Nuwe Santa Fe gereed vir Suider-Afrikaanse paaie
Die afgelope twee dekades het ‘n merkwaardige groei vir Hyundai in Suider Afrika gesien. Net mooi gedurende die afgelope jaar, het die Suid-Koreaanse vervaardiger op geskuif na die derde plek in terme van familie voertuie verkope. Hierdie is grootliks te danke aan ‘n puik 7-jaar waarborg, asook die uitbreiding van hul Sportnutsvoertuig modelle.
Die afgelope 20 jaar het die Santa Fe, nes die Tucson en IX-35, uitstekend verkoop, met die tweedehandse mark wat selde sleg praat oor die onderhouds onkostes van ‘n Hyundai SUV. Nou, na vier suksesvolle generasies, hoop Hyundai om nog meer koppe te laat draai met die opgradering van hul 7-sitplek SUV.
Die nuwe opgradering sien ‘n verfrissde roostersamestelling, met geïntegreerde ligte, en nuwe dagligte. Agter is die uitlaatpype weggesteek onder die bakwerk, nuwe agterligte, ‘n ligstaaf, wat strek dwarsoor die agterdeur, en 19-duim allooi wiele.
Die Santa Fe word in ‘n ‘Executive’ en ‘Elite’ model verkoop, met albei wat dubbele LED hoof- en agterligte, ‘n elekronise tru spieëltjie, chroom afwerking, privaatheid agtervensters, ‘n vol-grootte spaarwiel, 8-duim raakskerm, Bluetooth, sleutellose start / stop funksies, leer sitplekke, outomatiese lugversorging, tweede ry lugverkoeling, rat wisselings agter-stuur pedale, trurat kamera, kabellose selfoon laai funksies, asook outomatiese reën sensors bied.
‘n Verdere opmerking is dat nie nuwe Santa Fe (Elite) nie net verhitte sitplekke en ‘n verhitte stuurwiel het nie, maar ook verkoelbare (geventileerde) sitplekke. Hierdie maak ons onmiddelik opgewonde siende dat hierdie funksie net tans in voertuie veel hoër in prys gevind word.
Albei modelle is ook toegerus met bestuurder- sowel as passasier- en sy-lugsakke, ABS, ESC en elektroniese bult-stillstand-hulp, spoed-beheer, blindekol-waarskuwings en ‘n outomatiese parkeer-rem.
Genoeg van die spesifikasies; hoe is dit om die nuwe Santa Fe te bestuur?
Vir beide die Executive en Elite se pryse, bestuur die modelle geweldig gemaklik. Met minder pad- en enjin geraas in die nuwe modelle, is die kajuit aansienlik stil. Die nuwe 2.2-liter diesel enjin het wel minder cc’s as die vorige (2 151 cc), maar skop nou 148kW (teen 3 800 opm) en 441Nm (tussen 1 750 en 2 750 opm) uit in vergelyking met die vorige enjin se 145kW en 436 Nm. Dus is nie net die kraglewering beter nie, maar ook die brandstof-verbruik (7.8 liter per 100km).
Anders as in meeste voertuie, kom die nuwe Santa Fe nie met ‘n outomatiese ratkas handvatsel nie, maar eerder knoppies, wat aandui op trurat (reverse), neutraal (neutral) en ry (drive). Hierdie vergemaklik die 8-spoed outomatiese ratkas se gebruik.
Op die oop pad is die suspensie sag (in Comfort) en is die lewering van krag (te danke aan ‘n wakker turbo) onmiddelik en egalig. Die voertuig voel ook veel kleiner om te bestuur as wat dit werklik is.
Ons sal ‘n meer in diepte analise kan gee sodra ons die voertuie getoets het. Hou hierdie blad dop.
Hier volg die afwerking en prys van die Executive en Elite modelle:
Die Santa Fe Executive word teen R769 500 verkoop, met kopers, wat ‘n twee-wiel aangedrewe voertuig sal kry met 18-duim allooi wiele, elektroniese verstelbare sitplekke (vir die bestuurder), sowel as ‘n trurat afstands-sensor en waarskuwing.
Die Elite model sal teen R869 500 verkoop word, maar sal addisioneel met 4-wiel trek (met oppervlak-verstellings), ‘n panaromiese dakpaneel, agter-sitplekgordel waarskuwing, LED agterligte, 19- of 20 duim allooi wiele, elektroniese verstelbare sitplekke vir die voorste twee sitplekke, verhitte en verkoelbare voorste sitplekke, agter venster-gordyne, verhitte stuurwiel, en ‘n voor- en agter afstands parkering-sensor kom.
Elk van die Executive en Elite modelle sal met ‘n belowende 7-jaar / 200 000km waarborg, ‘n 6-jaar / 90 000km diensplan en ‘n 7-jaar / 150 000km pad bystands pakket kom.