8 Handige padgewoontes om aan te leer

Hierdie artikel is nie net gerig op die vakansieganger, die maatskappy-bestuurder, of die tiener wat sopas hul lisensie gekry het nie. Die volgende paar reels is gemik op die motoris in geheel en moet aangeleer word as ‘n sesde sintuig.

Reël 1: Sluit uit enige afleidings

Of dit nou daardie klipharde saamsing snit is, of selfs daardie fietsryer of voetganger wat jou kwaad maak, ons almal kry op sekere stadiums aandag afleidings. Hoewel dit goed mag wees om die oë rond te beweeg en wakker te hou, is dit egter belangriker om dit op die spesifieke en dadelike doel te hou.

Reël 2: Veiligheid eerste

Baie ongelukke vind plaas weens motoriste wat ongeduldig raak en waaghalsige verbygaan opsies oorweeg, as gevolg van ‘n gebrek aan hulp van ander motoriste.

Eerder as om daardie motoris agter jou te hou en te wag vir flitsende voorligte, skuif eerder oor in die linker lyn om die hastige person verby te laat.

Daar is egter ‘n paar reëls om hier na te kom! Die lyn mag net gebruik word om ander verby te laat tydens daglig, as daar geen obstruksies (soos mense of ander motors) is nie en laastens, as jy ten minste 150m voor jou kan sien.

Reël 3: Bly links, steek regs verby 

Hierdie is een van die reëls wat nie sterk genoeg beklemtoon word nie en tans vir baie bekend staan as ‘n ongeskrewe reël.

Alhoewel Suid Afrika en Namibië nie ‘n ‘vinnige’ baan het soos ons Duitse vriende nie, is dit wel so dat ons soortgelyke reëls geimplimenteer het vir die gebruik van meer vloeibare roetes.

Reël 4: Hou ‘n lae, konstante spoed

Hoewel dit waarheid is dat spoed dodelik kan wees, is ‘n onreëlmatige spoed net so belangrik. Skielike versnelling kan ‘n voertuig se traksie verminder, maar ‘n skielike afname in spoed kan ook lelike nagevolge vir die bestuurder, asook die agterste verkeer, inhou.

‘n Konstante spoed laat toe dat almal ‘n veilige afstand hou en makliker bereken hoe om verby te steek.

Reël 5: Hou ‘n veilige volgafstand

Die goue reël hier is om ‘n 3-4 sekonde gaping te los tussen jou eie voertuig en dié voor jou. Hierdie reël is egter net van toepasing op droë teerpaaie en neem toe wanneer die pad glyerig raak.

Soortgelyk is dit ook belangrik om nie die motor te noodrem en draai op gelyke stadiums nie. In ‘n gevaar situasie sal dit help om die remme stadig te pomp en te draai, òf om die stuur reguit te hou en te noodrem.

Reël 6: Kyk rond

Nee, hierdie is nie in teenstelling met reël een nie. Die realiteit staan wel dat die tru- en kant spieëltjies daar is met ‘n doel. Elke 30-sekondes mag dit eensaam raak as daar ‘n tekort aan aandag is.

Alhoewel die tru-spieëltjie altyd belangrik is, moet die kantspieëltjie ook reg gebruik word vir die fiets of wandel roete, verbykomende motorfietsryer, asook wanneer daar gedraai word.

Reël 7: Flikkerlig

As ‘n voormalige fietsryer, en huidige motorfanatikus, het ek goeie kennis van die oorlog wat tussen hierdie twee pad gebruikers heers. Talle fietsryers gebruik ons paaie vekeerd, maar só ook talle motoriste.

Die maklikste maniere om hierdie stryd ‘n bietjie louer te maak is deur die eenvodige gebruik van ‘n flikkerlig, omdat dit almal rondom die motoris van hul onmiddelike bedoelings verwittig.

Reël 8: Dink aan ander

In Suiderlike Afrika is hierdie een van ons grootste probleme weens ‘n gebrek om mekaar beter te probeer verstaan en ‘n middeweg te vind. Voordat jy die volgende keer daardie sleutel draai (of daardie knoppie druk), dink aan hierdie reëls en begin dit stap-vir-stap aanleer.

Dit mag ons dalk net verras as ons almal mekaar begin respekteer en in ag neem.

Teks: Franco Theron

1 thought on “8 Handige padgewoontes om aan te leer”

Leave a Comment