GAC se Emkoo is beslis ’n sakpas aankoop, ’n stelling, wat ons in die onlangse “Moenie die GAC Emkoo mis kyk nie” artikel gemaak het. In hierdie artikel sal ons egter spesifiek na die twee Emkoo modelle kyk.
GAC
Padtoets: 2024 GAC Emkoo 1.5T GDi Executive
Moenie die GAC Emkoo mis kyk nie!
GAC word eintlik uitgespreek as “Gee Ay Cee”, ’n verligting vir vele, wat dalk mag dink dat hierdie sinoniem is tot vloektaal in Afrikaans. Terselftedyd is GAC se twee huidige modelle, naamlik die Emzoom en die Emkoo ook nie veel sagter op die tong nie. Moet egter nie dat hierdie jou wegstoot van die GAC fabrikaat nie. Die Sjinese vervaardiger het veel om te bied.