Reik na verdere hoogtes
Volkswagen se Polo Vivo het in 2012 die prestasie behaal om as topverkoper van passasiersmotors in Suider-Afrika aangewys te word. Nie minder nie as 34 873 van hierdie gewilde model uit die Volkswagen stal, wat in Uitenhage vervaardig word, is gedurende 2012 verkoop.