Padtoets: 2019 Renault Koleos

Koleos die wenner, waarna niemand kyk

Die Renault Koleos is die Franse vervaardiger se glansperd as dit kom by die Sportsnuts mark en natuurlik het dit ‘n string kompetisie, waarvan ‘n paar name soos die Volkswagen Tiguan, Toyota Rav4, Ford Kuga en Mazda CX5 die mees bekende is.

Kan Renault dit regkry om hulself tussen hierdie bekende vervaardigers in te druk?



Oor die afgelope tyd het ons ‘n geweldige polarisasie vir Renault produkte ontwikkel. Eerstens is die splinternuwe Kwid aan ons toevertrou; ‘n voertuig, wat egter agter sy kompiteerders in die intree vlak segment hardloop. Slegs sewe dae daarna is die Duster TechnoRoad aan ons gegee en kon ons geweldige goeie terugvoering gee. Dieselfde sentiment is nie ‘n rare verskynsel met Renault produkte nie. Dit is selde dat die vervaardiger ‘n gestandardiseerde produk lewer.

Met sterk kompetisie in die segment, moet die vraag egter afgevra word: gaan die Koleos soortgelyke kritiek as die Kwid moet verduur of sal dit ‘n meer positiewe uiteinde soos die Duster volg?

Om die vraag vining te beantwoord, kan ons gemaklik noem dat die Koleos sterk kompetiesie in hierdie top-SUV klas bied. Nie net is die prys (R479,900) van ons 2.5 Petrol Dynamique AWD toetsmodel uitmindend nie, maar bied dit took ‘n goeie 5-jaar / 150,000km waarborg en 5-jaar/ 90,000km diensplan.

Hoewel dit ‘n petrol model is, was die brandstof-verbruik ook heel gepas teen 8.7L/100km en kan dit 464 liter se bagasie inneem (1,795 liter met die sitplekke platgeslaan).

Vir ‘n groot SUV is hierdie dan ‘n goeie begin.

Met 126kW en 233Nm en ‘n natuurlik-geaspireerde enjin, is die krag-lewering egter effe lui in die dorp. Neem die Koleos op die oop pad en hierdie probleme verdwyn; met die rit wat egalig en kalm is. Wind geraas is minimaal en die lang voertuig het verbasende goeie padhou-vermoë.

Kom ons kom egter by die kruks van die artikel.  CVT is vir vele kar-liefhebbers ‘n vloekwoord… en dit is verstaanbaar so. Ons het al die voorreg gehad om voertuie te ry met uitstekende CVT’s en sommige met ongelooflike slegte CVT’s (hierdie spektrum kan selfs onder een vervaardiger naam gevind word).

Die Koleos se CVT het ons egter verbaas. Moet nie van die voertuig se ratkas verwag om stil te wees teen hoë spoed nie. Dan weer, dit is nie waarvoor die Koleos vervaardig is nie. Ons het al in vele van die turbo-aangedrewe kompetisie gery, met dieselfde tipe ratkas, maar met veel slegter vernuf as dit by die CVT kom.

Die ergste hiervan is dat die einste kompetisie veel duurder as die Koleos is.

Met ‘n grondhoogte van 220mm asook ‘n keuse tussen twee-wiel asook vier-wiel trek en vier-wiel trek met kruiprat (tot en met 40km/h) sal die Koleos die klipperige paaie kan aanpak, maar word dit nie aangeraai om elke sandduin teen hoë spoed te gaan uitjaag nie.

Meer indrukwekkend is dat Renault die Koleos uitbring met ‘n hele lys van standaard ekstras. Hierdie sluit in LED hoofligte, dagligte, LED agterligte asook 18-duim allooi wiele.

Binne is die Koleos toegerus met ‘n 8.7 duim R-Link2 streel-paneel, ‘n informasie sisteem met Apple CarPlay en Android Auto asook Bluetooth en USB konnektiwiteit (2 voor en 2 agter). Die informasie-sisteem is maklik verstaanbaar, maar kan egter vinnig gekrap word deur stowwerige vingers.

In terme van veiligheid kom die Koleos met ‘n 5-ster Euro NCAP. Dit sluit In ses lugsakke, ABS met EBD, elektroniese stabiliteits-beheer met traksie-beheer, ‘n trurat-kamera, parkering-sensors, blinde kol waarkuwings, ISOfix punte, outomatiese reën-sensors en ‘n verstelbare stuurwiel.

Na mening is die algehele gehalte van die Koleos puik en bied dit realistiese kompetisie en ‘n ferm waarskuwing aan die ander vervaardigers.

Die Koleos is gebou om presies dit te doen wat dit moet.

Teen so ‘n uitmuntende prys, kan ons nie sien waarom die Koleos nie oorweeg moet word deur elke potensiële groot SUV koper nie.

1 thought on “Padtoets: 2019 Renault Koleos”

Leave a Comment