Die week op toets het ons die nuwe 2.8 Toyota Fortuner. Snaaks genoeg het altwee my bure ook een. Rits vinnig af na die winkelsentrum en dit is moeilik om nie langs ’n Fortuner te parkeer nie.
Hoewel die Fortuner geweldig baie kompetisie bygekry het sedert 2006, is dit steeds die voorloper, wanneer dit kom by 7-sitplek SUVs. Die Fortuner het sedert sy bekendstelling altyd die plek ingeneem van ’n betroubare familie voertuig, wat enige pad kan aandurf; en dit teen ’n relatiewe bekostigbare prys.
Die 2022 weergawe is geensins anders as die vorige modelle nie. Ons 2.8GD-6 4×4 VX model was natuurlik die premie-model.
Die nuwe Fortuner VX het nuwe chroom afwerkings om die hoofligte, LED misligte, 18 duim wiele, ’n elektroniese agterdeur, sowel as ’n grootter lig-inlaat. Binne het die Fortuner nuwe leer afwerkings, sitplek verwarmers, sowel as ’n nuwe 8-duim informasie skerm sisteem met die nuutste selfoon konnektiwiteit.
Buiten die estetiese veranderinge aan die bakwerk, verskaf die 2.8l diesel enjin nou 150kW en 500Nm (20kW en 50Nm meer as die vorige 2.8L model). Waar die Fortuner se diesel enjinnoot vantevore nooit werklik stil was nie, is die nuwe 2.8 enjin geweldig stil en seepglad. Vir hierdie groot 4×4 is dit baie plesierig om met so ’n stil motor te ry. Dit is bloot te danke aan die wringkrag, wat teen lae revolusies verkry word.
Die bogenoemde maak hierdie groot voertuig ’n plesier om in die stad te bestuur.
Neem dit op die oop pad en die ses-spoed outomatiese ratkas is beter as ooit, met ratverwisselinge wat skaars opmerkend is.
Terwyl die 2.8L model 3.3 ton kan sleep, gee dit ook ’n goeie algehele brandstof verbruik. Aan die einde van ons week lange toets het ons ’n brandstofverbruik van 9.6L / 100km gekry. Hierdie is ’n uitstekende syfer, inaggenome dat ons meestal in die stad rondgerits het en nog ’n spoedtoets vir ons Galimoto Media YouTube kanaal ook ingewerk het. Hoewel Toyota se syfer net bo 7.6l/100km was, is die syfer wat ons gekry het, nie noodwendig sleg nie, en sal dit die 2.8L eenheid oor ’n beraamde afstand van 900km neem op ‘n 80L tenk.
Hier is dit dalk noodsaaklik om die 2.8 teenoor die 2.4 modelle te vergelyk. Die 2.4 modelle is effe ligter as die 2.8 modelle; Toyota noem dat die 2.4 (110kW / 400Nm) instaat is tot ’n brandstof verbruik van net oor die 7l / 100km. Die 2.4L 4×4 gebruik egter naasgenoeg soveel soos die 4×2 2.8L eenheid.
Verder kry die VX modelle ook nog veiligheids standaarde, wat onderandere blindekol waarskuwings, baan wisselings waarskuwings, ’n panoramiese kamera sisteem, en trurat waarskuwings insluit.
Natuurlik kry die Fortuner ook lugsakke reg rondom die kajuit.
Terwyl ons nog nie die 2.4L getoets het nie, sou ons egter bieg dat die 2.4L dalk die meer bekostigbare en ligter keuse sal wees, waar die 2.8L meer nutbaar is vir swaargelaaide ekskursies, waar ’n karavaan of perdeboks gesleep sou word.
Hier is die pryse vir die nuwe Fortuner reeks:
- 2.4 GD-6 R589 700
- 2.4 GD-6 outo R611 800
- 2.4 GD-6 4×4 R641 700
- 2.8 GD-6 R721 200
- 2.8 GD-6 VX R741 900
- 2.8 GD-6 4×4 R793 700
- 2.8 GD-6 4×4 VX R814 400
Elk van die Fortuners word verkoop met ‘n 3-jaar /100 000km waarborg en 9 dienste.