Pure Franse flair
Om na die Peugeot 3008 te verwys as Franse “flair” by uitnemendheid is miskien om jou kop te ver uit te steek aangesien dit ‘n term is wat heelwat verskillende persepsies kan uitlok. Maar dan moet daar ook in gedagte gehou word dat die term “flair” (wat moeilik in Afrikaans vertaalbaar is) ook heel dikwels gebruik word om na die hoë risiko rugby te verwys wat eie aan die Franse is – en soms heel rampspoedige gevolge kan hệ.