Suzuki Suid Afrika het onlangs die Vrystaatse dorp van Clarens goed wakker gemaak, met die onthaal van die eerste #JimnyGathering, sowel as die Safari Town Festival. Die plattelandse dorp, wat grens aan die “Golden Gate” Nasional Park, sowel as die Drakensberge, was die perfekte ligging om nie net soveel moontlik Jimnies bymekaar te bring nie, maar ook om ’n nuwe Wêreld Rekord te breuk.
Die Jimny Gathering is as ‘n konsep na vore gebring in 2020, ter viering van die ikoniese Suzuki Jimny se 50ste bestaansjaar. Ongelukkig het 2020 natuurlik ander planne gehad, en moes hierdie fees na later geskuif word. Dit is dus besluit om nie net soveel as moontlik Jimnies bymekaar te kry nie, maar ook om ’n Guinness Wêreldrekord te probeer breek, sowel as om die algehele publiek bymekaar te bring.
Die Langkranz plaas was uiteindelik die gekose ligging en het letterlik Jimnies in hul hordes betrek. Van die nuutste 5-deur Jimny (wat nog formeel bekendgestel moet word), tot die eerste generasie LJ model, wat in die 70’s aan die lewe gekom het, was by die byeenkoms. Uiteindelik het die byeenkoms, meer as 800 Jimnies gesien.
Dus was dit ook die perfekte geleentheid vir Suzuki Suid-Afrika en die Jimny gemeenskap, om hul name in die Guinness Wêreldrekord boek te kry. Dit volg nadat 787 Jimnies, gelyk hul hoofligte aangeskakel het, en aangehou het vir ’n minuut.
Die naweek het ook twee ander verrassings ingehou, met die ontwerper, Hisanori Matsushima, wat ook die fees bygewoon het. Matsushima-san is die Globale Suzuki hoof van die stylerings departement en is die brein agter die nuwe 4de generasie (beide die 3- en 5-deur) se ontwerp.
Terwyl die nuwe 5-deur weergawe nog formeel bekendgestel moet word, kon Jimny eienaars, sowel as die Safari Town Festival publiek, die nuweling aanskou. Soos met vele van hul ander produkte, het Suzuki na die publiek geluister en die bekostigbare 4×4 nog meer prakties gemaak. Hierdie was klaarblyklik ’n enorme sukses, siende dat aanhangers reeds gereed staan met hul beursies.
Terwyl Suzuki se onlangse sukses natuurlik aan die Jimny se verkope toegewys kan word, bied die Japanese vervaardiger ook ander modelle vir vele ander kopers. Dus is dit goed gedink om nie net die fees rondom Jimnies te fokus nie, maar ook die Safari Town Fees na lewe te bring.
‘Safari’ in Swahili, beteken om te reis. Dus word die “Safari Town Festival“ gesien as ‘n bewegende fees, wat nie net een keer, op een plek sal plaasvind nie, maar egter nog vele male sal plaasvind, op veelvoudige liggings. Dit is ’n fees, wat nie net bedoel is vir Suzuki aanhangers of eienaars nie, maar vir ieder en elk. Die konsep beeld basies Suzuki se motief uit, met die vervaardiger, wat iets vir ieder en elk bied.
Hierdie eerste “Safari Town Festival” het onderandere musiekgroepe soos Black Heidi, Mango Groove, Goodluck, en Spoegwolf gesien.
Die Sondag was op die Langkranz plaas self gehou, met Jimny eienaars, wat nog feestelikhede kon bywoon en Jimny stories kon deel. Die dag is afgeëindig met ’n skreusnaakse Schalk Bezuidenhout, sowel as die suksesvolle rekord poging.
Die onlangse #JimnyGathering saamtrek en Suzuki Safari Festival, het iets vir almal gebied. Ons hoop van harte dat hierdie die eerste van nog vele was.