Nuwe Renault Sandero verras met klein petrol turbo
Toe die eerste Sandero ‘n paar jaar gelede op die mark gekom het dit gou heelwat aanhangers tot gevolg gehad – die prys was reg, voldoende krag (tog effe flou) en spasie, maar nie so lig op brandstof soos sommige van sy mededingers nie. Nou het Renault die Sandero heeltemal verfris met ‘n nuwe voorkoms en ‘n nuwe enjin – ‘n klein 900cc turbo.
Suid-Afrka is een van die eerste lande waar die nuwe Renault Sandero op die mark is. Na die sukses van die vorige Sandero en onlangs die nuwe Renault Duster het die maatskappy besluit om gou die nuwe Sandero na die vertoonvensters in Suid-Afrka te bring en word in geheel ingevoer. Voertuie wat minder as N$150 000 kos maak 21% van die passasiersmotormark uit.
Die nuwe Sandero is nou regtig ‘n mooi voertuig wat op die platvorm van die nuutste Clio ontwikkel is. Die duurder van die twee opsies het ook misligte voor in die buffer. Voor het dit groot hoofligte en ‘n breë sierrooster met die prominente Renault kenteken wat in die middle pryk. Die agterligte is kleiner, meer vierkantig en is laer geplaas en van agter lyk die Sandero breër en platter.
Die material wat binne in die kar gebruik word het ‘n tasbare gevoel van gehalte. Die material sitplekke is stewig en gee goeie ondersteuning. Die instrumentepaneel lyk netjies en modern met ‘n sagte en duursame gevoel. Die Sandero is toegerus met meeste van die luukshede en toerusting wat mens in duurder modelle sal verwag.
Die groot verandering is die nuwe enjin. Waar die vorige model ‘n 1400 (55kW, 112Nm) enjin of ‘n 1600 (64kW, 128Nm) enjin gehad het , het die nuwe een ‘n 900cc enjin en ‘n turbo-aanjaer. Die enjin ontwikkel 66kW en 135Nm. Dit is dus meer as wat enige van die vorige twee enjins ontwikkel. Verder is die rewolusies waar die maksimum wringkrag ontwikkel word 2500 rpm teenoor 3000 rpm van die vorige enijns en 90% van die wringkrag is al teen 2000rpm beskikbaar. Dus voel die Sandero op die pad in alle omstandighede sterker.
Jy kan gerieflik die Sandero op die lang pad neem en heerlik teen normale togsnelhede ry met nog voldoende krag om stadiger voertuie verby te gaan. Omdat die Sandero is die enigste kar in sy klas wat met ‘n turbo enjin toegerus is, gee dit hom die voordeel dat die dun lug van die hoëveld die werkverrigting nie so veel benadeel nie.
Ander sterkpunte van die klein 900cc turbo-enjin is laer brandstofverbruik en die minder uitlaat van skadelike gasse. (Die Sandero is vrygestel van CO2 belasting).
Die Sandero is het 15” wiele en is toegerus met 185x65R15 bande. Die rit en hantering is goed en baie gemaklik en ongelykhede op die pad word maklik geabsorbeer. Dit het ‘n vyf-spoed ratkas wat nou nie die gladste is wat ek al teegekom het nie maar dit is heel aanvaarbaar.
Die Sandero beskik oor ‘n hele aantal veiligheids kenmerke. Meer as enige van ander klein motors in sy prysklas. Die standaard ABS en EBD is die nuwe Sandero ook toegerus met EBA (Noodremhulp) stabiliteisbeheer, en vastrapbeheer en opdraadwegtrekbeheer.
Daar is twee weergawes van die Sandero luikrug om van te kies. Die intreevlak Expression en die meer luukse Dynamique. Van buite is daar min verskil. Meganies is die twee dieselfde maar van buite kan die duurder Dynamique aan allooi wiele, gekleurde buitespieëls en deur handvatsels en misligte uit geken word.
Binne is die belangrikste verskille spoedbeheer, elektriese buitespieëls en elektriese ruite aan al vier deure (Expression net voor). Die Dynamique het vier lugsakke waar die Expression net twee het.
Die Sandero vergelyk baie goed met die ander fabrikate in sy prysklas op die mark in Suid-Afrika soos die VW Polo Vivo, Ford Figo en Toyota Etios. Waar die vorige Sandero bilik geprys was tov sy mededingers, was dit swaarder op brandstof. Die nuwe Sandero met sy 900cc turbo-enjin is nog steeds bilik geprys, maar nou het dit ‘n beter verbruik as die ander fabrikate en het selfs nog meer krag. Al het dit die enjin met die kleinste kapasiteit is sy krag nou in dieselfde orde as die res.
Dan is daar nog luukshede soos lugreëling, elektriese vensters voor, radio met CD en MP3 (slegs standaard in die Figo) en ‘n sentrale sluitstelsel met afstandsbeheer wat nie (of as ‘n ekstra opsie) by die ander ingesluit is nie.
Die Sandero kom met ‘n 5 jaar of 150 000km waarborg en ‘n twee jaar of 30 000km diensplan en daar is twee opsies om van te kies, naamlik die Expression teen N$133 900 en die Dynamique N$141 500.