Swift Sport het Suzuki die spyker op die kop geslaan. Dit mag dalk nie die vinnigste voertuig in ’n reguit lyn wees nie, maar dit voel beslis soos ’n go-kart deur die draaie.
Ek is mal oor my Suzuki Swift! 😀