Padtoets: 2018 Suzuki Dzire

Padtoets: 2018 Suzuki Dzire

Smag na die Dzire

Goedkoop, stewig, gemaklik en ekonomies. Hierdie is die vier woorde, wat die nuwe Suzuki Dzire beklemtoon. Reeds op die bekendstelling sowat twee maande gelede het ons tot hierdie besef gekom.



Terwyl ‘n uitdagende, suikerriet-bestrooide roete met massiewe padgate (eintlik gate met ‘n klein stukkie pad rondom dit), en blinde spoed hobbels op besige roetes wat ons in die gesig gestaar het, het die nuwe Dzire heel gemaklik die 150km roete baas geraak. Nou het ons die geleentheid gehad om weereens die Dzire te toets op die oop- en stedelike paaie van die Suidkus.

Die nuwe Dzire is nie meer ‘n Swift met ‘n kattebak nie. Eerder is Dzire nou ‘n model op sy eie en hoewel dit in dieselfde prysklas val en dieselfde 1.2 enjin het as die Swift, is die Dzire gebou op ‘n nuwe onderstel.

Tweedens het dit ook sowat 100 liter meer bagasie ruimte as die Swift (378 liter) en 55mm meer beenspasie vir die tweede ry. Die nuwe Dzire het dus ongeveer 27% meer spasie as die vorige Swift sedan.

Die nuwe Dzire het ook ‘n splinternuwe binneruim om dit meer te onderskei van die Swift. Uiters gemaklik op die langpad, het die nuwe Dzire ook lugversorging, elektroniese vensters, twee lugsakke (voorste ry) sowel as ISOFIX punte.

Ons GL model kom ook met agterste ventilasie, 12V konneksie, USB en Bloutand, ‘n multi-bruikbare stuurwiel en ‘n voubare armleuning vir die bestuurder.

Die afwerking aan die binneruim bestaan hoofsaaklik uit material, met material sitplekke inplaas van (plastiek) leer. Die Dzire is goed uitgerus, sit gemaklik en is eintlik baie stil op die pad. Teen 120km/h kan ietwat padgeraas verwag word, met die Dzire self, wat anders optree teenoor die Kaapse Winde as die kleiner, Swift broer. Steeds is die Dzire baie pret om te bestuur.

Die 1.2 enjin met goeie kraglewering (selfs in die hoogste rat), het ‘n algehele brandstof verbruik van 5.2 liter /100km tydens ons ekonomiese toets (44km) gegee. Dit is nie ver vanaf Suzuki se 4.9 liter / 100km nie.

Die 61kW en 113Nm enjin is in geheel baie goed, met krag verspreiding wat eintlik heel geleidelik is. Sonder turbo kan die enjin egter vereis dat daar na ander ratte gesoek moet word teen steil bulte. Ons kan ook voorsien dat hierdie klein enjin dalk die stryd mag opsê waar die lug dunner is.

Vir streke wat egter nie beinvloed word deur die hoogliggende plato nie, is die Dzire ‘n goeie keuse in die goedkoop-sedan mark rondom die R200 000 merk.

Met ‘n twee jaar / 30 0000 km diensplan en vyf jaar / 200 000km waarborg, word die elk van die Dzire’s teen ‘n baie goeie prys packet verkoop:

  • Suzuki Dzire 1.2 GA (Handrat) R161 900
  • Suzuki Dzire 1.2 GL (Handrat) R177 900
  • Suzuki Dzire 1.2 GL AMT R 191 900

Teks: Franco Theron 
Foto’s: Galimoto Media




Performance:

0-10km/h: 0,60 seconds
0-20km/h: 1,26 seconds
0-30km/h: 1,93 seconds
0-40km/h: 2,56 seconds
0-50km/h: 3,60 seconds
0-60km/h: 4,62 seconds
0-70km/h: 5,75 seconds
0-80km/h: 6,99 seconds
0-90km/h: 8,93 seconds
0-100km/h: 10,82 seconds
0-110km/h: 12,91 seconds
0-120km/h: 15,26 seconds
0-130km/h: 18,68 seconds
0-140km/h: 23,17 seconds
0-150km/h: 29,05 seconds

0-100m: 7,45 seconds @ 82,76km/h
0-200m: 11,35 seconds @ 102,49km/h
0-300m: 14,62 seconds @ 117,50km/h
0-400m: 17,54 seconds @ 127,90km/h

100-0km/h: 3,17 seconds @ 44,22 metres (once-off)
Maximum deceleration G-force: 0,98G

——————————-

0-10mph: 1,00 seconds
0-20mph: 2,07 seconds
0-30mph: 3,49 seconds
0-40mph: 5,11 seconds
0-50mph: 7,05 seconds
0-60mph: 10,16 seconds
0-70mph: 13,50 seconds
0-80mph: 18,22 seconds
0-90mph: 25,82 seconds

1/4 mile: 17,61 seconds @ 79,44 mph

Maximum acceleration G-force: 0,49G

Altitude: 60m

All data captured by Racelogic® Performance Box

Leave a Comment