Padtoets: 2017 Mini Clubman Cooper S – John Cooper Works

Prysige prettigheid

Die Rooiwarm staan in direkte kontras met die donker grys reën wolke in die agtergrond. Met die regte lens aan die kamera, stap ek oor die pad om die gepaste foto’s in te kry. Ietwat riskant staan ek in die aankomende baan van die bult, maar soos die Millenial generasie argumenteer; geen risiko is te groot vir daardie perfekte skoot nie. Ek is net gereed om gou daardie foto in te kry, toe ‘n vrou, moeg van die 2.5km se bult draf, eers by my stilhou om uit te vra oor hierdie Brandrooi Bigi (“Big mini”).

“Hoe vining is die kar? Ek is mal oor spoed”

… Is die twee sinne wat vorendag kom voordat die patroon gevolg word en daar oor die vele ander “vinnige” vervaardigers soos Maserati, Lamborghini en Ferrari gepraat word. Die afgelope paar dae was hierdie die normale patroon in meeste van my gesprekke langs die Mini.

Na aanleiding van hierdie Mini se klipharde uitlaat-stelsel-brandstof-ontploffings elke keer as daar ‘n rat afgewissel word, is die onmiddelike aanname dat dit ‘n blits moet wees in vergelyking met ‘n Ferrari. In alle eerlikheid is hierdie reeks Mini’s die kragtigste nog, maar is dit steeds effens stadiger as meeste van die kompetisie in sy segment.

Alhoewel hierdie Mini nie die vinnigste warm vuurpyl op die mark is nie, het dit ‘n ander trekpunt. Hier het Mini ‘n resep vir ‘n praktiese, (relatief) goedkoop, ratse en ‘n veelvoudige pretpakkie, wat nie die vinnigste 0-100km/h tyd (6.3 sek) nodig het om enige dag vanaf ‘n frons na ‘n glimlag te verander nie.

“So as dit ‘n paar split-sekondes stadiger is as die mededingers, is dit seker as gevolg van die Clubman se grootte en gewig?”

Hierdie is gewoontlik die tweede vraag na aanleiding van die antwoorde.

Wel, die 6 deur, 4-wiel aangedrewe, 2 liter, 4 silinder Turbo ‘pocket-rocket’ is eintlik heel naby aan een van die ander ikoniese modelle wat ons onlangs getoets het. Kom ons plaas dit in perspektief:

Dus is die Clubman eintlik kleiner as ‘n gewone warm luikrug (Die Golf is gewoonlik die standaard grootte).  Teen 1550kg is dit ook ligter as die Golf se 1800kg.

Die Clubman Cooper S JCW is dan, teen N$584 516 (5 jaar/100 000km diensplan en 2jaar/ oneindige aantal km waarborg), eintlik ‘n unieke voertuig. Dit mag dalk nie so vining soos meeste van die warm luikrug kompetisie wees nie, maar verskaf dit 4-wiel trek en die klap- en fluit geluide van ‘n Mercedes-Benz A45 AMG. Dit verrig al hierdie funksies teen ‘n fraksie van die laasgenoemde se prys.

Om uiteindelik elk van die bogenoemde vrae te beantwoord en die gesprek te beeïndig het die redenasie as volg gegaan:

Die Mini Clubman Cooper S JCW is dalk stadiger in ‘n reguit lyn as ‘n Golf R, Civic Type R of selfs ‘n gewone GTi, maar verskaf ontsaglike plesier elke keer wanneer daardie brandstof druppel op die warm uitlaatstelsel val. Dit het uitstekende 4-wiel traksie en kan baie maklik in ‘n rustiger “eco” funksie funksioneer.

‘n Nadeel is wel dat die sportiewe suspensie nie heeltemal versag in “Eco” en “Normal” nie, maar presies is wanneer die stuur geswaai word. Die uiteinde van die saak is dat 19” wiele en lae profielbande wel ‘n stamperige rit sal veroorsaak.

DCIM100GOPROGOPR0887.JPG

‘n Agt-spoed ratkas verseker ook spoedige en lae revolusies in “Eco mode”. ‘n Negatiewe bly egter dat die Clubman Cooper S JCW dors is en ‘n resultaat van 7 liter/100 km lewer. Skakel oor na sport en die 48-liter tenk mag dalk vinniger leeg raak.

Die Mini Clubman Cooper S JCW bewys dat spoed nie alleenlik die draer van plesier is nie. Hier het Mini die “bulls-eye” redelik goed getref in terme van ‘n veilige, witwarm speelding. Tweedens het die vervaardiger anders gedink het oor hul ontwerp (die “barn-doors”  en binneruim beligting/stylering dien as bewys).

Teensy dit ‘n Mini Countryman is kan die argument ook nie gemaak word dat Mini nie meer klein is nie. Mini vervaardig dalk groter onderstelle as die ikoniese 1960 model, maar relatief tot vandag se algehele model groottes (vir alle vervaardigers), bly die Mini steeds, wel… ‘n Mini.

Enige argument dat ‘n standaard Cooper S of Clubman Cooper S nie plesier gaan verskaf nie, weens grote en gewig, is ietwat irrelevant.

Die Clubman Cooper S JCW verskaf ure se plesier. Ry rustig in stadsverkeer in Eco of kry dalk net daardie raserige buurman terug in Sport – die Clubman JCW het iets vir almal.

 

Teks: Franco Theron

Foto’s: Galimoto Media


Performance:

0-10km/h: 0,35 seconds
0-20km/h: 0,84 seconds
0-30km/h: 1,36 seconds
0-40km/h: 1,93 seconds
0-50km/h: 2,57 seconds
0-60km/h: 3,23 seconds
0-70km/h: 3,94 seconds
0-80km/h: 4,83 seconds
0-90km/h: 5,79 seconds
0-100km/h: 6,90 seconds
0-110km/h: 8,07 seconds
0-120km/h: 9,51 seconds
0-130km/h: 11,22 seconds
0-140km/h: 12,94 seconds
0-150km/h: 14,71 seconds
0-160km/h: 16,89 seconds

0-100m: 6,41 seconds @ 95,77km/h
0-200m: 9,70 seconds @ 121,40km/h
0-300m: 12,49 seconds @ 137,42km/h
0-400m: 14,98 seconds @ 151,13km/h

——————————-

0-10mph: 0,64 seconds
0-20mph: 1,47 seconds
0-30mph: 2,48 seconds
0-40mph: 3,53 seconds
0-50mph: 4,88 seconds
0-60mph: 6,50 seconds
0-70mph: 8,42 seconds
0-80mph: 10,99 seconds
0-90mph: 13,78 seconds
0-100mph: 17,11 seconds

1/4 mile: 15,03 seconds @ 94,12 mph

Maximum acceleration G-force: 0,66G

Altitude: 60m

All data captured by Racelogic® Performance Box

Leave a Comment