Padtoets: 2017 Toyota 86 2.0l High (6-spoed) handrat

‘n Nuwe bankrekening vir agterbande?

Bekend gestel binne die Suid-Afrikaanse mark, is die Toyota 86 vervaardig om binne die mark van klein, ligte, agterwiel-aangedrewe en vinnige pretpakkies te val. Nie net is die 86 veronderstel om vinnig te wees nie, maar ook geweldige pret te verskaf teen beide lae- en hoë spoed.

Met die nuwe 2017 reeks, is daar drie 86 variante. Elk van hierdie kom uit met ‘n 2.0l normale geaspireerde enjin. Ons toetsmotor was die middel in die reeks en nes die intree model, ook ‘n 6-spoed handrat. Dit bied egter spoedbeheer, sleutellose aanskakeling, klimaatbeheer, digitale spoedmeters en leerbekleedsel. Die duurder ‘High’ model bied ‘n outomatiese ratkas, wat egter ietwat stadiger is in ‘n reguit lyn as die twee ‘goedkoper’ variante.

Al drie modelle kom ook standaard met 7 lugsakke, bultstilstaanhulp en remhulp, wat help om die wiele nie te sluit teen hoë spoed nie.

Ons 4-sylinder model het ‘n goeie 147kW en 205Nm verskaf, wat die 0-100km/h tyd na 7.6 sekondes bring.



Waarvan hou ons?

Die nuwe 86 mag miskien baie van dieselfde karakter eienskappe hê van die vorige modelle, maar kom met heelwat standaards-verbeteringe. Een hiervan is die drukvlerk agter, wat stewiger lyk en ís.

Die binneruim is meer eksklusief met sportiewe alcentara bekleedsel op die stuur, sitplekke en die sentrale paneel. Die stuur-knoppies is ook baie deeglik en goed afgewerk.

Verder het die 86 ook ‘n sentrale streelpaneel met ‘n verdere digitale kolom agter die stuur, wat informasie soos brandstofverbruik, aantal kilometres, kragkurwes en spoed gee.

‘n Verbetering op die vorige model is ook die luginlaatklank, wat heel normaal gekalibreer is teen stadsverkeer-spoed. Plaas gewig op die regter pedaal, en die enjin begin om die opera stembande op te warm. Neem dit na nét voor die rooi lyn (7 500 opm) en die enjin klanke is redelik duidelik. Die probleem met die vorige modelle mag dalk gewees het dat enjinklanke erg hard was teen lae spoed.

Weens die 86 se ‘swaartepunt’ strukturering (mid-enjin) en die gebruik van ‘n agterwiel aangedrewe kolom, is dit baie maklik om die 86 se agterstewe so ‘n bietjie te swaai. Skakel die traksie beheer af in die reën en gee die stuur oor aan die verkeerde persoon, en dit mag jou dalk duur te staan kom. Met traksiebeheer áf en op ‘n warm teeroppervlak, is die 86 eintlik heel maklik om te beheer in die draaie, met die nou-en-dan se staar uit die kant venster.

Die 86 mag dalk nie so vinnig wees in ‘n reguit lyn soos die warm-luikrug kompitisie nie, maar die agterwiel aangedrewe sisteem verskaf baie pret en dalk ‘n baie hoë rekening vir die agterbande.

Waarvan hou ons nie?

Die 86 kom egter met ‘n prys. Teen ongeveer N$500 000 is die 86 ietwat goedkoper as die luikrug kompitisie en op standaard met die ander twee sitplek klein pretpakkies. Dog is die 86 nie die mees praktiese motor op die mark nie.

Die voorste “bucket” sitplekke is gemaklik vir die 30 minuut vashou aksie teen vinnige spoed, maar mag dalk redelik hard en ongemaklik raak na 40 minute. Alhoewel die 86 ook ‘n tweede ry sitplekke het, is dit geensins gepas vir ‘n volwassene of selfs ‘n 10 jarige om in te pas nie.

Die 86 is geskep om ‘n intieme verhouding met die bestuurder te vorm. Ratwisseling is hard en die stuur is akkuraat, soos ‘n sportmotor eintlik moet voel. Dog het Toyota ietwat terug gehou met tegnologie in die voertuig. Nuwe standaarde soos usb-punte en bloutand konneksies is nêrens te vinde nie.

‘n Tweede punt is finale afwerking. Klein goed soos ‘n met-leer-oorgetrekte handrem kan ook dalk nuut oorgetrek word met alcantara en sodoende die binneruim meer deeglik en goed afgewerk te laat lyk. Veranderings en finale afwerking aan die ‘streelpaneel’ sal ook ‘n groot bydrae kan lewer tot ‘n voertuig van hierdie prys.

Teen net meer as die half miljoen merk, bied kompitisie soveel meer tegnologiese gemak en praktiese spasie.

Ruimte vir verbetering?

Met elk van die bogenoemde potensiële veranderinge, kan die 86 ook baie meer prakties wees in terme van kattebakspasie sodra die tweede ry sitplekke uitgehaal word en die ontwerpers by Toyota die kattebak-klap vergroot om die agteruit ook in te sluit.

Hierdie sal veroorsaak dat die kattebak veel groter oopgemaak kan word, en die spasie veel beter benut sal kan word.

Die 86 trek egter baie aandag. Die rede hiervoor: almal weet waartoe die 86 in staat is. Na ons mening sal die 86 ‘n uitstekende verkoper wees as klein veranderings aangebring word soos kattebakruimte (minus die tweede ry sitplekke), sowel as tegnologiese standardisering.

Die 86 is op die oomblik nie gemaak vir daaglikse gebruik nie. Dit sal aangekoop kan word as ‘n tweede speelding vir kort en kragtige ritte, maar nie vir langer ekskursies nie. Ons dink egter dat die 86, met ‘n paar klein veranderinge, tot soveel meer in staat kan wees.

Die 86 bly egter een van die mees bekostigbare speel voertuie.

*Elk van die 86 modelle kom uit met ‘n 4-jaar/60 000km diensplan en 3-jaar/100 000km waarborg.

Teks: Franco Theron & Norman Nieder-Heitmann
Foto’s: Galimoto Media 


Performance:

0-10km/h: 0,41 seconds
0-20km/h: 0,94 seconds
0-30km/h: 1,47 seconds
0-40km/h: 1,99 seconds
0-50km/h: 2,69 seconds
0-60km/h: 3,53 seconds
0-70km/h: 4,46 seconds
0-80km/h: 5,39 seconds
0-90km/h: 6,48 seconds
0-100km/h: 7,78 seconds
0-110km/h: 9,09 seconds
0-120km/h: 10,58 seconds
0-130km/h: 12,36 seconds
0-140km/h: 14,44 seconds
0-150km/h: 16,75 seconds
0-160km/h: 19,59 seconds

0-100m: 6,68 seconds @ 89,86km/h
0-200m: 10,12 seconds @ 117,05km/h
0-300m: 12,99 seconds @ 132,74km/h
0-400m: 15,58 seconds @ 145,19km/h

100-0km/h: 3,00 seconds @ 46,09 meters (once-off)

——————————-

0-10mph: 0,75 seconds
0-20mph: 1,58 seconds
0-30mph: 2,58 seconds
0-40mph: 3,93 seconds
0-50mph: 5,43 seconds
0-60mph: 7,33 seconds
0-70mph: 9,47 seconds
0-80mph: 12,11 seconds
0-90mph: 15,52 seconds
0-100mph: 19,93 seconds

1/4 mile: 15,64 seconds @ 90,37 mph

Maximum acceleration G-force: 0,67G

Altitude: 60m

All data captured by Racelogic® Performance Box

Leave a Comment