Daar is min aktiwiteite so lekker soos om ’n dag met Audi RS modelle te spandeer; en dit nog rondom die ikoniese Kyalami renbaan. Audi het ons onlangs genooi om ’n reeks van hul RS modelle te toets, onderandere die splinternuwe RS 6 en RS 7 modelle.
Vir diegene wat onbekend is met die RS naam, gaan lees gerus ons Engelse artikel oor die RennSport naam: https://www.namwheels.com/lineage-audi-rennsport/.
Audi het ’n hele reeks RS modelle saamgebring, waarvan die ikoniese en oorspronklike RS 2 Avant gereed gestaan het vir die media. Ongelukkig was die laasgenoemde maar net daar vir ‘roelose’ vertonings doeleindes.
Die feit dat hierdie Avant “Porsche” wieldoppe dra, is nie per-toeval nie. Die RS2 Avant (B4 model) is die oorspronklike RennSport model; ’n produk wat saam met Porsche in die 90’s geskep is om Audi’s ietwat meer sporttief dog luuks te maak. Dus is hierdie einste model ’n samevoeging van Audi se 80 stasiewa, gepaard met ‘n 5-silinder turbo-aangedrewe enjin wat 232kW en 223Nm uitgeskop het. Saam met dit het Porsche hul suspensie, wiele, en remme gevoeg.
In die 1990’s was ‘n stasiewa wat van 0-100km/h in net 5.8 sekondes versnel ietwat van ’n sprokiesverhaal.
Die RennSport verhaal het egter nie daar geeïndig nie, en tot vandag toe nog, bring Audi se RS afdeling wonderwerke uit. Die (B5) RS4 Avant, (C5) RS6 Avant, (B7) RS4, (C6) RS6, TT RS, (B8) RS4, RS 3, en natuurlik die R8, is maar net ’n paar van die mees ikoniese modelle onder die handelsmerk.
Sedertdien het die RS-embleem ook toegelaat om Q-modelle (oftewel SUVs) in te sluit en hoewel hierdie modelle meer populêr raak in Suid-Afrika, het Audi steeds geheg gebly aan hul stasiewa en sport sedan modelle; en met goeie rede.
Die splinternuwe RS6 en RS7 modelle is dus ’n voortsetting van die RS-wonderwerk, met beide van hierdie 2-ton voertuie wat van 0-100km/h versnel in ’n oog-waterende 3.4 sekondes. Om hierdie in perspektief te plaas, is dit net 0.6 sekondes stadiger as die R8 V10 Plus, wat veel ligter is en ’n groter enjin het.
Hierdie is meestal te danke aan die 4-liter V8 dubbele-turbo enjin, wat 463kW en ’n enorme 850Nm uitskop. Die turboaanjaer is nou groter en druk 2.6 bar uit, inplaas van die vorige 2.4 bar.
Gepaard hiermee kom dit met die 8-spoed tiptronic ratkas, wat vinniger en meer egalig van ratte verwissel (as in die normale quattro modelle).
Natuurlik kan daar ook nie ’n Audi RS artikel getik word sonder om na die kenmerkende quattro sisteem te verwys nie. Dit is immers Audi wat hierdie 4-wiel-trek sisteem ingebring het, en die tydren gemeenskap op sy kop gedraai het in die 80’s.
Dus sal die quattro sisteem in beide die RS6 en RS 7 modelle, met ‘n 40:60 as verhouding werk, waarvan die agterste as ’n bietjie meer aandag sal geniet. Sou een van die ander wiele egter op enige stadium meer krag vereis, of meer byt nodig kry, kan hierdie quattro sisteem die energie beter en meer eweredig versprei.
Ou Audi RS modelle was bekend vir onderstuur, weens die enjin wat so vêr na vore geskuif was. Hierdie is egter iets van die verlede met die nuwe RS6 en RS7, met die sentrale ewenaar, wat nou veel ligter en kompak is. Ons het dus gevind dat die stuuraksie baie meer direk is.
Wat hierdie nog verder help is die feit dat die reusagtige 22-duim wiele nou van titanium gemaak is, en dus 5kg minder weeg as die oorspronklike aliminium wiele. Dus word die gewig altesaam met 20kg vermider. Natuurlik help die nuwe Continental Sport Contact 7 (285/30) om nie net verdere gewig te verminder nie, maar ook stewiger te klou aan die pad oppervlakte.
Elk van hierdie help ook dan om die algehele remafstand (van 100-0km/h) te verminder.
Beide die RS6 en RS7 modelle sal uitkom met 6 elektroniese verstelbare bestuurs-profiele. Hierdie sal onderandere die effektiewe verstelling wees (vir beter brandstof verbruik), gemak, outomaties, en dinamies. Die RS1 en RS2 profiele is ook bygevoeg om die adrenalien ’n hupstoot te gee.
Die sisteem is nou al so gesofistikeerd dat die enjin onder 160km/h, en in die effektiewe verstelling, sal afskakel om oor die geheel minder brandstof te verbruik.
Nes met die oorspronklike RS2 model, bring die RS6 en RS7 modelle die sporttiewe en luukse wêrelde bymekaar. Beide modelle voel sporttief dog luuks, en uiters gemaklik aan die binneruim. ’n Sagter blou kleur en stiksel is nou selfs in gebring om weg te breek van die rooi-en swart stereotipe.
Verder word beide modelle toegerus met ‘n 12.3 duim Audi virtuele kajuit, en ’n ratveranderings aanwyser (om te help met rat verwisseling tydens handrat funksionaliteit). Anders as met ander voertuie, voel dit nie hier of die voertuig vir jou sê wat om te doen nie. Eerder verander die kleur van die vertoningspaneel van groen, na geel, en rooi, soos die revolusies toeneem, nes in ’n egte motorsport voertuig.
Die RennSport embleem is weer presies waar dit moet wees; ’n werklike balans tussen sporttiewe verigting, sowel as gesofistikeerde luuksheid. Die nuwe RS 6 en RS 7 modelle sal beslis ’n glimlag op almal se gesigte los.
Beide die RS modelle sal met ‘n 5-jaar / 100 000km Audi Snelweg plan verkoop word, met die pryse as volg:
- Audi RS6 Avant Performance: R 2 332 700
- Audi RS 7 Sportback Performance: R 2 444 500