Vergelyking: 2023 Toyota Corolla Hybrid sedan en luikrug

Toyota se hibriede voertuie is ongetwyfeld ’n winskoop in Suid-Afrika. Nie net is dit betroubaar (weens die Toyota parte) nie, maar is dit ook bekostigbaar. Hierdie is grootendeels te danke aan die Toyota plant wat plaaslik die voertuie aanmekaar sit (in Durban). Natuurlik elimineer dit die invoers- en belasting- onkostes.

Toyota se twee nuwe hibriede modelle: Die Corolla Sedan en die Corolla luikrug

Dus verkoop Toyota nie net een van die goedkoopste hibriede voertuie (Die Corolla Cross teen R476 600) in Suid-Afrika nie, maar ook een van die mees betroubare en mees ekonomiese. Om ’n splinternuwe hibriede voertuig, onder die half miljoen Rand merk in Suider Afrika te kry, was voorheen ongehoord van; en dan praat ons nie eers van die feit dat dit ’n kompakte SUV is nie.

Terwyl Toyota se eie meganiese waarborg dalk bevraagteken mag word, kom die batterye in die voertuie met ’n enorme 8-jaar waarborg. Die Corolla Cross, insluitend die hibriede model, is dus in sterk aanvraag en selfs op ’n waglys.

Toyota het tans vier hibriede voertuie, waarvan die Rav4 die ander SUV is. Dog bly Toyota ook nog een van die enigste vervaardigers, wat ook nog sedan en luikrug modelle verkoop. Ons, by Galimoto Media, het maar net ’n sagte plek vir hierdie voertuie, siende dat dit steeds veel meer sin maak as die illusie van vele klein, kompakte SUVs.

Die Corolla sedan, sowel as die Corolla luikrug word nou beide met hibriede stelsels verkoop. Hierdie word na verwys as “HEV” modelle, waar die battery gelaai word tydens die rit, en hoef dit nie by die muur ingeprop te word nie. In 2021 het ons geweldig baie van die hibriede Corolla sedan gehou. Tydens die hele week se toetse en rondrits in die stad, het die 43 liter brandstof tenk nogsteeds ’n bereikbare afstand van 700km aangedui (met die tenk, sowat ¾ vol).

Nou het die 12de generasie Corolla nog meer aanloklik geword, nie net as gevolg van die “jonger” ontwerp nie, maar ook die feit dat die hibriede eenhede in beide die intreevlak 1.8-liter XS model, sowel as die top, 1.8-liter XR model verkoop word. Beide kom natuurlik gepaard met die outomatiese CVT ratkas.

Die hibriede modelle het ook genoeg krag met 103kW en 142Nm, wat beskikbaar is. Vir ’n voertuig met ’n beter swaartepunt en minder windweerstand, is hierdie krag oorgenoeg. Die hibriede batterye verskaf 18.1kW, wat toelaat dat die brandstof ekonomie vir beide modelle, konstant rondom die 5l / 100km draai. Ons het wel gevind dat die sedan effe swaarder was op brandstof, maar hierdie variasie is met minder as ’n halwe liter. Bygesê, het is die sedan model (50 liter) se brandstof tenk, 7-liter grootter as dié van die luikrug (43-liter)

Die verskille tussen die sedan en die luikrug is minimaal, met beide voertuie, wat binne dieselfde lyk en voel. Terwyl beide modelle gemaklik was om te bestuur, het ons egter die luikrug se kompaktheid (veral in die stad) meer geniet. Hierdie kom natuurlik met ’n nadeel, siende dat die sedan model se kattebak spasie (470 liter), sowat 120 liter meer is as die luikrug (352-liter). Soortgelyk het die sedan model ook meer beenspasie in die tweede ry.

Die luikrug model wen egter weer as dit by grondvlak hoogte kom, met die sedan (130mm), wat 20mm laer is as die luikrug (150mm). Die luikrug model is ook effe meer sporttief geveer as dei Sedan model.

Soos reeds genoem, is beide die luikrug en sedan modelle se binneruim bykans identies, behalwe vir die XR en XS modelle.

Alle modelle kom standaard met ‘n 8-duim raakskerm, gepaard met draadlose selfoon funksionaliteit (konneksie, sowel as herlaai geriewe) en 2 USB-C poorte kry. Die XS model kry ook ‘n 7-duim instrument skerm agter die stuurwiel, terwyl die XR lukrug ’n enorme 12.3 duim digitale instrument paneel kry.

Is die hibriede modelle die moeite werd?

Ons het voorheen genoem dat die Corolla Cross hibried dalk nie so ekonomies is soos verwag nie. Hierdie is te danke aan die grootter bakwerk en windweerstand. Gepaard met die 36l grootte brandstof tenk, mag die Corolla Cross Hibried dalk net meer gereeld die petrol pompe besoek.

Persoonlik maak die hibriede Corolla sedan en luikrug modelle net soveel meer sin. Natuurliks al daar baie teenstryding wees, maar om ons argument, statisties te bewys, let op die volgende:

  • Die Corolla Cross (160mm) staan net 10mm höer van die grond af as die Corolla luikrug (150mm) en 30mm meer as die sedan (130mm).
  • Die Corolla Cross (teen 1620mm) staan ook amper 200mm höer in die lug as die sedan (1435mm) en die luikrug (1480mm). Hierdie beïnvloed nie net die algehele windweerstand nie, maar ook die hantering van die voertuig.
  • In terme van algehele lengte is die Corolla Cross (4455mm) net mooi in die middel van die sedan (4630mm) en die luikrug (4375mm).
  • Dus kan die sedan (470l), sowat 30-liter meer bagasie hou as die Cross (440l), maar 120l meer as die luikrug (352l).

Waar ons voorheen, lesers eerder verwys het na die goedkoper en veel meer praktiese (normale) Corolla Cross, eerder as die hibriede weergawe (bloot as gevolg van die 9l grootter brandstof tenk en amper identiese brandstof verbruik), sal ons egter die omgekeerde wil doen met die sedan- en luikrug modelle.

Die enkele rede hiervoor is omdat die hibriede sedan en luikrug net soveel meer ekonomies is as die normale modelle. Hoewel die brandstoftenk in die hibriede sedan en luikrug sowat 7-liter kleiner is as die normale weergawes (50-liter), is die verskil in brandstof verbruik veel meer as die Corolla Cross.

Die prysverskille tussen die 2.0-liter XR weergawe (R561 200) en die 1.8-liter hibriede model (R571 900) is ook nie astronomies nie, waar die prysverskil tussen die 1.8 Cross XR (R478 700) en Cross Hibried (R516 900) veel meer is.

In ’n wêreld, waar kopers op maande-lange waglyste sit, in afwagting vir die nuutste SUV, is dit dalk nie die mees sinvolle keuse nie. Gaan eerder direk na Toyota en verruil daardie hard verdiende geld vir ’n veel meer sinvolle Corolla sedan or luikrug.

Elk van die sedan en luikrug modelle sal verkoop word met ‘n 6-diens / 90 000km diensplan, sowel as ’n goeie 8-jaar / 195km battery waarborg.

Die pryse vir die hibriede modelle is as volg (September 2023):

Luikrug modelle:

  • Corolla 1.8 XS CVT HEV:                            R531 200
  • Corolla 1.8 XR CVT HEV:                            R571 900
  • Corolla 1.8 XR CVT HEV (dubbel kleur): R583 100

Sedan modelle:

  • Corolla 1.8 XS CVT HEV:                                       R543 900
  • Corolla 1.8 XR CVT HEV:                                       R564 600

Leave a Comment