GAC Emkoo in Suider-Afrika met twee modelle

GAC se Emkoo is beslis ’n sakpas aankoop, ’n stelling, wat ons in die onlangse “Moenie die GAC Emkoo mis kyk nie” artikel gemaak het. In hierdie artikel sal ons egter spesifiek na die twee Emkoo modelle kyk.

Merkwaardiglik het GAC al hul pryse verlaag sedert Desember 2024, met die GAC Emkoo 1.5T Executive, wat ’n R80 000 verligting gekry het, terwyl die “Executive Plus” ’n volle R100 000 verligting gekry het.

Hier is die Emkoo se pryse:

 September 2024  bekendstellings prysPrys sedert Desember 2024
ExecutiveR 599 900R519 900
Executive PlusR659 900R559 900

Die twee modelle verskil nou met R40 000, inplaas ban die R60 000 voorheen. Inaggenome sou ons oorspronklik die “Executive” model as die beter opsie sien, maar met ’n ekstra R20 000 nou in die sak, maak die Executive Plus redelik baie sin; veral as dit met die segment mededingers vergelyk word, wat almal tussen R600 000 en R1.1 miljoen geprys is.

Waarom presies verkies ons die duurder “Executve Plus”?

Beide modelle is identies, wanneer dit kom by die enjin en die ratkas, met ‘n 1.5 turbopetrol enjin, wat 130kW en 370Nm uitskop, gepaard met ‘n 7-spoed DCT ratkas. Beide verrig ook dus dieselfde brandstof verbruik teen ’n gemiddeld van 8.1L/100km.

’n Kombinasie van ’n McPherson- en multi koppelings suspensie sorg dat beide modelle redelik sag, dog ferm geveer is, terwyl beide modelle ongeveer 4.7m lank, 1.9m wyd, en 1.67m hoog is.

Dus word die twee modelle net esteties geskei.

Die Executive model kry 18-duim wiele, elektriese versteekte handvatsels, outomatiese LED hoof- en agterligte, elektriese syspieëltjies, outomatiese ruitveërs, sowel as ’n enorme panoramiese sondak.

Die Executive Plus model kry egter 19-duim wiele, sowel as verhitbare syspieëltjies (vir ontwaseming), sowel as ’n induksie elektriese agterste deur.

Binne kry beide modelle ’n outomatiese lugversorging, reusagtige 10 duim raak- en informasie panele, lugversorgings panele in die tweede ry, ’n multifunksionele stuurwiel, kunsmatige leer sitplekke, en elektroniese verstelbare vensters.

Die Emkoo Executive Plus model kry egter ’n geheue verstelling vir die bestuurders sitplek, terwyl beide van die voorste sitplekke verhit, of verkoel kan word. Lig verstellings kan ook binne verstel word in die Executive Plus model.

Hoewel die verskille net esteties is, bied die Executive Plus veel meer as enige van die mededingers in die segment. Dog is dit nie ’n slegte idee om die Executive model self te oorweeg nie, siende dat dit net duskant die R500 000 merk aangekoop kan word.

Leave a Comment