Sedert 2020 het Suzuki Suid-Afrika ‘n geweldige groei ervaar en vinnig opgeskiet na die top-drie passasiersmotor-segment. Hierdie groei was ook nie toevallig nie, aangesien Suzuki Suid-Afrika voortdurend nuwe verkooprekords aanhou breek.
Suzuki Suid-Afrika hang ook nie rond nie. Net in 2023 het hulle verskeie nuwe motors bekend gestel, sowel as heeltemal nuwe modelle. Van hierdie is die Grand Vitara en die Eeco die nuutste. Die vervaardiger is ook besig om hul splinternuwe XL6, sowel as die vyfdeur-Jimny, gereed te kry.
Maar laat ons eers na die nuwe Fronx kyk.
Vernoem as die SUV-weergawe van die (wat ons dink) uitmuntende Baleno, is die nuwe Fronx bedoel om die plek van die uitgaande Vitara Brezza in te neem. Dit sluit dus by die Suzuki Suid-Afrika-stal aan as die mees kompakste SUV.
Die Fronx word in vier verskillende modelle verkoop (twee GL- en twee GLX-modelle), terwyl elke model aangedryf sal word deur die betroubare 4-silinder 1.5 liter (K15B) petrolenjin soos in die Baleno, Ciaz, Ertiga, Grand Vitara, sowel as die JB74 Jimny. Die resultaat is 77 kW en 138 Nm.
Die GL-modelle sal 16-duim wiele, outomatiese LED-hooflig stelsels, ‘n 8-duim-raakskerm, lugreëling, ’n leer bekleedte stuurwiel, en dakrelings bevat. Ons dink hierdie intreevlak GL-modelle is uitmuntende goeie waarde vir jou geld, aangesien dit selfs met draadlose Appel CarPlay kom, ‘n truratkamera, spoed beheer, asook twee USB (Tipe-A en Tipe-C)-porte. Die GL-modelle sal verkoop word vir R279 900 (5-spoed handrat) en R299 900 (4-spoed outomaties).
Die GLX-modelle selfs groter 16-duim alloi wiele, ‘n 9-duim-inligtingskerm, asook ‘n digitale 4.2 duim-inligtingsskerm (agter die stuurwiel), sleutetellose stop / start funksionaliteit, en ‘n 360-grade kamera bevat Dit alles vir R315 900 (5-spoed handrat) en R335 900 (4-spoed outomaties).
Hierdie Suzuki-enjins het bewys dat hulle ‘n goeie verhouding met algemene brandstofverbruik het, aangesien die 5-spoed handrat in die Fronx ‘n gekombineerde verbruik van 5.5 l / 100 km sal gee, terwyl die 4-spoed outomaties ‘n verbruik van 5.7 l / 100 km sal lewer.
In vergelyking met die Baleno is die Fronx 5 mm langer (3995 mm), 20 mm breër (1765 mm) en 50 mm hoër (1550 mm hoogte) vanaf die grond. Dit is te danke aan ’n ryvlak hoogte van 170 mm, sowel as ‘n verbeterde suspensie om vir hierdie verhoogde ryvlak shoogte te sorg.
Die Fronx-reeks sal ook ABS met EBD, elektroniese stabiliteitsbeheer en twee lug- enkussings voor sien. Die GLX-weergawe sal intussen in totaal 6 lugkussings hê.
Die Baleno-reeks word op sy beurt geprys vanaf R239 900 tot R311 900, wat na ons mening steeds een van die beste aanbiedings in die 5-sitplek-hekbak-segment is. Indien jy egter ‘n bietjie hoër wil sit, sal die Fronx die nuwe donkerperd in die kompakte SUV-segment wees.