Bekendstelling: Suzuki Jimny 1.5 AllGrip (GL en GLX) 5-deur

Suzuki SA bekroon suksesvolle 2023 met Jimny 5-deur bekenstelling.

Tydens November 2018, het Suzuki Suid-Afrika die splinternuwe 4de generasie (kodenaam: JB74) Jimny bekend gestel. Terwyl die 3de generasie Jimny een van die kern redes vir Suzuki SA se sukses was sedert hul plaaslike herkoms in 2008, het die model ‘n paar moderne opdaterings benodig. In werklikheid was die derde generasie Jimny (JB23) teen daardie tyd al ’n dekade oud die land (twee in ander lande).

Die 4de generasie Jimny (in GA en GLX hand- en outomatiese weergawes) was ‘n onmiddellike sukses, met ‘n groter, 1.5L petrolenjin wat 13 kW en 20 Nm meer gelewer het, sowel as ‘n meer moderne ontwerp.

So suksesvol was die voertuig dat kopers op waglyste geplaas moes word om hul bestellings te ontvang. In 2022 het Suzuki SA selfs ‘n GL-spesifikasie bekendgestel (beide in die 4-spoed outomatiese en 5-spoed handrat).

Hoewel perfek vir twee mense, was dit beperk vir meer insittendes, terwyl die bagasieruimte net ‘n stoorvolume van onder 90L gehad het (met die agtersitplekke op). Vir groter gesinne of diegene met groter stoorbehoeftes, was die Jimny 3-deur eenvoudig te klein.

Suzuki SA bekroon ’n suksesvolle 2023

Die afgelope jaar was ‘n baie produktiewe jaar vir Suzuki SA, nie net in terme van voertuigbekendstellings nie, maar ook in terme van verkoop syfers.

Vanaf 2020 het die Japanse vervaardiger voortdurend sy eie verkoopsrekords gebreek, waarvan verlede maand (Oktober 2023) die nuutste rekord gebreek het met 3857 nuwe motors wat verkoop is. Dit kom met toenemende kliënte, wat waarde vir hul geld in hierdie produkte sien.

As ons na Suzuki SA se modelreeks kyk, is dit ook duidelik dat die vervaardiger iets vir almal bied en ook na hul kliënte luister wanneer dit by verbeteringe kom.

‘n Uitstekende voorbeeld hiervan is die nuwe 5-deur Jimny. Net soos die 3-deur, wat reeds ‘n waglys gehad het, reeds voor die ampterlike 2018 bekendstelling, het die 5-deur ook tans ‘n waglys.

Dit kom nadat die 5-deur verskeie onlangse bekendstellings gehad het by sekere geleenthede.

Hoe verskil die 5-deur?

Die nuwe 5-deur kom op die mark as ‘n aanvulling tot die 3-deur en is 340mm langer as die laasgenoemde, terwyl die hoogtes en breedte in beginsel soortgelyk is. Die nuwe 5-deur sal ook oor dieselfde 1.5L-enjin hê en hoewel baie mense dit mag bevraagteken, weeg die 5-deur net 100kg meer.

Jimny-eienaars sal weet dat die motor nie noodwendig ’n sneljaer is nie. Tog kraai die Jimny koning, wanneer dit kom by 4×4 oppervlaktes kom; en die nuwe 5-deur is nie anders nie.

Met dieselfde AllGrip Pro 4WD-stelsel het die 5-deur ook ‘n soortgelyke grondvlak hoogte van 210mm, terwyl dit ‘n soortgelyke benaderings- (36 grade), oorsig- (24 grade) en vertrekkingshoeke (47 grade) bied.

Op dieselfde wyse het die nuwe gewig van 1185kg geensins die brandstofverbruik beïnvloed nie, aangesien Suzuki beweer dat dit 6.3L/100km is vir die handrat en 6.8L/100km vir die outomatiese. Gedurende al ons toetse in die afgelope 4 jaar het ons selde gesien dat hierdie syfer 7.8L/100km oorskry, tensy die voertuig “entoesiasties” gebruik word of die dakrak swaar gelaai is.

Die addisionele 340mm, en twee ekstra deure beteken nou dat agterste (tweede ry) insittendes nou voldoende beenspasië het, terwyl die stoorruimte nou vergroot is tot 211L.

Die nuwe 5-deur Jimny sal ook in ‘n GL- en GLX-spesifikasie verkoop word, met net die GLX wat beide die 4-spoed outomatiese of 5-spoed handrat het (vir nou).

Beide GL- en GLX-modelle sal oor die ikoniese 15-duim wiele insluit, terwyl die GL-model (5-deur) met mistligte, elektriese buitespieëls en voorruit, USB-poorte, lugversorging, en ‘n Bluetooth-stereo-sisteem sal verkoop word.

GLX-modelle sal verkoop word met al die GL-spesifikasies, sowel as ‘n leeromhulde stuurwiel, lig-sensitiewe LED-hoofligte, outomatiese lugreëling, seilreëling en ‘n nuwe 7-duim inligtingskerm (met Apple CarPlay en Android Auto).

Beide modelle sal ABS, twee lugsakke vir die voorste insittendes, sowel as heuwelstop en afdraend beheer insluit. Die GLX sal ses lugsakke insluit.

Hoe is die padhou vermoë?

In hierdie opsig verskil die 5-deur eintlik nie van die 3-deur nie. Soos voorheen genoem, sal die 1.5L-enjin nie die motor na nuwe snelheidsrekords stuur nie. Die voertuig en enjin is op sy gelukkigste tussen 100 en 115 km/h, teen ‘n gemaklike 2500-3000 opm. Dit mag hoog klink, maar hierdie K15B-enjin het bewys dat dit hoër, dog stabiele revolusies geniet.

Agterste insittendes is ook baie gelukkiger, siende dat hulle meer beenruimte het en vir langer periodes gemakliker kan sit.

Soos met enige kortwielbasis 4x4s, het die 3-deur die neiging om meer rond te spring, wanneer dit ongebalanseerde padoppervlaktes of ongewenste winde ervaar. Die langer wielbasis van die 5-deur het dit bykans geëlimineer, wat ‘n aansienlik verbetering in padhantering bied.

Pryse

Tydens ‘n onlangse bespreking met kollegas in die motorbedryf is daar ooreengestem dat ‘n intreeprys onder die R500k-merk (vir die 5-deur weergawe) tot ‘n onmiddellike sukseskoers sou lei.

Terwyl die prys van nuwe voertuie drasties gestyg het, bring Suzuki SA nou die nuwe 5-Deur (GL) Jimny teen ‘n prys van R429 900 in. Dit is uiters goed geprys, siende dat dit slegs R39 000 meer kos as die GL-handrat 3-deur.

Die reeks sal afsluit met die GLX 5-deur Outomaties teen R479 900, ver onder die R500k-merk.

Suzuki Jimny 1.5L GL AllGrip (3-deur) handratR390 900
Suzuki Jimny 1.5 GL AllGrip (3-deur) outomatiesR412 900
Suzuki Jimny 1.5 GLX AllGrip (3-deur) handratR416 900
Suzuki Jimny 1.5 GL AllGrip (5-deur) handratR429 900
Suzuki Jimny 1.5 GLX AllGrip (3-deur) outomatiesR438 900
Suzuki Jimny 1.5 GLX AllGrip (5-deur) handratR457 900
Suzuki Jimny 1.5 GLX AllGrip (5-deur) outomatiesR479 900

Alle Jimnies word verkoop met ‘n 5-jaar / 200 000km waarborg, asook met ‘n 4-jaar/60 000km diensplan.

Leave a Comment