Vivo bereik nuwe hoogtes
Vir die afgelope sewe jaar is Volkswagen die leier met hul intreevlak motor, die Polo Vivo. Sedert die Vivo die laaste 2009 Citi Golf oorgeneem het, het die vervaardiger sowat 193 343 eenhede verkoop en hulle is nie van plan om daar te stop nie. Inteendeel, Volkswagen is van plan om nog meer te verkoop as ooit van tevore. Die vraag is egter: Sal hulle hierin slaag?
Met ‘n splinternuwe aanleg in Uitenhage en ‘n rekordgetal Vivo verkope in die vorige model se uittree jaar, het Volkswagen baie om na uit te sien. Nie net is die modelle nou meer bekostigbaar nie, maar bied dit ook meer vir die prys.
Ons is in Februarie 2018 genooi vir die bekendstelling van die nuwe Vivo, wat op die vorige Polo se onderstel en bakwerk gemik is. Hier het ons die geleentheid gehad om die (verbasend) kragtige Polo Vivo GT (1.0 liter 81kW / 200Nm) en die Highline (77kW) te ry. Dié keer wou ons egter na die intreevlak model (Trendline) kyk om te sien hoe dit met soortgelyk geprysde voertuie kompeteer.
Eerstens moet genoem word dat Volkswagen se nuwe uitleg alreeds besig is om dividende te betaal. Die eerste bewys hiervan is dat die Trendline nou die mark ingaan met baie meer funksies, vir net R600 meer as die vorige intree vlak Vivo.
Alhoewel die splinternuwe Trendline dan onder die R200 000 merk val (R179 900) het dit standaard funksies soos Bloutand/USB/SD, voorste elektriese vensters, lugversorging, kragstuur, ‘n verstelbare stuurkolom, vol grootte spaarwiel, bestuur- en passasier lugsakke, verhitte agterruit, ABS en ISOFIX punte.
As opsionele ekstra’s kan spoedbeheer, 15-duim allooi wiele, voor misligte, elektroniese stabiliteits beheer, band lugdruk sensors en leerbekleedsel aangekoop word.
Hoewel hierdie goed lyk, is die gevoel binne die voertuig selfs beter. Afwerking binne die voertuig volg die normale fomaat van kwaliteit en noukerige perfeksie.
In terme van enjinkrag moet daar besef word dat die Polo Vivo Trendline nie die landspoed rekord gaan breek nie. Met 55kW (teen 4800 opm) en 130 Nm (teen 3750 opm), sal die 100km/h nie vining bereik word soos in ‘n GTI Polo variant nie. Meer relevant egter is die brandstofverbruik. Hoewel Volkswagen ‘n getal van 5.7-liter per 100km noem, het ons ‘n merkwaardige 6.1 l / 100km op ‘n 88km lange stedelike verkeer roete behaal. Op die oop pad sal Volkswagen se syfers verseker behaal word.
Teen 120km/h is die voertuig ook stabiel op die pad, met min windgeraas en minimale bandgeraas. Dit is egter geensins nodig om die musiek harder te draai op höe spoed nie. Die vyf-spoed ratkas is goed genoeg om 2 800 opm te handhaaf teen 120km/h. Dis een van die hoof redes waarom die Polo Vivo Trendline so ‘n goeie brandstofverbruik handhaaf.
Die nuwe Polo Vivo in geheel is beter benutbaar in terme van binneruim spasie. Teen 3 972 mm (lank) en 1 682 mm (breed), het die Vivo ‘n stoorspasie van 280 liter, met 952 liter beskikbaar sodra die agterste sitplekke afgeslaan word.
Ander vervaadigers in hierdie prysklas spog met groter stoorspasie as hierdie, maar met omtrent geen beenspasie in die agterry nie. Tweedens word daar gespog met hierdie spasie, maar dis in werklikheid onbenutbare spasies wat bygereken word.
Die nuwe Polo Vivo Trendline is ‘n indrukwekkende intree vlak model, wat verstaanbare goeie resultate sal lewer in hierdie mark. Die vorige Vivo (soos reeds genoem), was ‘n uitmuntende sukses en daar is geen rede waarom die nuwe model nie sal voortbou hierop nie.
Alle nuwe Polo Vivo modelle kom standaard met ‘n 3-jaar/ 120 000km waarborg en ‘n 6-jaar roes waarborg. Die Vivo sal ook verkoop word in ses kleure:
- “Pure White”
- “Flash Red”
- “Deep Black Pearlescent”
- “Reflex Silver Metallic”
- “Reef Blue Metallic”
- “Limestone Grey Metallic”
Teks: Franco Theron
Foto’s: Galimoto Media
Performance:
0-10km/h: 0,53 seconds
0-20km/h: 1,17 seconds
0-30km/h: 1,89 seconds
0-40km/h: 2,63 seconds
0-50km/h: 3,68 seconds
0-60km/h: 4,79 seconds
0-70km/h: 5,92 seconds
0-80km/h: 7,46 seconds
0-90km/h: 9,11 seconds
0-100km/h: 10,81 seconds
0-110km/h: 13,15 seconds
0-120km/h: 16,18 seconds
0-130km/h: 19,76 seconds
0-140km/h: 23,86 seconds
0-150km/h: 29,03 seconds
0-100m: 7,55 seconds @ 80,51km/h
0-200m: 11,45 seconds @ 103,44km/h
0-300m: 14,73 seconds @ 115,37km/h
0-400m: 17,72 seconds @ 124,56km/h
100-0km/h: 2,97 seconds @ 37,57 meters (once-off)
Maximum deceleration G-force: 1,16G
——————————-
0-10mph: 0,93 seconds
0-20mph: 2,05 seconds
0-30mph: 3,47 seconds
0-40mph: 5,27 seconds
0-50mph: 7,54 seconds
0-60mph: 10,18 seconds
0-70mph: 13,93 seconds
0-80mph: 19,28 seconds
0-90mph: 26,12 seconds
1/4 mile: 17,79 seconds @ 77,50 mph
Maximum acceleration G-force: 0,47G
Altitude: 60m
All data captured by Racelogic® Performance Box
Hyt Slegs 55 kW?