Honda se ‘Jazz’ nou fikser en reg vir die jonger mark

Internasionaal staan Honda se Jazz maar eintlik bekend as die Fit en met onlangse stereotipes, wat gemaak is oor die Jazz se generasie teikengroep, is daar besluit om nie net die naam te verander nie, maar ook die hele voertuig. Moet egter nie bekommer nie; die Fit behou steeds die unieke en praktiese karaktereienskappe van die ou Jazz.

Hoewel ons reeds die duurste Fit model vir ‘n week lank gehad het, wou ons bitter graag die nuwe hibriede e:Hev model toets. Hoe beter dan as met ‘n 2200km, week lange ekskursie, wat ons nie net oor seep gladde paaie sou neem nie, maar ook grondpaaie, wat verkies was bo die rowwe teerpaaie, sowel as klipperige grond passe, wat eintlik beoog is vir 4×4’s.

Die nuwe Fit reeks begin by R319 900 en word in drie variante verkoop, naamlik die Comfort, Elegance en die Executive.

Elk van die drie verkil sowat R40 000 tot R50 000 vanaf mekaar. Die hibriede e:Hev kos egter R469 900, maar met dit kom ‘n 5-jaar/200 000km waarborg, terwyl die laasgenoemde model ook met ‘n addisionele 8-jaar / 220 000km battery waarborg kom.

Die prys van die E:Hev Fit mag dalk stram voorkom, maar na ons Blouberg – St Francis Baai – Barefoot “Elephant Lodge”-  Makhanda – Stilbaai – en terug roete, kan ons wel hierdie regverdig.

Die intree Fit sluit ‘n sleutellose enjin aanskakel funksie, halogen hoofligte, ‘n TFT bestuurders kolom, outomatiese lugversorging, ‘n 5-duim skerm, 15-duim staal wiele, spoed beheer, materiaal bekleedsel, sowel as voor-, sy- en gordyn lugsakke in.

Die Executive model kry 16-duim allooi wiele, sleutellose toegang e naan/af skakeling, dubbele sitplek verwarmers, voor- en agter parkering sensors, ‘n leer bekleedsel, LED hoof-, agter en misligte, ‘n 9-duim raakskerm, trurat kamera en ‘n leer bekleedte stuurwiel.

Die e:Hev kry egter twee batterye, en al die funksies van die Executive model, sowel as aanpasbare spoed beheer, ongeluks vermeiding rem aksie, baan verwisselings bystand en aanpasbare hooflig hoogtes, ook by.

Die twee batterye van die e:Hev het elk hul eie funksie, met een, wat die voertuig dryf tussen 0-80km/h, of selfs teen afdraandes of as daar agter stadige verkeer gesit word op die hoofpad. Met matige voetwerk, kon ons die battery kry om die werk oor te neem tot en met 110km/h op die oop pad.

Om hierdie in perspektief te plaas, het ons vanaf St Francis tot Jeffreys baai en terug (sowat 75km) met net 15km se brandstof gery. Hierdie is te danke aan die verbindingspad se spoedgrens van 100km/h, sowel as die normale 60km/h binne die dorpe self.

Tydens ons eerste skof vanaf Blouberg tot in Kareedouw, sowel as vanaf Makhanda tot Stilbaai (beide 600km), het ons minder as 40l se brandstof gebruik. Hierdie kon egter laer wees, sou ons nie so baie trokke, veral teen opdraendes moes verbysteek nie.

Ons gemiddelde brandstof verbruik tydens ons toer was 5.3 liter per 100km.

Binne is die Fit baie goed uiteengesit en is dit nie net so prakties soos altyd nie, maar het di took hope meer tegnologie om die jonger generasie te betrek. Honda het met die vorige Jazz in 2018, hierdie department gehaas en ‘n raakskerm ingesit, wat nie net weerkaats het in die son nie, maar ook oudtyds en moeilik hanteerbaar was.

Die nuwe Fit het egter nou ‘n raakskerm, wat aanpas by die binneruim in geheel. Dus het die informasie paneel nie net twee USB punte nie, maar ook Bluetooth en selfoon (Apple CarPlay en Android Auto) konneksie, sowel as draadlose selfoon opvangs.

Die leer sitplekke in beide rye is uiters gemaklik en kan ‘n persoon gemaklik laat sit vir 200km op ‘n slag. Sodra my bene moeg geraak het en dit vining moontlik was om my bene te beweeg tydens die rit, het ek vlugtig net op die stuurwiel die aanpasbare spoedbeheer aangeskakel.

Nie net het die tweede ry uiters baie been- en kopspasie nie, maar kan die kattebakspasie vanaf 298 liter tot ‘n reuse 1199 liter vergroot. ‘n Volle fiets, met beide wiele aan kan kiertsregop agterin geplaas word. Natuurlik help die Fit se ‘Magic seat’ opset ook om geweldig baie spasie in die tweede ry toe te laat, sonder om waardevolle goed in die kattebak bloot te stel aan ‘buite oë’.

Terwyl pad- en enjin geraas minimaal is (te danke aan die eCVT ratkas), is die Fit net so gemaklik op die grondpad, soos dit op die teerpad is.

Ons grootste toets het egter gekom met rit vanaf St Francis na die Barefoot Addo Elephant Lodge, en van daar na Alicedale en toe Makhanda. Heel nuuskierig, het ons die Zuurberg pas aangepak, onwetend dat dit eintlik bedoel is vir ‘n 4-wiel en hoër ryvlak voertuig nie. Tog, te danke aan die Fit se 141 mm grondvlakhoogte en goed reagerende kragstuur, het ons stadig, maar seker die beeldskone hoogtes van die Ooskaap waargeneem.

Ek moet bieg dat ek die vorige Jazz model as ‘n ou mens voertuig gesien het, maar met die nuwe Fit is al hierdie stereotipes afgebreek. Die nuwe Fit is nie net sporttief wanneer dit nodig is nie (te danke aan die elektroniese aangehelpde 1.5l VTEC enjin, wat 80kW en 253Nm uitskop), maar ook bitter prakties en geweldig brandstof-vriendelik.

Die nuwe Fit is eintlik maar als wat jy soek en soos ek hierdie tik, wonder ek of my maand-oue SUV nie dalk op die mark gesit moet word nie.  

Leave a Comment